Joseph Hardman, ʼn veteraan paramedikus, het verlede Vrydag ʼn pasiënt, wat ʼn hartaanval gehad het, na die hospitaal vervoer en het KPR toegepas toe hy self simptome van ʼn hartaanval begin toon het.
Lees meerAlles vir Woensdag 21 Augustus 2013
Boekwurm mag nie aan leeskompetisie deelneem nie
Die ma van ʼn negejarige boekwurm van New York in Amerika eis ʼn verskoning nadat ʼn bibliotekaresse haar seun verbied het om aan ‘n leeskompetisie deel te neem.
Tieners moor man glo “uit verveling”
Drie tieners van Oklahoma in Amerika het Dinsdag in die hof verskyn nadat hulle glo ʼn atleet van Australië vermoor het “omdat hulle verveeld was”.
Foto’s: 12-jarige se “wetenskap-eksperiment” spoel 50 jaar later uit
Dennis Komsa was 12 jaar oud toe hy in 1963 ʼn bottel met ʼn boodskap daarin in die Atlantiese Oseaan naby Jersey Shore in Amerika gegooi het.
TUT-studente met messe gesteek
Drie studente is vandeesweek by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) se Polokwane-kampus met messe gesteek, het die instansie Woensdag gesê.
‘Ontvoerder’ vas toe sy losprys wou onttrek
‘n Vrou is Woensdag in Burgersfort in Limpopo in hegtenis geneem in verband met die ontvoering van ‘n 10-jarige seun.
Joost op sy sterfbed
Joost van der Westhuizen, voormalige Springbok-kaptein, nader die einde van sy lewe twee jaar nadat hy met motorneuronsiekte gediagnoseer is.
Kinderpornografie-ring: Ses hoës in hof
Die ses Suid-Afrikaanse mans wat in hegtenis geneem is in verband met ʼn internasionale kinderpornografie-sindikaat, het reeds in verskeie howe in die land verskyn.
Vragskip sink naby Knysna
Die vragskip, Kiani Satu, het twee weke nadat dit aan die kus van Buffelsbaai naby Knysna gestrand het, gesink.
Video: Pule vra parlement om verskoning
Dina Pule, die omstrede voormalige minister van kommunikasie, is in die nasionale vergadering oor die kole gehaal.
Video: Seuntjie met seldsame siekte kort dringend hulp
’n Tweejarige seuntjie van Delmas in Mpumalanga het dringend ‘n beenmurgoorplanting nodig.
Foto’s: Versoek vir perdevoer ná weiveld afbrand
Wetnose Animal Rescue het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om voer vir perde aan te skaf nadat hul kleinhoewe in Rayton, oos van Pretoria, oor die naweek afgebrand het.
Pakslae of nie?
“Ek hou nie van die konsep van “straf” vir kinders nie en wanneer daar van lyfstraf of pakslae gepraat word is ek onmiddelik ontsteld. Ek glo eenvoudig nie daaraan dat ʼn mens aan kinders of diere – of enigiemand moet slaan nie,” skryf Nicolien Welthagen, navorsing sielkundige.
Inwoners betoog, versper nóg JHB-paaie
Inwoners van Orange Farm, suid van Johannesburg, het Woensdag betoog deur klippe en bande wat aan die brand gesteek is op hoofpaaie in die gebied te plaas.
Betogers gooi klippe na voertuie in Roodepoort
ʼn Groep betogers het Woensdagmiddag Randfonteinweg in Roodepoort, Gauteng, met klippe en bande wat aan die brand gesteek is, versper.
Ma bied R50 000 aan om seuns te moor
ʼn 50-jarige vrou van KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem nadat sy glo R50 000 vir iemand aangebied het om haar twee seuns te vermoor.
Pippie se ma ontken dat fonds misbruik word
Die brandslagoffer Pippie Kruger se ma, Anice, ontken ten sterkste dat sy geld van die Pippie se Gesiggie-fonds misbruik en sê ‘n voorlopige oudit sal dit kan bewys, het sy Woensdag aan Eyewitness News gesê.
Polisiekaptein vas vir vuurwapen-verkope
ʼn Polisiekaptein van Nelspruit is in hegtenis geneem op ʼn aanklag van die onwettige verkope van vuurwapens, het Beeld Woensdag berig.
Nuuskommentaar: Gaan Suid-Afrika vooruit of die kreeftegang?
Universiteite sit met die hande in die hare oor die gehalte van baie matrikulante, en moet al hoe meer leun op oorbruggingskursusse om studente min of meer universiteitsmateriaal te maak.
Afrikaanse liedjies wat deur meer as een kunstenaar gewild gemaak is
Daar is deur die jare al baie Afrikaanse liedjies wat vir meer as een kunstenaar of groep ‘n treffer was.