Ds. Deon van den Berg gesels in dié uitsending met die kliniese sielkundige Erich Schoeman oor emosionele intelligensie. Vind uit hoe jy bewus kan wees van jou eie en ander se emosies in jou huwelik en verhoudings en hoe om dit te hanteer.
“Hoe maak mens” is ʼn weeklikse klankinsetsel waar ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare met verskeie kenners oor huwelike en verhoudings gesels.