ʼn Plaaskersfees uit Die Koöperasie

Argieffoto (Foto: Yvette Fang/Pixabay)

Vroegoggend maak jy jou oë oop nog voor die wekker ʼn geluidjie kan maak. Die plaasson het maar so ʼn manier om ʼn mens vroeg uit die kooi te jaag en die moeg eenkant toe te stoot. Dit is Kersdag en die opwinding wat in die huis hang , is tasbaar. Die geur van beesboud, mieliebrood en vrugtekoek kruip stil-stil elke kamer van die huis binne om die kinders een vir een aan die neus na die voorhuis te lei.

Daar heers ʼn heerlike gedruis van geselskap, potte wat prut, kinders wat lag en plankvloere wat knars onder die swaar voete van oupa Neels. Ma sit nog ʼn laaste geskenk, wat sy pas uit Maroela Media se Koöperasie ontvang het, onder die boom. Onder die boom staan die oulikste Afrikaanse geskenke en wag om oopgemaak te word, nes dit hoort.

Kry ook vanjaar jou familie se geskenke in Die Koöperasie, toegedraai en afgelewer by jou deur. Ons maak dit maklik sodat jy meer tyd saam met jou kosbare familie kan spandeer en die spesiale oomblikke onvergeetlik kan maak.

Doen jou inkopies nou in Die Koöperasie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.