Andrea se pa is net voor haar troue oorlede, maar haar broer en familielede het haar nie in die steek gelaat vir haar “pa en dogter”-dans nie. Die video is reeds byna 6 miljoen keer gekyk.
Lees meerAlles vir Dinsdag 13 Mei 2014
Lugredery gaan nou alle paspoorte nagaan
AirAsia-lugredery het Dinsdag gesê hy gaan van Junie 2014 die paspoorte van alle passasiers teen Interpol se databasis van 42 miljoen gesteelde of verlore reisdokumente nagaan.
Gastehuis-aanvaller se appèlaansoek verwerp
Themba Mkhize (29) wat die gastehuiseienaar Patricia Rottcher en haar assistent aangeval het, se appèlaansoek is Dinsdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg van die hand gewys.
Mangaung-verregses: Selfoonoproepe onder die loep
Selfoonoproepe tussen Johan Prinsloo, een van die persone wat van hoogverraad beskuldig word en ʼn staatsgetuie is Dinsdag in die Bloemfonteinse hooggeregshof ondersoek.
Amcu-staking: Soveel skenk die EFF
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Dinsdag die bedrag bekend gemaak wat hulle aan die Association of Mineworkers and Construction Union se stakingsfonds gaan oorbetaal.
Oscar Pistorius-moordverhoor: Staat bring aansoek vir waarneming
Die staat het Dinsdag ʼn aansoek voor die Pretoriase hooggeregshof gebring om die moordbeskuldigde Oscar Pistorius vir waarneming te laat opgeneem
Vrou in hof vir sakeman se moord
Martha (Martie) Suzan Kruger (47), het Dinsdag in die Barberton-landdroshof verskyn nadat sy Maandag glo haar man, Hennie Kruger, in Malelane, Mpumalanga doodgeskiet het.
Kleinhoewe-aanval: Bejaarde vrou sterk aan
Ralie Groenewald (74) sterk aan nadat sy Maandagoggend op ‘n kleinhoewe in Boschkop, Pretoria, gewurg en aangerand is. Haar man, Charles (76), is tydens die voorval doodgeskiet.
Mandela-fondse nié misbruik, sê ANC
Die ANC het Dinsdag ontken dat staatsgeld, wat bedoel was vir die gedenkdiens en begrafnis van oudpresident Nelson Mandela, misbruik is.
Diesel-klerewinkel in Kaapstad aan die brand gesteek
ʼn Man het Dinsdagoggend glo die Diesel-klerewinkel in Cavendish Square-winkelsentrum in Claremont, Kaapstad, aan die brand gesteek.
Mense het die reg om “vergeet” te word
Die Europese hof het die websoekdiens, Google, gelas om sekere inligting van sy databasis te verwyder, indien iemand daarom sou vra.
Man steel restaurant se toilet
ʼn Man het Sondagaand ʼn toiletbak uit ‘n Subway-restaurant in Seattle, Amerika, gesteel.
Groot skade ná grondbesetters Dinokeng se drade knip
Die Dinokeng-wildreservaat, noordoos van Pretoria, gaan nagenoeg R350 000 moet betaal om die heining te herstel wat glo oor die naweek deur grondbesetters beskadig is.
Platinumgordel stil oornag
Rustenburg in Noordwes was Maandagaand stil en geen verdere geweld is aangemeld nie nadat drie nie-stakende werkers vroeër die dag wreed daar vermoor is.
Gedig: God die digter
TT Cloete se aangrypende gedig, “God die digter”
“Vermiste tieners laat geen spoor” – Privaatspeurder
Andre Putter, ʼn privaatspeurder wat gehuur is om te help soek na twee tieners van Pretoria wat vermoedelik saam weggeloop het, beskou die saak as buitengewoon. Kim Swarts (15) en Awian van Schalkwyk (17) word sedert 7 April vermis.
Nuuskommentaar: Wanneer die e-pot die e-ketel in ‘n Twoorlog verwyt
Hoewel nie heeltemal nuut nie, het die kuberruim met die afgelope verkiesing baie sterk gefigureer, en was selfs ‘n paar keer self nuuswaardig.
Bakkie in dam: Bestuurder van moord aangekla
Die 24-jarige bestuurder van ʼn bakkie wat Maandagoggend 29 skoolkinders vervoer het toe dit in ‘n dam in KwaZulu-Natal se Midlands-gebied beland het, verskyn Woensdag in die Greytown-landdroshof.
Man kritiek ná mangatdeksel op hom val
ʼn Man is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat ʼn mangatdeksel Maandag in Bloemfontein op hom geval het.
Vonnisoplegging begin vir Griekwastad-moordenaar
Die tienerseun wat skuldig bevind is aan die moorde op die Steenkamp-gesin van Griekwastad, se vonnisoplegging begin na verwagting Dinsdag in die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley.