Mooigoed vir ma dié Kersfees

Argieffoto (Foto: rawpixel/Pixabay)

Sy is die een wat alles weet en wat enigiets kan doen. Sy is langs die sportveld of in die gehoor as jy ʼn prestasie vier en sy is daar as jy ʼn drukkie of ʼn pleister nodig het. ʼn Ma is die kern van die gesin, die steunpilaar, die staatmaker.

Maroela Media se aanlyn winkel, Die Koöperasie, het spesiaal vir Kersfees (en vir enige tyd deur die loop van die jaar!) ʼn paar geskenke met die hand uitgesoek waarmee jy die ma in jou lewe mee kan bederf. Dis mos nou stukke beter as net nóg ʼn roompie of pantoffels.

En selfs al is sy nie ʼn ma nie, dan kan jy haar nog steeds met dié mooigoed bederf.

Snuffel gerus in die rakke rond en loer na dié mooiste handsakke

Dié duursame handsak is net so modieus en stylvol in die middestad van Kaapstad as die stofstrate van Koekenaap. Of sy nou gereeld hoë polvye of plat sandale dra, sy gaan altyd trots wees op dié leerhandsak. Koop nou vir slegs R1 400-00.

Lyk altyd spoggerig met dié duursame leerhandsak aan jou sy: of jy nou gereedmaak vir inkopies in jou gunstelingwinkelsentrum, gaan koffiedrink saam met jou vriendinne of sommer net spoggerig wil lyk vir ʼn braai by vriende. Dié leerhandsak is net so kosbaar soos vriendskap. Koop nou vir slegs R1 300-00.

Hierdie elegante handsak is ideaal vir elke dag se gebruik, met genoeg sakkies en bêreplek vir alles wat jy by jou wil dra. Koop nou vir slegs R580-00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.