Moedersdag: Werkende ma? Wen ʼn bederfgeskenkpak vir twee

ʼn Werkende ma, veral iemand wat gelukkig genoeg is om haar huislewe en haar werk te kan balanseer, geniet die bevrediging wat haar loopbaan bring.

Talle gesinne word finansieel genoodsaak dat albei ouers moet werk en soms voel dié ma’s of hulle dalk nie genoeg tyd het om by die huis saam met hul kinders te spandeer nie of dat hulle dalk ʼn deel van hul kinders se lewens misloop.

Kinders van werkende ma’s is egter gewoonlik meer onafhanklik en leer van vroegs af ʼn verantwoordelikheidsin.

Is jy ʼn werkende ma?

Ons wil graag van jou hoor. Laat weet ons ʼn paar van jou wenke om kop bo water te hou, of hoe jy dit regkry om jou werk en huislewe te balanseer, of iets anders wat jy dalk doen wat ander ma’s kan help.

Wen ʼn bederfgeskenkpak met die komplimente van Placecol en Innoxa

Selfsorg is een van die belangrikste dinge wat jy in gedagte moet hou wanneer jy ʼn werkende ma is. Jy werk dalk om jou gesin finansieel te ondersteun terwyl jy ʼn suksesvolle loopbaan probeer bou, maar dit beteken nie dat jy jouself moet verwaarloos nie. Spandeer tyd alleen saam met God, doen oefeninge, gaan doen inkopies, laat doen jou hare of naels of kry ʼn massering.

Placecol en Innoxa wil drie Maroela-ma’s hierdie Moedersdag bederf met ʼn baie spesiale bederfgeskenkpak vir die ma en haar dogter! Die waarde van elke geskenkpak (Placecol en Innoxa-produkte tesame) beloop R3 580.

Voltooi die inskrywingsvorm hier onder voor 2 Mei 2022 om 23:45.

Wat kan jy wen?

Vir die ma:

Placecol bied bekroonde produkte wat jou vel verbeter. Die Placecol-belofte beteken dat jy binne slegs sewe dae ʼn verandering sal sien as jy die velsorg-roetine (reiniger, verfrisser, bevogtiger en sonbeskerming) volg.

ʼn Romerige velreiniger wat sagkens onsuiwerhede op ʼn sellulêre vlak verwyder, terwyl dit steeds vog bewaar om die vel soepel en sag te hou.

ʼn Verkwikkende verfrisser wat die vel se pH-balans herstel, die buitelaag versterk en jou beskerm teen oksidatiewe skade terwyl jy anti-oksidant-voordele ontvang. Daaglikse gebruik help om die vel se tekstuur en voginhoud te verhoog. Bevat die unieke bestanddeel “Myramaze” (die opwekkingsplant) wat die selmembraan en die vel beskerm. Bevat ook kamille om inflammasie te help verminder. Uitstekend vir teenveroudering en sensitiwiteit.

Dié bevogtiger bied intense hidrasie en verstewig jou vel met ʼn spesiale mengsel van aktiewe bestanddele wat die vel teen dehidrasie-skade beskerm terwyl dit kollageen-sintese stimuleer. Daaglikse gebruik lei tot ʼn jeugdige voorkoms met ʼn gesonde glans. Bevat onder andere “Myramaze” om die vel se tekstuur te verbeter.

Hierdie nagbevogtiger bevat ʼn mengsel van retinol en anti-oksidante om die vel op ʼn sellulêre vlak te herstruktureer. Dit verhoog boonop elastisiteit. Deur gereelde gebruik in die aand sal lyntjies en plooie merkbaar al hoe minder sigbaar word. Bevat die bekroonde, nie-sensitiserende retinol, ʼn teenverouderingsmiddel danksy ʼn toename in sel-vernuwing en die stimulasie van kollageen- en elastienvervaardiging. Die unieke bestanddeel “Myramaze” verbeter die vel se tekstuur deur die selle sterker te maak en die vel te vernuwe. “Volunage” vul die vel.

ʼn Fluweelsagte room wat hoë vlakke anti-oksidante bevat met UVA en UVB-filters om die vel teen sonbrand en vrye radikale te beskerm. Hou die vel goed bevogtig en gee dit ʼn gesonde glans. Perfek vir alle veltipes, insluitend etniese velkleure omdat dit nie die vel asserig laat vertoon nie en dit verander ook nie die kleur van jou onderlaag nie. Bevat die unieke bestanddeel “Myramaze” wat die selmembraan en vel beskerm.

Vir die dogter of tiener:

Die 100 jaar oue Innoxa-velsorghandelsmerk is terug! Die Imbalie Beauty Group het opnuut ʼn reeks eko-vriendelike en nuut-geformuleerde Innoxa-produkte bekendgestel in hul Dream Nails, Placecol en Perfect 10-salonne landswyd en aanlyn. Dié nuwe reeks verpersoonlik die oorspronklike Innoxa-slagspreuk van “First Do No Harm”, wat nog altyd die kernwaarde was van dié ikoniese handelsmerk.

Hierdie daaglikse afskilferaar-reiniger is geformuleer met Safe-Scrub™ druk-sensitiewe pêrels wat bars wanneer druk daarop geplaas word en dan die waardevolle vitamien B in die vel vrylaat. Hierdie reiniger werk sagkens om onsuiwerhede weg te spoel en dooie oppervlakselle te verwyder. Dit laat die vel glad, verfrissend en gloeiend.

Hierdie verfrissende jellie-agtige masker het ʼn dubbele afskilferaar en bevat onder andere pynappel- en papaja-ensieme, asook bosbessie- en aarbei-skroppêrels om sagkens te detoks en afskilfering te bevorder vir ʼn skoner, gladder vel. Die masker het ook natuurlike saamtrekmiddels wat die gesigporieë verstewig en oortollige olie verminder. Die formule is ryk aan vitamien C om kragtige anti-oksidante te bied en die vel se glans te verhoog.

ʼn Ligte en vinnig-absorberende bevogtiger vir die dag wat jou vel soepel en gehidreer hou met ingeboude chemikalieë-vrye sonfilters (SPF30) om die vel teen skadelike UV-strale te beskerm. Bykomende vitamine B3 en B5 verskaf kragtige anti-oksidante om die vel te beskerm. Die bevogtiger bevat hialuroonsuur om die vel se diepste lae te bevogtig asook galambotter wat vinnig absorbeer en die vel voed sonder om enige oorblyfsel op die vel se oppervlak agter te laat.

Hierdie slaaptyd-behandeling is lig en word vinnig absorbeer. Wanneer jy slaap, transformeer hierdie bevogtiger alle veltipes, insluitend olierige vel en vel wat maklik vlekke wys. Bevat galambotter wat volhoubaar bekom word uit Ethiopië. Kragtige anti-oksidante met vitamine B3 en B5 beskerm die vel. Dit is ʼn slaaptyd-behandeling vir enigiemand wat ʼn ligter bevogtiger verkies, veral iemand met olierige of kombinasie vel. Dit werk dagtyd-stres teë en die vel het ʼn gesonde glans wanneer jy wakker word.

Hierdie sonbeskermingsroom word vinnig geabsorbeer en laat nie ʼn donker vel asserig lyk nie en laat ook nie ʼn wit residu op die vel nie. Dit beskerm teen skadelike UVA en UVB-bestraling danksy eko-vriendelike en chemikalieë-vrye sonfilters. ZoneProtect SPF30-sonskerm bevat kragtige anti-oksidante van die Tara tannien-plant en organiese sonneblomloot-ekstrak wat bykomende beskerming bied teen infrarooi bestraling en bloulig-uitstraling. Bevat bykomende anti-oksidant beskerming van vitamien E.

Skryf nou in

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Deelnemers moet ʼn afleweringsadres in Suid-Afrika hê.
  • Placecol en Innoxa hanteer die versending van die pryse.
  • Die sluitingsdatum van die kompetisie is 2 Mei 2022 om 23:45.
  • Drie wenners sal lukraak uit die inskrywings getrek word.
  • Die wenners se name sal in die week van 3 Mei 2022 op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die prys kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Slegs die drie wenners se kontakbesonderhede sal aan Placecol en Innoxa verskaf word sodat die geskenkpak aan die betrokke persone versend kan word.
  • Maroela Media, Placecol en Innoxa kan nie aanspreeklik gehou word vir enige verlies wat jy mag ly deur die gebruik van die geskenkpak of indien jou vel sensitief is vir enige van die produkte nie.
  • Wenke wat deur die kompetisie ingesamel word, sal in ʼn artikelformaat op Maroela Media gepubliseer word. Indien jou wenk deel vorm van die artikel, beteken dit nie noodwendig dat jy een van die wenners is nie.
  • Maroela Media sal die wenners telefonies en per e-pos kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.