Maroela Media en AiG: Afrikaans is nou nóg groter

Maroela Media is die amptelike digitale mediavennoot van Afrikaans is Groot (AiG) 2019, en danksy dié vennootskap sal Maroela Media se twee miljoen lesers vanjaar heel eerste al die nuutste nuus oor AiG te lese kry.

AiG se bestuur en Maroela Media het die nuus oor die mediavennootskap op Donderdag 26 September bekend gemaak.

Afrikaans is Groot

Te danke aan die ooreenkoms wat gesluit is, sal Maroela Media-lesers eksklusiewe video-onderhoude met AiG-kunstenaars kan geniet, agter die skerms kan sien hoe dié wêreldklas produksie vervaardig word en kaartjies na die AiG-vertonings kan wen.

“Maroela Media weet hoe belangrik Afrikaans, en daarmee saam die Afrikaanse kunste en musiek, vir ons gemeenskap is,” het Susan Lombaard, uitvoerende hoof van Maroela Media, oor dié aankondiging gesê. “Ons het onsself daartoe verbind om die Afrikaanse gemeenskap ingelig te hou met gebalanseerde, betroubare nuus. Dit sluit nuus in oor ʼn geleentheid soos Afrikaans is Groot, wat ʼn hoogtepunt op talle Afrikaanssprekendes en op baie van ons lesers se kalenders is.”

Die AiG-konsertreeks vind vanjaar van 22 November tot 1 Desember in die Sun Arena by Time Square in Pretoria plaas. Die datums vir die Kaapstad-konserte word later aangekondig. Hoewel kaartjies vir die meeste Pretoria-vertonings reeds uitverkoop is, is daar nog kaartjies beskikbaar vir ʼn bykomende Pretoria-vertoning op 28 November wat ten bate van Solidariteit Helpende Hand, die begunstigde van vanjaar se AiG, by die konsertreeks gevoeg is. Kaartjies kan hier gekoop word.

“Die gravitas van Maroela Media as ’n nuusplatform is deurslaggewend,” het Barry Pretorius, vervaardiger en regisseur van AiG, oor die vennootskap gesê. “Maroela Media is ’n betroubare nuusbron wat homself al telkemale bewys het as onpartydig en eg. Hulle gee die feite en is altyd konsekwent.” Volgens Pretorius sal vanjaar se AiG-konserte die grootste in die konsertreeks se bestaan van agt jaar wees. “AiG is ’n lewendige baken van musiek, wat uit ons siel vloei.”

Afrikaans is Groot

Brendon Hargroves, uitvoerende vervaardiger van die konserte, het ook die vennootskap verwelkom. “Maroela Media praat met dieselfde gehoor as ons. Ons is opgewonde om Maroela Media, as betroubare nuusplatform, aan boord te laat kom vir AiG.”

Solidariteit Helpende Hand is die begunstigde van vanjaar se AiG-vertonings, en ook om hierdie rede is die mediavennootskap vir Maroela Media waardevol.

“Afrikaans is in die knyp,” het Lombaard gesê. “As ons ernstig is daaroor dat ons Afrikaans wil red en vir ons kinders ʼn toekoms in Afrikaans wil verseker, sal ons die strydbyl in eie geledere moet begrawe en skouer aan die wiel moet sit. Maroela Media se verbintenis is tot Afrikaans en tot die Afrikaanse gemeenskap.

“Ons ondersteun AiG omdat ons weet die Afrikaanse kunste en musiek speel ʼn kardinale rol in die taal se voortbestaan. Ons kan nie langer toelaat dat klein verskille ons verdeel nie – Afrikaans, en dit wat die Afrikaanse gemeenskap saambind, is soveel groter as ons verskille.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Rika ·

Dis goeie nuus, baie geluk MM!!!!! Ek sal beslis nie ‘n nuusbrokkie oor AIG misloop nie

James ·

Gaan Steve ook deelneem of nie?
Lat ons eers dit uitpluis voordat ons verder praat.

Marietjie ·

Ek het gelees dat Steve self besluit het om te onttrek. Hy wil nie ander Afrikaanse kunstenaars benadeel nie.

Spikkela ·

STEVE tree nog in 2019 by PTA se AIG asook 28 Des se AIG in Mosselbaai.
STEVE het uit die Kaapstad se AIG van 2020 ontrek dink dit is êrens in Mrt.

Trots Afrikaans ·

Ek het al reeds nie meer DSTV of ‘n Toyota nie…..

WMirabilis. ·

Wel sy gesig verskyn op die AIG plakaat vir 2019 (bo aan berig) so ek neem aan hy gaan deelneem.

At ·

Indien Hofmeyr nie optree nie, dan is die reklameplakkaat vals. Dit moet aangespreek word.

Ria de Kock ·

Ek twyfel, Steve is mos nie welkom by die Sun Arena nie. En al die kunstenaars wat saam met hom gestaan het, mor en sing nou ander deuntjie want hy is oorsaak dat hulle nie genoeg geld kan maak nie.

Trots Afrikaans ·

Spur, DSTV, Toyota, Sun Arena….. Die lysie raak nou lank. Kan iemand net weer vir my die lys stuur van almal wat ons boikot. Ek wil beslis nie my geld aan die oposisie gee nie.

Net ter insae vir julle wat dalk Afrikaanse vervaardigers is, as dit kom by koop dan gee ek voorkeur aan produkte wat in Afrikaans adverteer word en wat Afrikaanse etikette het.

Ek druk dit op die harte van my volksgenote om dieselfde te doen.

lizzi ·

Ek vertrou Steve sal daar wees, en JA mag hulle van krag tot krag gaan.

Realis ·

Bly om te hoor! Nou moet julle net werk aan julle EIE VENUE, sodat Steve deel van 2020 se kunstenaars kan wees!

Chid ·

Ai mense. Maak tog seker van jul feite VOORDAT julle iets kwytraak. MM het lankal reeds bevestig Stevi is WEL niv 2019 @ Sun Arena se AIG konserte. Hy het wel ontrek vir Kaapse AIG in 2020.

Janine ·

Nonsens Jac! Stevi het geensins ontrek aan AIG 2019 nie. Wel aan AIG Kaap in 2020.

James ·

Ek wil graag bevestiging kry want indien hy nie gaan optree nie stel ek nie belang nie.

aj ·

Welgedaan Maroela!!!

Hierdie is ‘n uitstekende vennootskap wat fenomenale sukses in die vooruitsig het!

Kom ons almal ondersteun AiG

Disselboom ·

Daar kan seker gedink word aan konsertsaal saam met die Sol-Tech/Akademia-kampus?

Deloris ·

Dankie Maroela Media en AiG… Julle gaan nog grooter word…. ✔️

Peter ·

Ek stel ook nie belang indien daar geen Steve is nie.
Het al die ander saam met hom op die plakkaar nie oor hom gekla nie?
Is hierdie nou ‘n grashalm probeerslag om dit ‘n sukses te maak?
Ek byt nie daarnaan nie, jammer.

cb ·

Media berigte het dit dat Steve net aan Kaapstad konserte onttrek het. Hy gaan wel deelneem in Pretoria

Derick ·

Julle se die strydbyl moet begerawe word om Afrikaans te red. Stem 100% saam. Maar hoekom is julle dan teen Steve. Wys vir my een SA sanger/kunstenaar wat meer vir Afrikaans doen as hy. Vir die meeste gaan dit net oor geld en aansien

Christine ·

DANKIE, BAIE DANKIE MAROELA MEDIA !!
BRING NOU ASB VIR STEVE TERUG … HY VEG NES ONS ALMAL VIR ONS LAND EN VIR ONS AFRIKAANSE TAAL. EK IS SEKER DAAR MOET IEWERS ñ “VENUE” WEES WAT ONSE KAMPVEGTER VIR AFRIKAANS – STEVE GOEDGESIND IS. Te hel met mtn en sun international en hul gelyke!

Spikkela ·

Ai mense moet bietjie reg lees en alles lees nie net opskrifte nie dan sal hul nie verkeerde inligting deur gee nie.
STEVE IS by die 2019 se AIG te PTA en Mosselbaai se 2019 Konserte.
STEVE het wel ontrek van die 2020 se Kaapstad se AIG.

Spikkela ·

Ek en iemand anders het ‘n epos aan Solidariteit se bestuur gestuur en die voorstel gemaak dat hul n groot ouditorium by Sol Tech kampus bou waar ons AIG en ander Afrikaanse konserte kan hou waar Steve altyd welkom kan wees sonder dat ons as sy ondersteuners en ondersteuners van en vir Afrikaans hoef bang te wees vir boikotte en borge ontrekkings

WMirabilis. ·

Ek hoop julle het sommer ook aangebied om die onderneming te befonds. :))

WMirabilis. ·

Ek hoop julle het sommer ook aangebied om die blink plan te befonds?

Albert ·

Ai mense julle let gladnie in die klas op nie, daar is al verskeie kere in al die media verklaar dat Steve in Pretoria sal op tree en hy het nou onlangs eers die Kaapse AIG ontrek en sal nie daar op tree nie

Anoniem ·

Ek het ELKE JAAR van die begin af AIG ondersteun.. tot hulle die eerste keer met die anti-Steve veldtog begin het. Toe verloor ek net daar my belangstelling. AiG is van my radar af. Ek koop sy musiek en luister na hom wanneer ek wil. Niemand al my voorskryf nie. Wanneer hulle poli-flippen-tiek in musiek en sport inbring sal ek hulle NIE ondersteun nie. Uit beginsel uit. Ons word genoeg rondgestoot en gestamp en geboelie.

verwonderd ·

Spikkela en iemand anders wat voorstel ‘n stadion moet gebou word vir… Kêrels, kêrels.. Dis ‘n oulike voorstel (solank iemand anders moet betaal) maar het julle enige idee wat soiets kos en hoeveel sitvlakke julle op stoele sal moet hê om die koste te regverdig? Daai kite gaan nie vlieg nie.

Cobus ·

Baie geluk Susan en jou span. Ek is seker jy sal net so n sukses daarvan maak soos jy van Maroela Media gemaak het . Sterkte met die groot taak.

Tweegat jakkalse ·

Dalk is ek nie n oggend mens nie maar die wat so Ai mense, feit is Steve sou nie onttrek het as daar geen aanslag teen hom was nie, of dit nou 2019 of 2020 is. Ek is geen Steve aanhanger nie maar besef julle ‘Ai mense’ nie dat ons aanhoudend toegee in stede van voet neersit teen hierdie spul onderdrukkers nie? Ons leiers is te slapgattig en ruggraatloos want hul ogies rol terug in die kaste van die spreekwoordelike massa bevondsings opium. Trots Afrikaans? Hulle kan Afrikaans spel nie! Borg Virseker nog Ai~G of betaal hul polishouers vir ander projekte waartoe hulle nie ingestem het nie? Helpmekaar soos na die boere oorlog se voet, waarom word alles dan met skenkings befonds? Waarom nie die Afrikaner privaat aandeelhouding gee in al hierdie projekte nie? Dan kan hulle ook wanneer die winste begin instroom daarin deel of is dit weereens n klein groepie uitverkore BB’s wat handjies vryf?

Sylvia ·

Kan hierdie bakleiery onder mekaar net stop, ons in Kaap wil ook graag vir Steve sien, luister, bring hom asseblief terug, want as daar regtig baklei word vir Afrikaans en wat daarmee gepaardgaan, moet hy ook daar wees, hy baklei hard vir die behoud van Afrikaans, ons hoef nie oor alles saam te stem nie, maar ons stem beslis saam oor die behoud van Afrikaans en wat daarmee gepaardgaan.

Anoniem ·

Steve baklei ten minste vir ons en die behoud van Afrikaans – hy s braaf genoeg om in die openbaar te praat oor kwessies wat ons almal oor kla, wil sê en doen maar nie die “guts” het om te doen nie. Ons ou volkie kan maar net nie saamstaan nie . Dankie Steve dat jy steeds aanhou en probeer al word jy beledig en sleggemaak. Baie van ons waardeer wat jy doen vir ons taal/land en volk

Wilma ·

Sal dit nie WONDERLIK WEES indien Steve daar kan optree as kunstenaar van AIG nie?

Wilma ·

Sal dit nie WONDERLIK WEES indien Steve daar by die Sol-Tech Universiteit van Afriforum, kan optree as kunstenaar van AIG nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.