Pta-sokkerwedstryd eindig dodelik

Argieffoto

Argieffoto

Minstens twee mense is dood en talle beseer nadat twee groepe Sondag gewelddadig geraak het by ʼn sokkerwedstryd in die ooste van Pretoria.

Kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 15:30 in die informele nedersetting Plastic View langs Moreletapark plaasgevind.

“ʼn Groep Basotho-inwoners is deur ʼn groep Zimbabwiërs aangeval terwyl daar ʼn sokkerwedstryd aan die gang was. Die Basotho-inwoners het teruggeveg en die aanvallers uit die nedersetting verdryf,” het Weilbach gesê.

Polisiebeamptes van die Tshwane- sentrale streek asook openbareorde-polisie is na die toneel ontbied.

“Sover vasgestel kan word, is daar minstens nege mense wat tydens die gewelddadige kragmeting beseer is. ʼn Man, in sy 20’s, is in die hospitaal dood en een persoon se liggaam is later die aand in die nedersetting gevind.”

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die Basotho-inwoners is vir steek- en erge snywonde behandel. Botha het gesê van die inwoners was met stokke en pangas gewapen en het die nooddienste verdere toegang tot die nedersetting geweier.

Weilbach het gesê die situasie was teen die aand in bedwang. Die polisie is op die toneel om die situasie te monitor en die omliggende woonbuurte is veilig. “Gemeenskapsleiers van albei nasionaliteite is in gesprek met mekaar.”

Die Garsfontein-polisie ondersoek sake van moord en openbare geweld. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
Bang

Hierdie barbaarse dade hetb200m van ons huis af gebeur! Gaan die stadsraad steeds sê hulle het die reg om hier te bly! Freaken scary as n spul dronk mans voor jou huis buite beheer raak! Hoewel ons in n estate bly, is ons op die grens! Vir die eerste keer in my lewe met my pistool onder my kopkussing geslaap! Klomp illegals kom baklei op ons (wetsgehoorsame, belasting betalers) voorstoep en die stadsraad vee hul gatte af aan ons pleidooie!
Dis net nie reg nie!

Stefaans

Transformasie in werking

Will i am

Transformasie

Theresa

‘n Skande dat hierdie mense daar bly. Word vertroetel en sal sekerlik dink dis hul reg en voorreg om so op te tree want almal ag shame die heeltyd. Dis al jare dat ons vra dat hierdie mense moet weg uit die omgewing. Die besoedeling, geraas en misdaad wat hul saam met hul daar kom plak het, is uiters onaanvaarbaar. Glad nie welkom nie. Moor en breek in en wie weet wat nog in ‘n area waar ons duur betaal om te bly. Daar is nie meer regverdigheid of geregtigheid wat dit aanbetref nie en dis tyd dat die belastingbetaler… Lees meer »

Connie

Hulle kan nie mekaar klaar kom nie, nou wil hulle he ons moet saam nesskop? Ghmf wat ‘n cheek.