“Die verdagtes het glo gedreig om die inwoner se kragtoevoer af te sny indien hy nie R6 500 aan hulle betaal nie.”
Lees meerAlles vir Woensdag 20 Februarie 2019
Begroting: ‘Strop om belastingbetalers se nekke al nouer’
Hoewel Tito Mboweni, minister van finansies, nie ingestem het dat die staat van Eskom se skuld sal oorneem nie, is die R69 miljard-reddingsboei wat hy aan die kragvoorsiener sal lewer vir verskeie kritici steeds ʼn rede tot kommer.
DA hou nagwaak in protes teen plaasaanvalle
“Dit is skokkend dat die meeste plaasmoorde by die slagoffers se huise plaasvind en dit is dan geen wonder dat die mense van Noordwes nie meer in hul eie huise veilig voel nie.”
Hof sê kinders moet na KZN kinderhuise terugkeer
“Vir eers is ons net verheug. Ons kinders kom terug, prys die Here.”
Ramaphosa kry nóg vrae oor persoonlike finansies
Pres. Cyril Ramaphosa moes hierdie week bontstaan om skriftelike parlementêre vrae oor sy eie en sy familie se finansiële sake te beantwoord.
ToekomsVenster: Die gelykenis van die saad wat vanself groei
Is jy ook ongeduldig?
Wipwa-rit vir rand tydens begrotingsrede
Kort nadat Tito Mboweni, minister van finansies, in sy 2019-begrotingsrede aangekondig het dat die staat oor die volgende drie jaar nog R69 miljard in Eskom sal pomp, het die rand onmiddellik met 1,8% getuimel.
Boekresensie: Kieme: Bose bakterieë, woeste virusse en vieslike fungusse
Jong wetenskaplikes sal hulle verlustig in die wonderlike foto’s, grappige karakterillustrasies en verstommende feite wat die wonderwêreld van ’n piepklein, grillerige en fantastiese wetenskap omskryf.
Fris dividende vir Kumba se aandeelhouers
Die ysterertsmyngroep Kumba Iron Ore het bykans R10 miljard aan sy aandeelhouers in dividende vir die boekjaar tot Desember 2018 uitgekeer.
Trane van blydskap op 21ste verjaarsdag, ná ma se dood
“Net ná my ma se dood het my sussie my gevra of ek nou haar nuwe mamma gaan wees, so ek moes haar rol inneem.”
Begrotingsrede: Dít gaan jou sak tref
Tito Mboweni, minister van finansies, het Woensdagmiddag die begrotingsrede vir 2019 in die parlement gelewer. Só gaan die begroting vir 2019/20 jou sak raak.
Nog geen einde in sig vir Franschhoek-brand
“Die huidige doelwit is om te verhoed dat die brand na die vallei versprei.”
Wen met Wikipedia – die gemeenskap wat ons kinders help grootmaak
Ons almal het ʼn onderwerp wat ons baie interesseer of ʼn stokperdjie wat ons toe oë kan doen. Gaan kyk of daar al inligting daaroor op die Afrikaanse Wikipedia is, en as jy niks kry nie – skryf die artikel en staan ‘n kans om ‘n prys te wen!
Video: Die vuurpyl en Denel se geheime
Maar ʼn mens bly wonder wie is die slagoffers van dié wapens wat hier op eie bodem getoets word.
Beterskap vir Centurion-matriekseun
Dit is sowaar ʼn ommeswaai in gesondheid sedert Antonio verlede week onder verdowing en aan ʼn ventilator gekoppel is nadat sy regterlong begin platval het.
Tekenprent: Betogings by KZN-universiteite
‘n Derde hoëronderriginstansie in KwaZulu-Natal het vandeesweek sy deure gesluit weens gewelddadige betogings, dreigemente aan personeel en intimidasie van nie-protesterende studente.
Bergfiets en musiek kom byeen by gesellige gesinsfees
“Dit is die kans om ʼn oggend op jou fiets deur te bring, en dan rustig te ontspan op die gras terwyl jy na van Suid-Afrika se beste musikale talent luister.”
Mboweni se bitter medisyne vir siek SA ekonomie
Tito Mboweni, minister van finansies, het Woensdagmiddag sy begrotingsrede in die parlement gelewer. Staatsbeheerde instansies, verhoging in sondebelasting, brandstofheffings, maatskaplike toelae, datakoste en die omstrede grondkwessie het alles onder die loep gekom.
Kom skryf jou boek onverpoosd in Somerset-Oos…
Woon en skryf vir ’n maand lank in Somerset-Oos: Die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans stel ’n skrywersresidensie bekend.
22 getuies opgeroep ná noodlottige ineenstorting van gebou
Vier mense is dood en nog vier beseer toe ʼn dubbelverdiepinggebou in aanbou op die perseel van Imperial Logistics gedeeltelik ineengestort het op ʼn vragmotor wat in die pad langs die omheinde perseel gestaan het.