ʼn 57-jarige man van Gauteng is gevonnis nadat hy ʼn vrou twee weke lank gyselaar gehou, gemartel en herhaaldelik verkrag het.
Lees meerAlles vir Woensdag 21 Oktober 2015
‘Universiteite moet personeel beskerm’
Die vakbond Solidariteit neem tans regstappe om universiteite te dwing om Solidariteit se lede en ander personeel behoorlik te beskerm.
Mediumtermynbegroting: ‘Ons verwag nie ʼn afgradering’
Nhlanhla Nene, minister van finansies, het Woensdag na afloop van sy mediumtermynbegroting gesê hy verwag nie die land se kredietgradering sal verder afwaarts aangepas word nie.
Modelbaas-pornosaak: Hy vra meisie glo om te trou
ʼn Vrou het Woensdag in die verhoor van die modelbaas Dawie de Villiers getuig hy het haar gevra om te trou, maar haar ma het gesê het sy is te jonk.
Durban-man vas ná moord op vrou
ʼn Man van Durban in KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem in verband met die moord op sy vrou.
ToekomsVenster: Die Here voorsien
Die grootste seën wat enige mens ooit kan ontvang, is die Voorsiening op die berg van die Here; die Lam van God wat die vloek wat die wet meegebring het van ons weggeneem het deur in ons plek ‘n vervloekte te word.
Limpopo-universiteit loop ook onder betogende studente deur
Die studente-onluste wat regoor die land woed, het Woensdagmiddag ook na die Universiteit van Limpopo se Turfloop-kampus oorgespoel.
[Video] Studente veroorsaak chaos by parlement
Chaos het Woensdagmiddag voor die parlement uitgebreek toe betogende studente hul weg tot in die binnehof voor die parlement ingedwing het.
PE-man steek glo vrou met mes: ‘Ek wou haar nie seermaak nie’
“Jammer my vrou, ek het vanaand gekom net om met jou te praat. Wat ek nou gaan doen, doen ek nie omdat ek skuldig was nie. Ek doen dit oor die seer wat ek mee loop vir drie maande.”
[Video] Minister se mediumtermynbegroting ontwrig
Die minister van finansies se mediumtermynbegroting is Woensdag in die parlement vertraag nadat die EFF daarop aangedring het dat dit uitgestel word vir ʼn dringende debat oor studentebetogings oor klasgelde.
KZN-massamoord: Twee vas
Twee mense is in hegtenis geneem in verband met die gru-moorde op agt lede van ʼn familie in KwaZulu-Natal.
Betogers onderbreek geheime eksamen by UK
Betogers het ʼn geheime eksamen wat vanoggend deur rekeningkunde-studente van die Universiteit van Kaapstad (UK) by die Newlands krieketstadion geskryf is, vinnig onderbreek nadat hulle daarvan uitgevind het.
Dubbelmoord ruk Vrystaatse dorp
Twee bejaardes van Memel in die Vrystaat is Dinsdagaand wreed in hul huis vermoor.
Janine wil wen met ‘Jenna verloor ʼn mens’
Wanneer jy vir jouself in die spieël kyk en nie meer hou van wat jy sien nie, is daar slegs twee roetes wat jy kan volg: Jy vermy die spieël en gaan voort asof niks fout is nie, of jy besluit om te verander.
KZN-man glo deur werkgewer doodgeskiet
ʼn Veiligheidsbeampte van KwaZulu-Natal is dood nadat hy glo twee keer deur sy werkgewer geskiet is.
Tuks-betogers dreig om universiteit tot stilstand te bring
Betogende studente by die Universiteit van Pretoria (UP) het Woensdag aangedui dat geen onderrig of assessering aan dié universiteit sal plaasvind nie totdat die voorgestelde klasgeldverhoging vir volgende jaar teruggetrek word.
Pa van Mpumalanga deur ‘engele’ gered ná gewapende roof
ʼn Pa van Marloth Park in Mpumalanga is “deur engele gered” nadat hy Maandag tydens ʼn gewapende rooftog geskiet is in ʼn poging om sy gesin te beskerm.
Reeva Steenkamp se ma stel stigting bekend
June Steenkamp het Woensdag die Reeva Steenkamp-stigting bekendgestel by die St Dominics High School in Port Elizabeth.
Studente bring NMMU ook tot stilstand
Die studente-oproer wat by universiteite dwarsoor die land woed, het Dinsdagnag na die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) in Port Elizabeth uitgebrei.
Boek: Portrette in my gang
Dolf van Niekerk In Dolf van Niekerk se sesde digbundel kyk hy terug op mense, dinge en gebeurtenisse wat ’n betekenisvolle rol in sy lewe…