Slaap so sag (of hard) soos jy wil met dié matras

Foto: Sloom

Daar word al hoe meer klem gelê op die belangrikheid van slaap en hoe dit ons algemene welstand beïnvloed, maar die bedbedryf, en meer spesifiek die bedbedryf in Suid-Afrika, het oor die jare bitter min verandering gesien. Die bedryf het stagneer met min tot geen innovasie nie.

Die proses om ʼn bed te koop het tydrowend geword en is vol frustrasies. Daar is só baie verskillende beddens en handelsmerke op die mark, boonop met vreemde beskrywings, wat uiteindelik maar alles dieselfde is. Dit is oorweldigend om die minste te sê.

ʼn Plaaslike maatskappy is egter besig om dit te verander met ʼn matras wat vir almal ontwerp is. Aanlyn bestelling en gratis aflewering maak dit baie eenvoudig om ʼn bed te koop. Dit word boonop in ʼn boks by jou voordeur afgelaai.

Sloom, ʼn Suid-Afrikaanse handelsmerk, is in 2016 gestig met die doel om die proses, om ʼn bed te koop, te vereenvoudig. Met ʼn besigheidsmodel waar die verbruiker aanlyn direk by die handelsnaam koop, beweeg Sloom weg van die tradisionele manier om ʼn bed te koop en beweeg dus weg van kommissiegedrewe, hoëwinsmarges van middelmanne en onnodige oorhoofse uitgawes van vertoonlokale.

Rudo Kemp, die stigter van Sloom, het vir lank ʼn bedwinkel gehad en het eerstehandse ondervinding opgedoen van die frustrasies wat kliënte in hulle soektog vir ʼn nuwe bed beleef. Met sy agtergrondkennis in die matrasvervaardigingbedryf het hy ʼn matras ontwerp wat voorsiening maak vir meeste mense se behoeftes wanneer dit kom by die fermheid van die matras. Een matras wat vier verskillende fermheidsvlakke het en wat jy boonop by die huis kan verander.

“Ek wou ʼn nuwe moderne matras skep met eienskappe wat werklik bydra tot ʼn beter nagrus – ʼn  matras wat ek aan enigiemand kan aanbeveel sonder om bekommerd te wees of die gehalte goed genoeg is of nie,” sê Kemp.

Matras in ʼn boks

Foto: Sloom

Met behulp van tegnologies gevorderde industriële masjinerie wat die matras saampers en dan oprol in bokse, kan Sloom hul produkte kostedoeltreffend reg oor Suid-Afrika stuur. Hierdie masjinerie laat Sloom toe om die volume van elke matras tot 70% te verminder, sonder om die matras te beskadig.

“Hierdie tegnologie het ons toegelaat om weg te beweeg van die ou manier van hoe ʼn matras verkoop word. Ons is nie beperk tot ʼn spesifieke plek of waar ons kan aflewer nie,” voeg Kemp by. “Met Sloom se innoverende verpakking kan ons koerierdienste ekonomies oral in Suid-Afrika gebruik.”

Hierdie tipe tegnologie is nie uniek tot Sloom nie, en die matras-in-ʼn-boks-bedryf bars oorsee uit sy nate met baie van die tradisionele handelsmerke wat ook moes aanpas tot hierdie bedryfontwrigting.

Ontwerp vir elke tipe slaper

Sloom is wel een van die eerstes in Suid-Afrika wat hierdie innoverende tegnologie gebruik, maar dit is die unieke matrasontwerp wat eintlik al die aandag steel.

Kemp het in 2015 begin om die idee te ontwikkel om verskillende lae fermhede binne een matras te inkorporeer; wat begin het as ‘n draaimatras met twee verskillende geriefsvlakke – een aan elke kant – het later ʼn matras met vier geriefsvlakke geword.

Die Sloom Original maak dit maklik om ʼn bed te kies, aangesien dit die kliënt toelaat om die geriefsvlak van hul matras in die gemak van hul huis te verander.

Volgens Kemp is Sloom baie beter as enige ander matras in dieselfde prysreeks, juis as gevolg van sy veelsydigheid.

Die vier verskillende aanpasbare lae – ferm, medium ferm, medium en sag – binne-in die matras, kan herrangskik word volgens fermheidsvoorkeur. Diegene wat byvoorbeeld ʼn sagte geriefsoppervlak verkies, kan die spons gemerk as “sag” na bo wys.

Nog ‘n voordeel vir Sloom-kliënte is dat die linkerkant en regterkant van die Queen- en King-groottes apart kan verander sodat elke persoon hul geriefsvlak kan kies.

“Sloom is nie net een van die eerste matras-in-‘n-boks-handelsmerke nie, ons is ook ‘n plaaslik vervaardigde, trots Suid-Afrikaanse handelsmerk, met ‘n unieke ontwerp wat kliënte in staat stel om hul ideale fermheid tuis te kies,” verduidelik Kemp.

100 nagte-toetsperiode

Sloom gee hul kliënte ʼn toetsperiode van 100 nagte waarna hulle die matras kan terugstuur indien hulle nie 100% tevrede is met die matras is nie.

Sloom se 100 nag-toetsperiode stel kliënte in staat om die matras by die huis uit te toets en enige onsekerheid te oorbrug. “Ons waarborg gemak en as ʼn kliënt nie tevrede is met hul  matras binne die toetsperiode nie, sal ʼn gratis oplaai en terugbetaling gereël word,” sê Kemp.

Vir meer inligting, of om jou Sloom-matras te bestel, besoek Sloom se webwerf.
Aflewering is gratis en gebeur tussen 2 – 5 dae.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.