“Ek weet julle is nie altyd lus om te leer nie, ek weet dis nie altyd lekker nie, maar aan die einde van die eksamen, kan jy jouself op die skouer klop en sommer baie trots wees op jouself. Jy kán dit doen!”
Sangeres Talana Vuren het ‘n spesiale videoboodskap vir elke matrikulant in 2018.
Dié video is deel van ‘n reeks om matrikulante aan te moedig en te motiveer tydens die eindeksamen.
Terloops, om jou matriekuitslae te kry was nog nooit só maklik nie. Maroela Media het die “Maroela Matrieks”-app ontwikkel om dit vir matrikulante so gerieflik as moontlik te maak om toegang tot hul uitslae te kry sodra dit vrygestel word. “Maroela Matrieks” is beskikbaar vir Android– en iOS-slimfone. Laai die app nou af, dis die eerste stap ter voorbereiding vir jou groot eksamen!