Die soektog na ʼn vermiste mynwerker is Maandag by ʼn Impala Platinum (Implats)-myn in Rustenburg, Noordwes, voortgesit.
Lees meerAlles vir Maandag 23 Mei 2016
Seun (16) deur trein doodgery
ʼn Sestienjarige skoolseun is Maandagmiddag dood toe hy deur ʼn trein getref is.
‘Springs-monster’ en vrou weer in hof
Die sogenaamde “Springs-monster” en sy vervreemde vrou het Maandag in die hooggeregshof in Pretoria verskyn op aanklagte van onder meer poging tot moord, verkragting, dwarsboming van die gereg en die besit en handel van dwelms.
[Foto’s] Erasmusrand-voetgangerbrug suksesvol verwyder
Die Erasmusrand-voetgangerbrug by die Solomon Mahlangu (Hans Strijdom)-brug oor die N1-hoofweg is oor die naweek suksesvol afgebreek.
Seksklag teen Fransman teruggetrek
Die aanklag van seksuele teistering wat in Januarie teen die ANC se Wes-Kaapse leier, Marius Fransman, aanhangig gemaak is, is Maandag teruggetrek.
Senzo Mchunu bedank as KZN-premier
Senzo Mchunu, die premier van KwaZulu-Natal, het Maandagmiddag bedank.
Twee dood tydens geweld in Hammanskraal
Twee mense is Maandag dood toe ʼn betoging oor behuising in Hammanskraal, noord van Pretoria, gewelddadig geraak het.
Seun (12) help polisie om sy ‘verkragter’ vas te trek
ʼn Twaalfjarige seun het beamptes van die Kaapse metropolisie gehelp om ʼn man vas te trek wat hom na bewering verkrag het.
Woord van die week: adamsappel
Die woord van die week is “adamsappel”. Taaltoffie stel ondersoek in.
Pa en seun vir goue hangertjie geskiet
ʼn Pa en sy 20-jarige seun is Maandag in die vroeë oggendure in hul huis in Ficksburg in die Vrystaat in die bolyf geskiet.
‘Noem my Skollie’, ʼn fliek oor hoop
Die lewensverhaal van die draaiboekskrywer John W. Fredericks (70) is die onderwerp van ʼn nuwe fliek wat vertel hoe dié suksesvolle skrywer en regisseur agter ʼn vullishoop grootgeword het. Met geen heenkome nie en deel van ʼn bende het hy daarin geslaag om sy lewe om te draai met die krag van geloof.
Netcare wil herstruktureer
Die Netcare-hospitaalgroep het in ʼn onlangse skrywe aan die vakbond Solidariteit bekendgemaak dat hy met ʼn grootskaalse sentraliseringsproses in sy kredietkontrole-afdeling sal begin.
Die wêreld in foto’s – 23 Mei 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Gekoopte onderwysposte: ‘Sadou ʼn giftige invloed op skolestelsel’
Die DA het gesê Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, moet verseker dat die beamptes en onderwysers wat betrokke was by die koop en verkoop van onderwysposte onmiddellik vervolg word.
Akademia mors nie met krisisse nie
As ons universiteite aangeval word, sal ons veg om ons regte te beskerm, maar ons bou ook ’n nuwe Afrikaanse privaat universiteit, Akademia. Solidariteit fokus hierdie week as deel van sy #OnsBou-veldtog op Akademia.
Wittebrood: Egpaar verkies wildbewaring bo ‘op ʼn strand lê’
Daniel en Joné Haesslich is geen “gewone” egpaar nie – dit is duidelik te sien in die manier waarop hulle hul wittebrood deurbring.
Nou kan sy matriekafskeid toe gaan, danksy weldoener
ʼn Weldoener van Pretoria-Noord het ʼn matriekmeisie se grootste wens – om haar matriekafskeid by te woon – laat waar word.
Ontvoerde Pta-meisie weer met ma herenig
ʼn Sesjarige meisie van Pretoria is oor die naweek weer met haar ma herenig nadat sy glo sowat ʼn jaar gelede ontvoer en landuit geneem is.
NVG: ‘Geen klagte teen Pravin’
Die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Maandag tydens ʼn mediakonferensie gesê daar word nie aanklagte van “spioenasie” teen Pravin Gordhan, minister van finansies, ondersoek nie.
Chris Lamprecht vereer met Andrew Murray-FAK-toekenning
Chris Lamprecht (88) is verlede week tydens die jaarlikse Andrew Murray-prysfondsgeleentheid in Stellenbosch vereer met die eerste Andrew Murray-FAK-toekenning vir die bevordering van Christelike musiek.