Slimfoonfotokompetisie: Stem nou vir die Eg Afrikaans-foto

Die geskenkpak wat die lesersgunsteling in die Eg Afrikaans-kategorie wen (Foto: Maroela Media)

Die algehele wenner en kategoriewenners in Suid-Afrika se eerste slimfoonfoto-kompetisie is pas bekendgemaak. Die wenner van die Eg Afrikaans-kategorie is egter nog nie aangewys nie en Maroela Media se lesers kan nou stem vir hul gunsteling in dié kategorie.

Chantelle Loots is as die algehele wenner van die South African Mobile Photography Awards aangewys met haar slimfoonfoto getiteld “Hande”. As algehele wenner ontvang Chantelle R30 000, en ʼn verdere R5 000 as afdelingswenner in die kategorie Swart & Wit.

Die kategorieë was portrette, diereryk, argitektuur en ontwerp, swart-en-wit fotografie, makro en detail, straatfotografie, landskappe en die natuur, mense en abstrak, asook die Eg Afrikaans-kategorie

Al die wenfoto’s kan op die South African Mobile Photography Awards-webwerf gesien word.

Maroela Media is die borg van die Eg Afrikaans-kategorie en Maroela-lesers kan nou vir hul gunstelingfoto in dié kategorie stem.

Die wenner van die Eg Afrikaans-kategorie ontvang R5 000 en die Maroela-lesersgunsteling ontvang ʼn allemintige geskenkpak ter waarde van R2 000 van Maroela Media.

Die geskenkpak bestaan uit:

  • Vier-sak-leerboeksak van Maroela Media
  • Boland-gedigte op vier boereporselein-blikbekers
  • Kombuistaal-yskasmagnete
  • Boerseep
  • Klapsoen-lipsalf
  • 3 x eg Afrikaanse toffies
  • Oom Boet se boeretroos

Die sluitingsdatum om vir jou gunsteling te stem is 18 Maart 2021.

Finaliste:

Foto 1

Foto 2

Foto 3

Foto 4

Foto 5

Foto 6

Foto 7

Foto 8

Foto 9

Foto 10

Foto 11

Foto 12

Stem nou vir jou gunsteling

Die stemmery het gesluit.

Bepalings en voorwaardes:

  • Die sluitingsdatum vir die stemmery vir die Maroela-lesersgunsteling is 18 Maart 2021 om 23:45.
  • Die wenner sal op Maroela Media se webwerf en sosialemediakanale bekendgemaak word.
  • Die algehele kategoriewenner (soos aangewys deur die beoordelaarspaneel) en die Maroela-lesersgunsteling (volgens die stemmery op Maroela se webwerf) kan van mekaar verskil. In dié geval ontvang die kategoriewenner ʼn kontantprys van R5 000 en die Maroela-lesersgunsteling ontvang die geskenkpak van R2 000. Indien dit met mekaar ooreenstem, ontvang die wenner die kontantprys van R5 000 en die geskenkpak van R2 000.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.