ʼn 22-jarige vrou van Stillwater, Minnesota, in die VSA is ʼn ware baanbreker as eerste persoon met Down se sindroom wat aan ʼn Mej. VSA-deelstaat-skoonheidskompetisie deelgeneem het.
“Ek wil vir ander mense wys waaroor inklusiwiteit gaan en dat mense met spesiale behoeftes ook hul drome kan najaag,” het Mikayla Holmgren volgens Bored Panda gesê.
Holmgren het nie met die louere weggestap nie, maar wel die Gees van Mej. VSA-prys gewen asook die direkteurstoekenning. “Ek was so geskok, ek was in trane,” het Holmgren gesê. “Ek het van skoonheidskompetisies vir mense met spesiale behoeftes na die grootste skoonheidskompetisie ter wêreld gevorder. Dit is nogal waansinnig!”
Holmgren dans al sedert die ouderdom van ses, en hoewel sy geen vreemdeling op die verhoog is nie, het sy gesê die Mej. VSA-skoonheidskompetisie was haar grootste uitdaging tot dusver.
Sy is ook ʼn ambassadeur vir die niewinsgewende organisasie, Best Buddies, wat hulle daarvoor beywer om mense met intellektuele en ontwikkelingsgestremdhede by te staan.
“Mikayla is ʼn ongelooflike en vervulde jong vrou,” het Denise Wallace, uitvoerende mededirekteur van Mej. Minnesota VSA, gesê. “Sy is die toonbeeld van waarna die Mej. Heelal-organisasie streef en in deelnemers soek.”
Nadat sy ʼn deelstaat-skoonheidskompetisie vir mense met gestremdhede in 2015 gewen het, is sy genooi om mee te ding om die kroon van Mej. Minnesota. Holmgren se ma, Sandi, het aan Buzzfeed gesê sy was verras dat hulle iemand met Down se sindroom nooi om deel te neem.
“Ek het nie besef dit is deel van die Mej. VSA en Mej. Heelal-skoonheidskompetisies nie. Dit het ʼn paar weke geneem voor dit ingesink het watter groot geleentheid dit vir Mikayla is,” het Sandi gesê.
Mikayla is pragtig!!!!!!!!!!Ek’s self gestremd my oorlede Pa het altyd gese daar bestaan nie n lelike vrou nie die 1 is net mooier as die ander 1.Jesus het ons gestremdes ekstra spesiaal gemaak en Mikayla is absouluut pragtig!!!!!!!!
You go girl! Die wêreld se vroue is trots op jou.
Baie mooi meisiekind