Video: Help dat ʼn kind nie honger gaan slaap nie

Riana Nel (skermgreep uit die video)

Elke aand is daar duisende kleuters wat honger gaan slaap. Hulle ouers kan net eenvoudig nie bekostig om vir hulle kos te voorsien nie.

Daar is tans meer as 8 000 kleuters wat deel is van Solidariteit Helpende Hand se voedingsprojek. Dit is net soveel kinders as ’n volgepakte gehoor by ’n Afrikaans is Groot-konsert in die Sun Arena by Time Square in Pretoria. Om te verseker dat hierdie kleuters genoeg voedsel ontvang, moet Helpende Hand bykans 1,5 miljoen etes ’n jaar voorsien. Dit is egter nie genoeg om aan die behoefte te voldoen nie en daar is vanjaar aansoeke ontvang om daagliks 12 000 kleuters te voed.

Helpende Hand en van die land se vooraanstaande kunstenaars het daarom kragte saamgesnoer om die #StopHonger-veldtog van stapel te stuur en die publiek bewus te maak van hongersnood onder ons land se kleuters.

Die #StopHonger-projek is daarop gemik om te sorg dat duisende Afrikaner-kleuters daagliks ’n bord gesonde kos inkry. Die projek fokus daarop om kleuterskole, waar behoeftige kleuters skoolgaan, te ondersteun met koopbewyse om kos aan te koop.

Bekende sangers wat reeds hulle stemme gevoeg het tot die projek is Patrizio Buanne, die Italiaanse superster, en die jong Amira Willighagen van Holland. Hulle poog saam met die plaaslike talent van Touch of Class, sowel as Tarryn Lamb, Monique Steyn, Corlea, Dewald Wasserfall, Jay, Steve Hofmeyr, Bobby van Jaarsveld, Riana Nel, Demi Lee Moore, Ivan Roux en Laurika Rauch om honger te stop.

Duisende mense het verlede jaar die #StopHonger-plegbelofte onderteken en hulle name by die  #StopHonger-veldtog gevoeg. Voeg jou stem ook by die stemme en word deel van ’n gemeenskap wat elke dag ’n verskil maak.

Onderteken die #Stophonger-plegbelofte by stophonger.co.za of stuur ’n SMS met die woord STOP na 38546 en ondersteun die #Stophonger-projek (elke SMS kos R10).

Kyk hier na Riana Nel se boodskap:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.