Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Martin Stevens (47) het Dinsdag in die hof verskyn, waar die saak uitgestel is. Janse van Rensburg kon nie bevestig of hy gepleit het op die aanklag teen hom nie.
Maroela Media het vroeër berig die polisie was sedert verlede Woensdagaand op soek na Stevens, nadat sy vrou, Anne-Marie, die aand in haar motor voor haar huis met ʼn mes gesteek is. Sy is in ʼn kritieke toestand na die hospitaal gehaas.
Dit is nie die eerste keer wat Stevens met die gereg bots nie. Hy is in 2000 aangekla van moord nadat hy sy eerste vrou en haar vriend doodgeskiet het. Hy het homself daarna geskiet, maar dit oorleef. Volgens Janse van Rensburg is Stevens destyds vrygespreek nadat die hof bevind het hy het ʼn sielkundige ineenstorting gehad ten tyde van die moorde.
Stevens het ʼn paar uur na die aanval op sy vrou ʼn boodskap op sy Facebook-profiel geplaas waarin hy gesê het hy is baie lief vir sy vrou en “wou haar nie seermaak nie”. Hy het gesê die goed waarvan Anne-Marie hom beskuldig, is nie waar nie.
“Jammer my vrou, ek het vanaand gekom net om met jou te praat. Lief jou baie. Praat net die waarheid my vrou asseblief. Ek was regtig nie skuldig nie. Jy het altyd net die beste by my gekry. Wat ek nou gaan doen, doen ek nie omdat ek skuldig was nie. Ek doen dit oor die seer wat ek mee loop vir drie maande. Hoop jy is nou tevrede. Nou is ek uit die pad uit – wat jy wou hê. Jammer,” het hy geskryf.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
So uit die mond van nog ‘n narsis. Alles gaan net oor homself….
“Lief jou baie” Ag ja nê. ‘n Psigopaat se denke bly maar ‘n duistere raaisel.
Meskien wou hy net biejtie praat toe sien hy dit was al die tyd ‘n inbreeker wat die kar wil kaap en toe maak hy net ‘n fou t want sy senewees was klaar.
Weer een van daai wat sy vrou as n besitting sien. As geweld in jou DNA is slaan dit WEER een of ander tyd soos n vetkol deur!
Vrouens verstom my: Hoe raak mens betrokke by iemand wat sy eerste vrou geskiet het? Dink jy rerig jy gaan die man verander? News flash! Glo iemand as hy reeds uit vorige optredes gewys het wie hy is!