Joga in Moot baat diere in nood

Joga-in-die-park-1

Die jogasessie in die park word gelei deur Thea Opperman van GreenSpaYoga. Foto: Christine Scholtz, The Little Tripod.

Die afgelope naweek se Joga in die park-geleentheid in die Pretoriase Moot ten bate van die Dierebeskermingsvereniging was, volgens organiseerder Thea Opperman, ʼn groot sukses.

“Ons het R1 940 kontant en ʼn hele paar pakke hondekos ingesamel,” vertel Thea, eienaar van GreenSpaYoga. “Hoewel daar dié keer minder mense was, het ons meer skenkings ontvang.”

“Ons volgende geleentheid word saam met die Waverley Mark in die Park-geleentheid aangebied op 7 Mei. Die mark word gehou in die park op die hoek van Moultonlaan en Evestraat, Waverley,” sê Thea. “Die jogasessie word oudergewoonte gratis aangebied, maar skenkings is natuurlik welkom en dit gaan dié keer aan die Cats-R-Us-organisasie. Ons wil hulle graag bystaan om die huurkoste van hulle nuwe perseel, steriliserings, kos en ander onkoste te dek.”

Vir meer inligting stuur ʼn e-pos na [email protected] of besoek die webwerf.

Joga-in-die-park-2

Thea Opperman van GreenSpaYoga. Foto: Christine Scholtz van The Little Tripod.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SNEL ·

Waar kom joga vandaan…Indië, deur wie word dit gebruik…Hindu geloof vir aanbidding. Wat sê die Een wat ek volg….wees heilig want Ek is heilig (1Petrus 1:15). Daar is ander maniere van oefen, baie dankie, maar ek sal “pass” op die een. 1Tim 4:8 (hoera vir ou Paulus) Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomstige lewe het. Glo daar is ander maniere van oefen en om geld in te samel, so weet ek ook baie beoefen joga, maar ons moet wakker en waaksaam wees. Die wêreld lag vir ons onkundige Christine wat net kerk wil speel as die “song” in ons smaak val of as ons betrokke raak by goed van ander gelowe en dit dan afskiet as sommer niks en dis mos nie wat ek doen of bedoel nie, as ek deelneem nie. Dis n leuen uit die put van die hel, want jy is betrokke by dit wat teen God se Woord is. Ons mag nie meng met ander gelowe se goed of betrokke raak by dit of van hul beelde in ons besit hê nie.

Thea Opperman ·

Beste SNEL,

Baie dankie vir jou terugvoer. Ek respekteer jou opinie en almal is geregtig daartoe. Alhoewel, ek wil jou graag persoonlik uitnooi na ons volgende “Joga in die Park” wat op die 7de Mei sal plaasvind. Jy hoef nie deel te neem nie, jy kan net opbserveer en luister, waarna jy ñ ingeligde opinie sal kan lewer. Ek beantwoord graag enige vrae wat jy mag hê rondom joga as oefenings medium soos dit vandag beoefen word. Hoop om jou Saterdag daar te sien.

Vriendelike Groete
Thea Opperman.

charlene ·

SNEL is is seker nie ernstig nie… Ek glo self aan die Here. Maar ek kan jy een ding belowe jy agter kant gaan nie hel toe net omdat jy oefen nie. Hoeveel keer `n week skeur jy baard?? Het sny jy dalk jou hare????? Jy weet die Bybel sê jy mag nie jou baard skeer nie… Eet jy net bees en perd (hulle hoewes is mos net reg) en gee jy `n tiende van jou slaris (voor aftrekkings) net so aan die kerk….. Ek kan aangaan as jy wil. Dis bloot oefeninge wat die mense doen, en ek kan vir hindoe mense wys wat 10 keer beter is as meeste Christine.
BTW die Byble sê ook jy mag nie oordeel nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.