Wen: kykNET Buite Ekspo bied hope opwinding vir buitelewe-entoesiaste

Maniac 4×4 wat by die kykNET Buite Ekspo plaasvind, bied gratis ritte saam met ervare bestuurders bied sodat mense eerstehands die krag en vermoë van die voertuie kan beleef. (Foto: Verskaf)

Die immergewilde kykNET Buite Ekspo is om die draai en buitelewe-entoesiaste kan vanjaar weer eens hulle tande slyp vir ʼn naweek propvol 4×4-avonture, uitstallings, veldren-ervarings en gesinsaktiwiteite.

Avonturiers en kampeerders kan uitsien na ʼn verskeidenheid buitelewe-uitstallers wat die jongste kampeer- en 4×4-produkte wat tans op die mark beskikbaar is, gaan uitstal. Op dié manier kry kopers die geleentheid om binne ʼn veilige plaasatmosfeer te sien hoe produkte werklik in die natuur benut sou kon word.

Vir die meer avontuurlustige besoeker, bied Mahindra Claremont vanjaar veldren-ervarings aan. Dan is daar ook Maniac 4×4, wat gratis ritte saam met ervare bestuurders bied sodat mense eerstehands die krag en vermoë van die voertuie kan beleef.

Saam met die buitelewe-uitstallings en veldren-ervarings, is daar ook helikopterritte, 4×4-hindernisritte saam met André de Villiers van die kykNET-program, André 4×4, en ʼn braaikompetisie wat saam met Jimmy’s Steakhouse Sauces en ʼn paar kykNET-akteurs aangebied word.

Blackie Swart, Chereé, David Fourie, Soné Joubert, Amore, Rooies, Desmond Wells, Viljoen Retief, Dewald Dippenaar, Wynand Windpomp, Nic Stevens en die Rooiwyn Profeet met sy orkes sal vir heerlike musikale vermaak sorg, terwyl skougangers aan allerlei eet- en drinkgoed smul.

Die kykNET Buite Ekspo word tussen 8 en 10 Maart by die Môreson Plaas net buite Malmesbury aangebied. (Foto: Verskaf)

Vanjaar kan besoekers ʼn verskeidenheid van Swartland Kelders se wyn in die wyntuin proe. Daar is ook volop gekeurde kosverskaffers en ʼn plaaskombuis op die terrein, met ʼn groot kroeg en biertuin.

As die manne meegevoer raak, kan die vroue oudergewoonte deur die snuffelmark stap, en die kroos kan hulle gate uit geniet by die pretparke en kindervermaak wat plaasvind.

Naweekkampering raak nou vinnig vol! Bespreek sommer gou deur ʼn e-pos te stuur aan [email protected] met navrae oor alreeds opgerigte en toegeruste tentkampering aan [email protected].

Wen

Vier gelukkige Maroela Media-lesers staan die kans om elk vier naweekbesoekerskaartjies vir die kykNET Buite Ekspo in die Wes-Kaap te wen. Al wat jy moet doen, is om jou besonderhede in die kompetisievorm onderaan hierdie artikel in te vul.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Sondag 25 Februarie om 23:45.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die kompetisie sluit Sondag 25 Februarie om 23:45.
  • Wenners sal lukraak gekies word.
  • Deelnemers moet ouer as 18 jaar wees.
  • Lesers wat in die afgelope drie maande ʼn kompetisie op Maroela Media gewen het, sal nie dadelik weer in aanmerking geneem word om die betrokke kompetisie te wen nie.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum plaasvind, waarna Maroela Media met die wenners in verbinding sal tree.
  • Sodra alle wenners gereageer het, sal hul name op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Die prys sluit sleg toegang na die ekspo in. Wenners is self vir reis- en verblyfreëlings verantwoordelik.
  • Deelnemers moet in Suid-Afrika woon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.