Janine wil wen met ‘Jenna verloor ʼn mens’


Foto: Facebook

Foto: Facebook

Wanneer jy vir jouself in die spieël kyk en nie meer hou van wat jy sien nie, is daar slegs twee roetes wat jy kan volg: Jy vermy die spieël en gaan voort asof niks fout is nie, of jy besluit om te verander.

Janine Kotze (31) het só ʼn punt in haar lewe bereik toe sy soveel gewig aangesit het dat sy haarself nie meer herken het nie. “Ek is ʼn haarkapper, so ek kyk elke dag vir myself in ʼn spieël terwyl ek met mense se hare werk. Jy sien jouself raak, maar jy wil jouself miskyk.”

Janine sê sy het lank met dié probleem gesit, maar dit altyd met ʼn grappie probeer wegpraat. “Ek het ʼn grap gemaak van alles en selfs grappies gemaak oor my lyf.” Die draaipunt het gekom toe haar man eendag by haar kom sit het en sy hart met haar gedeel het. “Hy het vir my gesê hy het nie ʼn probleem met wie en wat ek is nie, maar die feit dat ek ʼn grap van myself maak laat hom anders na my kyk.” Volgens Janine was dit al wat sy nodig gehad het om haar in die regte rigting te stuur.

Sy het vir ʼn week lank reg geëet, maar daarna weer in dieselfde roetine geval. “Ek het besef al probeer almal my daar kry, moet ek sélf daar kom. Ek het een oggend opgestaan en vir my man gesê: ‘Dit is vandag. Vandag maak ek ʼn verskil in my lewe’.”

Haar Facebook-blad ‘Jenna verloor ’n mens’ is aanduiding dat sy vasberade is.

Dis nou al ʼn maand dat sy reg eet en hard oefen. “Elke dag is vir my moeilik en elke dag moet ek vir myself sê: ‘Gaan net gym toe.’ Elke dag moet ek met myself praat en sê doen dit net!”

Janine hoef darem nie dié moeilike pad alleen te stap nie en sy meen dat sy omring is deur wonderlike mense. Haar instrukteur, Elaine, is vreeslik gemotiveerd om vir Janine by haar teikengewig te kry. “Waarmee ek gemaklik sal wees, is 80 kg, maar, soos wat ek vir Elaine ken, sal sy my druk tot ek by 72 kg is.”

Maar dis veral haar man, Driaan, wat haar grootste motivering is. “My man is ʼn ongelooflike steunpilaar. Hy loop hierdie pad saam met my. As ek voel ek is swak en kan nie meer nie, dan inspireer hy my.”

Luister gerus na die podsending om te hoor waarom Janine dié moeilike pad in die openbare oog aanpak.

Besoek ook Janine se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Z bc

Mooi so. Jy inspireer my ook sommer nou!!!!!

Elaine Pieterse

Baie trots op jou Jenna! Ons vat dit dag vir dag. Elke stap na die nuwe jy!

nadine

Wow dis baie awesome. Ek sit in die selfde boodjie en ergste is eks 23 en dink amper ek is grooter as jy. So baie baie danki ek gaan vir my iets of iemand kry om op te fokus en begin my lewe verander. Dankie baie.

SNEL

Ek roei ook in die bootjie, en daarom weet ek hoekom doen sy dit in die openbare oog, want op jou eie is “môre” n nuwe begin sodra daar iets lekkers oor jou pad kom. Mens het daai polisieman agter jou nodig of dit moet vir jou voel dat jy aan iemand verantwoording moet gee, want ek dink soos mens gewig opgetel het deur die jare besef mens nie hoe erg die probleem is nie, en daaroor val mens ook so gou weer terug in die eetgewoontes waaraan n mens vir jare al gewoond is. Slegte eetgewoontes verleer of skud… Lees meer »

BUSFARK VAN PLETSEN

Baie mooi Janine ons almal hou virjou dium vas ek weet sommer jy gaan dit regkry baie sterkte