Die raad van die Universiteit Stellenbosch (US) het die naweek by ʼn spesiale vergadering algemene vertrekpunte met betrekking tot die nuwe taalbeleid bespreek.
Alles vir Maandag 23 Mei 2016
[Resep] Ou-Kaapsebrandewyntert
Die brandewyn kan met lemoensap vervang word, maar ons raai dit nie aan nie …
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 23 Mei 2016
Hier is Maroela Media se Top 20 vir die week.
Man sterf in botsing; N4 gesluit
Een man is dood en drie ander mense beseer tydens ʼn gru-botsing op die N4, in die rigting van Cullinan, waarby talle voertuie betrokke was.
Vasgevang in bendegeweld, maar jonges kies rugby
“Ons is van ʼn klein gemeenskap waar dit baie swaar gaan. Rugby hou hierdie kinders uit die moeilikheid,” sê Ebrahim Beukes, afrigter van die span.
Spioenasiebande-saak: NVG sê oor Zuma-klagte
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Maandag tydens ʼn mediakonferensie die pad vorentoe bekend gemaak rakende die hooggeregshof-uitspraak dat die besluit om pres. Jacob Zuma se vervolging te laat vaar, irrasioneel was.
Vrou verkool toe voertuig vlam vat
ʼn Vrou is dood en 12 mense is beseer nadat ʼn motor en ʼn minibustaxi Maandagoggend naby Silverstar Casino in Krugersdorp gebots het.
Minister verduidelik oor ‘smokkelpoging’ van vrou na SA
“Ek is geensins spyt oor my optrede om hierdie kind by te staan nie en sou nooit met my gewete kon saamleef as iets met haar sou gebeur het en ek kon wel iets gedoen het om haar te help nie. Ek glo dit was die regte ding om te doen.”
Vlieg teen die muur by ʼn Luthuli-huis-noodvergadering
Die groot vyf draai hul koppe weer na Nr. 1. Die stilte hang in die lug. Die idee van die rassesensus is onder druk. Nr. 1 dink lank en toe reageer hy: “Hê-hê, Facebook en Twitter!” Die ander kyk fronsend na hom…
Die wêreld in Afrikaans
Waarom wil ons dan ons ervaring van die multidimensionele heelal verskraal tot een universele taal wat uit dermiljoene monde geradbraak word..? vra Daniel Hugo.
ToekomsVenster: Missio dei – Jy word geroep en gestuur
Hy is klaar besig in die wêreld en wanneer Hy jou stuur, wil Hy hê jy moet by Hom aansluit waar Hy klaar besig is. Kom ek verduidelik dit met ’n voorbeeld: Dis soos wanneer jy oefen om aan ’n bepaalde sport deel te neem. Jy oefen eenkant, maar die span wat klaar speel wil hê jy moet by hulle kom aansluit sodat hulle net soveel sterker kan word.
Hoe maak mens: Beheer jou emosies
Ds. Deon van den Berg gesels in dié uitsending met die kliniese sielkundige Erich Schoeman oor emosionele intelligensie. Vind uit hoe jy bewus kan wees van jou eie en ander se emosies in jou huwelik en verhoudings en hoe om dit te hanteer.
Vyf ‘stropers’ in Limpopo aangekeer
Vyf mans, onder wie drie Mosambiekse landsburgers, sal na verwagting Maandag in die Thabazimbi-landdroshof verskyn nadat hulle glo oor die naweek ʼn renoster vir sy horings wou doodmaak.
Gebruik sosialemedia-bemarking vir jou klein besigheid
Jacques gesels met Anesia Darne oor Chicory Cheese Cafe, haar deli in Darling, 75 km buite Kaapstad. Sy verduidelik hoe sy van sosialemedia-bemarking gebruik maak om die restaurant te bevorder en waarom die ligging van jou restaurant so belangrik is.
Nuuskommentaar: Bruin en wit en beskouings oor Afrikaans en diversiteit is divers
Uit verskeie onlangse skrywes het dit nie net duidelik geword dat wit en bruin Afrikaanssprekendes mekaar ter wille van die oorlewing van Afrikaans nodig het nie, maar dit het ook geblyk hoe omvangryk die brûe sal moet wees wat hierdie samespanning oor ’n breë front moontlik maak.
Pta-sokkerwedstryd eindig dodelik
Minstens twee mense is dood en talle beseer nadat twee groepe Sondag gewelddadig geraak het by ʼn sokkerwedstryd in die ooste van Pretoria.
Man, swanger vrou sterf in botsing
ʼn Man en ʼn vrou wat glo ʼn paar maande ver swanger was, is Maandagoggend dood nadat twee motors reg van voor in Pietermaritzburg gebots het.
SA’ner sterf op Everest
Eric Arnold (35) van Nederland en dr. Maria Strydom (34) van Suid-Afrika wat in Australië gewoon het, het op Everest gesterf kort nadat hulle die kruin bereik het.
Laaste dag om vir verkiesing te registreer
Maandag is die laaste dag vir kiesers om vir die plaaslike verkiesing te registreer, of hul registrasiebesonderhede by te werk.
Kinders vind skedel van vermiste man
Jong seuns wat in Komkhulu in Butterworth in die Oos-Kaap gespeel het, het Saterdag op ʼn menslike skedel afgekom.