My pa en my vellies

Met Vadersdag om die draai kan ons bietjie nadink aan wat ʼn pa vir ons beteken. Watter invloed hy op ons lewens het, die besluite wat hy ons help maak het en selfs die dinge wat ons maar eerder raad voor moes vra, maar dit nooit gedoen het nie.

Met ʼn paar vellies aan jou voete herinner dit mens aan hoe sterk, taai en lekker dit is om ʼn pa te kan hê. Om ʼn pa te hê wat werklik deel van jou elke tree is, is baie soos ʼn goeie paar vellies. Gemaklik, maar gereed vir enigiets wat die lewe se paaie inhou.

Die sool van die vellies herinner my aan die paaie wat ʼn pa saam met sy kinders moet stap. Soms is dit lekker gemaklike teerpad, en ander kere is dit ʼn klipperige grondpad. Gelukkig vir ons het God vir hulle die vermoë gegee om aan te pas by omstandighede, en die deursettingsvermoë om nie net hulself te motiveer om aan te hou loop nie, maar ook om jou hand te vat en jou oor die klippe te lei.

Die leerlussie agter op die hak herinner my daaraan dat ons almal soms ʼn bietjie hulp nodig het om ons skoene aan te kry en daarvoor gebruik ons dié lussie. Wanneer dinge bietjie sukkel-sukkel gaan, is ʼn pa net soos daardie lussie daar om ʼn klein bietjie hulp te verleen. Wanneer die kleinste dingetjies jou onderkry, is jou pa net ʼn oproep vêr. Pa’s is ook besonders goed daarmee om te luister, en sal ʼn klein stukkie raad jou net genoeg energie gee om jou skoene aan te trek en te doen wat jy moet.

Die boonste leer van die skoen is nie net die grootste deel van die skoen nie, maar ook die sagste – net soos ʼn pa se hart die grootste en sagste deel van ʼn pa is. Al lyk die buitekant van die vellie grof en so bietjie gedra, omvou dit jou voete en bied daardie gemaklike gevoel van standvastigheid. Die hart van ʼn pa is wat hulle so mooi afrond.

Die veters laat my dink aan leisels wat deur ʼn pa styfgetrek moet word. Hy is die leier van die gesin en die man wat aan die stuur van die wa is. Hy trek die leisels vas wanneer hy moet, en laat dit bietjie loshang met ʼn grappie waarvoor hy net kan lag. Wanneer ons moet werk, dan maak ons die vellie stewig vas, maar wanneer ons ʼn aftydjie het, dan is dit skoene uit voor die braaivleisvuur!

Ons kyk soms te min na die mense om ons, en gee nie genoeg waardering nie. As jy vandag jou vellies uitskop ná ʼn lang dag, dink bietjie na oor jou pa en sê dankie. En as jy nog nie ʼn paar vellies het nie, koop sommer vir jou en jou pa lekker Maroela-vellies!

  • Met Vadersdag om die draai het Maroela Media besluit om die laaste voorraad van die Maroela-vellies af te merk met R100 per paar. Dié spesiale reeks Maroela-vellies was R699 maar verkoop nou vir slegs R599. Aanbod geldig terwyl voorraad hou. Klik hier om jou vellies te koop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.