Trots Tygerpoort! ʼn Skool waar kinders kan droom

Foto verskaf deur Laerskool Tygerpoort

Dit het alles begin met ʼn klein plaasskooltjie, ver buite die stad. Meer as ʼn 100 jaar later het hierdie plaasskooltjie groot geraak en is ons lankal nie meer ver buite die stad nie, maar wel ʼn uitnemende laerskool, steeds met ʼn plaasgevoel, in die ooste van Pretoria.

Hier kom ons kinders nog kaalvoet skool toe, leef naby die natuur op ons pragtige terrein, maar vorm deel van alle geleenthede wat ʼn toonaangewende skool soos Laerskool Tygerpoort bied.

Hier presteer leerders nie net op akademiese vlak nie, maar kry die geleentheid om aan verskillende sport- en kultuuraktiwiteite deel te neem.

Die skool bestaan vandag uit nagenoeg 1 300 leerders en ʼn onderwyserskorps van 80. Ons staan onder die bekwame en passievolle leierskap van mnr. N.J. Coetzee en sy Skoolbestuurspan. Verder word ons bygestaan deur betrokke, ervare en bekwame ouers wat deel is van die beheerliggaam waarop personeel ook dien.

Hierdie stewige grondslag waarop die skool gelê is, verseker positiewe en gelukkige Tygies. Hier verbeel, droom en glo elke Tygie aan ʼn blink toekoms.

Ons visie:

  • ʼn Skool met karakter
  • ʼn Skool wat ʼn verskil maak
  • Trots Tygerpoort

Ons missie:

  • Om elke kind se uniekheid en karakter te (er)ken, te vorm en te bou
  • Om verhoudings te bou, geleenthede te bied en boustene te lê… vir elke kind se pad wat wag.

Ons fondamente:

Foto verskaf deur Laerskool Tygerpoort

  • Trots
  • Tradisies en karakter
  • Optimale leer
  • Landelike omgewing
  • Ouer- en gemeenskapsbetrokkenheid.

Tygieland (Graad RR & R):

By Tygieland glo ons in:

  • Kaalvoet kinders
  • Kinders wat nog kan boomklim
  • Kinders wat modderkoekies maak en goggas soek
  • Kinders wat nog BAIE kan speel
  • Groot moet kan droom… – Suzanne v/d Westhuizen (Tygieland-skoolhoof)

Akademie:

Foto verskaf deur Laerskool Tygerpoort

Leerders moet gelukkig wees en ons doel is om gebalanseerde kinders te ontwikkel. Ons skep geleenthede waar hul selfbeeld uitgebou kan word en waar hulle volgens hul belangstellings en talente kan ontwikkel – Annalize Bronkhorst (departementshoof grondslagfase graad 1-3)

Elke opvoeder poog om die liefde en vreugde in elke vak voor op te stel. Ons handhaaf ʼn hoë standaard en spog met puik prestasies op skole- en provinsiale vlak. Hier neem ons deel aan distriks- en provinsiale olimpiades, lees, wiskunde en spel kompetisies. Elke kind is ʼn pragstuk wat soos klei deur die groot Meester gevorm is en deur ons gebrei word tot suksesvolle jong mans en dames wat ons met groot trots en ten volle toegerus hoërskool toe kan stuur. – Ria Lottering (departementshoof intersenfase graad 4-7)

Kultuur:

Koorfees (Foto verskaf deur Laerskool Tygerpoort)

Elke groot prestasie begin met die voorneme om te probeer… só het Vincent van Gogh gesê en ons kan dit beaam, want ons gee allerlei kultuurgeleenthede aan al die leerders by Laerskool Tygerpoort. – Nidia Coetzee (kultuurhoof)

Sport:

Ek glo skoolsport word as ʼn noodsaaklike afdeling van die skoolaktiwiteite beskou en is ʼn geïntegreerde deel van die skool se opvoedkundige program. Hier kweek ons sportmanskap op en van die veld. – Erik le Roux (sporthoof)

Soos Frederick Douglas gesê het: “Dit is makliker om sterk kinders te bou as om gebroke volwassenes heel te maak.” Laat ons aanhou bou aan elke kind. Trots Tygerpoort! – mnr. Nico Coetzee (skoolhoof)

Besoek Laerskool Tygerpoort se webwerf 

Besoek die opedag op 23 Februarie 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.