Dylan Taljaard, ʼn 26-jarige Suid-Afrikaner wat gesoek word in verband met die 2014-moord op sy vriendin, Shannon Lee Roberts, verskyn ook steeds op die lys.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "interpol"
Internasionale moordverdagte in SA tronk gekry
Interpol het die 40-jarige Suid-Afrikaanse burger in ʼn gevangenis in KwaZulu-Natal opgespoor waar hy ʼn 15 jaar vonnis vir moord uitdien.
Interpol soek amptelik na Guptas
Die omstrede broers word gesoek in verband met aanklagte van bedrog en geldwassery.
Nuuskommentaar: Om in jou eie swaard te val
Die bedanking van die hoof van Interpol nadat hy op aanduidings van korrupsie in hegtenis geneem is, staan in skrille kontras met korrupte Suid-Afrikaners wat verbete bly klou en weier om verantwoordbaarheid te aanvaar.
Interpol se president word vermis
Die agentskap verbind polisiebeamptes van sy 192 ledestate met mekaar om Interpol te gebruik om ʼn voortvlugtige of ʼn vermiste persoon op te spoor.
Ontvoerde Pta-meisie weer met ma herenig
ʼn Sesjarige meisie van Pretoria is oor die naweek weer met haar ma herenig nadat sy glo sowat ʼn jaar gelede ontvoer en landuit geneem is.
Kanadese moordverdagte in SA gevang
ʼn Kanadese burger, wat teregstaan op aanklag van moord in sy land, is Woensdag deur Interpol in Benoni aan die Oos-Rand in hegtenis geneem.
Interpol ondersoek ontvoering van driejarige
Interpol ondersoek die ontvoering van ʼn driejarige dogtertjie van Oos-Londen in die Oos-Kaap wat na bewering deur ʼn kinderoppasser gevat is en R500 000 eis om haar veilig aan die ouers terug te besorg.
Diefstal by Interpol-kantoor in Pretoria
Vyf skootrekenaars wat glo sensitiewe inligting bevat, waaronder inligting oor die omstrede Tsjeggiese sakeman Radovan Krejcir se ondersoek, is uit Interpol se kantore in Pretoria gesteel.
Lugredery gaan nou alle paspoorte nagaan
AirAsia-lugredery het Dinsdag gesê hy gaan van Junie 2014 die paspoorte van alle passasiers teen Interpol se databasis van 42 miljoen gesteelde of verlore reisdokumente nagaan.
Kinderpornografie-ring: Ses hoës in hof
Die ses Suid-Afrikaanse mans wat in hegtenis geneem is in verband met ʼn internasionale kinderpornografie-sindikaat, het reeds in verskeie howe in die land verskyn.
Ses SA-hoës vas oor kinderpornografie
Ses mans wat vermoedelik verbind kan word aan ʼn groot internasionale kinderpornografie-sindikaat is in Suid-Afrika in hegtenis geneem, het The Times Woensdag berig.