Die nuwe klagstaat gee meer besonderhede oor die bedrywighede van wat die Mededingingskommissie as ʼn “manipulasie-kartel” bestempel.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "wisselkoers"
Ekonomiese vooruitsig: SA in ekonomiese gat en blootgestel
Andre Cilliers, direkteur en wisselkoersrisiko-strateeg by TreasuryONE, gee ʼn ekonomiese oorsig en verduidelik wat Maroela Media se lesers van die wisselkoers oor die volgende drie maande kan verwag:
Rand staan sterker
Die rand het vroeër Donderdag weer suksesvol deur die R14-vlak teenoor die Amerikaanse dollar gebreek.Dit is die plaaslike geldeenheid se beste vertoning sedert die einde van April teen die dollar.
Wipwa-rit vir rand tydens begrotingsrede
Kort nadat Tito Mboweni, minister van finansies, in sy 2019-begrotingsrede aangekondig het dat die staat oor die volgende drie jaar nog R69 miljard in Eskom sal pomp, het die rand onmiddellik met 1,8% getuimel.
Ekonomiese oorsig oor 2018: Die jaar van Ramaforie
Na Ramaphosa se aanstelling vroeg in 2018, het die publiek op beter gehoop. Dit is duidelik weerspieël in die rand se aanvanklike bewegings en die uitsonderlike versterking in verbruikersvertroue. Hierdie vertroue het nie sterk deurgevloei na verskeie “harder” ekonomiese metings nie, skryf Gerhard van Onselen.
Rand swakste nóg teen dollar in 2 jaar
Die rand het Maandag die swakste nóg in meer as twee jaar teen die Amerikaanse dollar presteer toe die geldeenheid tot verby die R15-kerf getuimel het.
Hoe beplan ’n mens vir al die ekonomiese struikelblokke?
Die onstuimigheid op finansiële markte die afgelope paar maande het van ons lesers bekommerd gelaat. Verskeie navrae is gerig oor wat in hierdie tye gedoen moet word waar brandstof, kospryse en valuta-onbestendigheid nou ’n daaglikse norm is.
Meer positiwiteit oor die rand
Dit wil ook voorkom of ontleders meer positief oor die rand is.
SA ekonomie bly op die agtervoet
Sacci sê die entoesiasme het begin vervaag ná ’n reeks teleurstellende ekonomiese gegewens die afgelope ruk. Dit sluit die swakker-as-verwagte groeikoers van ’n negatiewe 2,2% wat in die eerste kwartaal behaal is.
SA geldeenheid benodig ’n behoorlike buffer
Ontleders waarsku dat daar nog baie onsekerheid op Suid-Afrikaners wag weens die gewipplankryery van die rand. Daar is veral kommer dat die geldeenheid gaan sukkel weens ’n gebrek aan ’n buffer wat hom kan onderskraag.
Dit sal ekonomie se prestasie in 1ste kwartaal bepaal
Kruger is egter optimisties dat die ekonomie vanjaar nog weer na ’n hoër rat sal oorskakel. Die minister van finansies, Nhlanhla Nene, het reeds laat blyk dat hy die groeisyfer gedurende die mediumtermynbegrotingsraamwerk sal verhoog.
Spar het rede om te glimlag
Twee van die land se toonaangewende kleinhandelkettinggroepe het so pas blink finansiële verslae uitgereik. Tog is daar kommer dat die rand se wisselkoers en styging in brandstofpryse waarskynlik verbruikers se krane kan toedraai.
Nog druk op verbruikersinflasie
Een van die land se voorste ekonome waarsku dat verbruikers hulself sal moet staal vir hoër lewenskostes. Dit is te wyte aan stygende brandstofpryse wat tot duurder kospryse en vervoer lei.
’n Onverwagse hupstoot vir SA ekonomie in eerste kwartaal
NKC African Economics sê dit was die grootste kwartaallikse styging in verbruikerssentiment. Dit is die eerste opname wat gedoen is ná die ANC se nasionale kongres in Desember wat gelei het tot die verkiesing van Cyril Ramaphosa as die land se president.
Oorlog in Sirië ook slegte nuus vir die rand
Die rand en veral Suid-Afrikaanse verbruikers gaan aan die kortste ent trek weens die VSA se volgehoue aantygings oor chemiese wapens wat in Sirië gebruik is in die oorlog teen rebellemagte.
Reserwebank reageer heftig op OB se aanbevelings
Die Reserwebank het gesê die OB se aanbevelings om die mandaat van die bank in die Grondwet te verander is onwettig en val buite haar magte.
Die wisselkoers hou nie van korrupsie nie
ʼn Ontleding van die vertoning van die rand teenoor die Amerikaanse dollar in 2016 vertel ʼn interessante storie oor die valutamarkte se gesindheid teenoor die Suid-Afrikaanse regering.
Styging in brandstofprys verwag
Ná twee maande van dalings, is daar weer hoër brandstofpryse vir Suid-Afrikaners op pad.
ANC sê Zuma het nie rand laat tuimel
Berigte wat ‘n toespraak deur president Jacob Zuma aan die daling van die rand koppel is “ongegrond” het die ANC Vrydag gesê.
Nuuskommentaar: Dollar as kop af met Zuma – maar soek die positiewe
Kort na pres. Jacob Zuma ‘n ongeskeduleerde nuuskonferensie gehou het met die doel om persepsies van vrees oor die ekonomie te besweer, het die rand deur die vlak van R10 teenoor die dollar getuimel.