Die polisie in KwaZulu-Natal het drie verdagtes in hegtenis geneem nadat ʼn sokkerwedstryd op 21 April in die Moses Mabhida-stadion in Durban in chaos ontaard het.
Lees meerAlles vir Dinsdag 1 Mei 2018
Vonke spat by debat oor grondhervorming sonder vergoeding
“Wittes het ʼn huis in Europa, hoekom gebruik hulle dit nie?”
‘Dreigemente’ om hospitaal tot stilstand te bring
“Ek is uiters bekommerd oor die dreigemente. Personeel en pasiënte het vir my gesê dat dit wyd in die hospitaal verkondig word en dit veroorsaak angstigheid.”
ToekomsVenster: Die koninkryk is soos suurdeeg
Trek ’n 10 km radius om die gemeenskap waar julle woon. Identifiseer daardie plekke waar die nood die grootste is. Begin deur te bid, waag dit dan om te gaan en deel te word. Skyn die lig. Begin klein.
24 vir ‘dronkbestuur’ aangekeer
“Al 24 mense wat in hegtenis geneem is, is mans.”
Man se lyk in drein gevind
Die liggaam van ʼn man, vermoedelik in sy 30’s, is Dinsdagoggend in ʼn stormwaterdrein in Bloemfontein gevind.
N3-betoging: Nóg verdagtes vas
“Daar is beslag gelê op kruideniersware soos vleis, snesies en toiletpapier asook vloerteëls toe die polisie Maandag ʼn klopjag in die omgewing uitgevoer het.”
[Video] Leeu gryp man in reservaat
WAARSKUWING: Die video is nie gekik vir sensitiewe lesers en kinders nie
Visserman se liggaam gevind
Die liggaam van die visserman wat sedert Sondag aan die Weskus vermis was nadat die boot waarop hy was omgeslaan het, is gevind.
Ma, dogter se nagmerrie-aand in Heidelberg
ʼn Veiligheidsbeampte het opgedaag en tot die twee slagoffers se redding gekom het.
Nog Lions kan na Gloucester skuif
Moenie verbaas wees nie as daar nog ʼn paar Lionsspelers in die voetspore van Ruan Ackermann en Jaco Kriel volg om hul loopbane in Gloucester onder die afrigter Johan Ackermann voort te sit nie.
Nuuskommentaar: Die Caster Semenya-dilemma
Die manier waarop die Suid-Afrikaanse regering en ander instellings nou tot die Caster Semenya-debakel toetree, hou die gevaar in dat ’n persepsie van rasbeptheid die wêreld ingestuur word – en vir Semenya geen guns bewys nie.
Brendan Peyper en Kie. kraai koning in TV-reeks
Die reeks bestaan uit ʼn stel moeilike uitdagings wat deelnemers se ratsheid, handvaardigheid, koördinasie, uithouvermoë en intelligensie tot die uiterste beproef.
Pta-pa vas vir moord op verstandelik gestremde seun
WAARSKUWING: Die inhoud in die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.
“Hulle het die man aangekeer terwyl hy besig was om ʼn tuisgemaakte waentjie te trek waarin die liggaam van sy seun in swartsakke toegedraai was.”
Man ná aand uit vermoor
“Die verdagte het die man twee keer in sy bors en twee keer in sy rug gesteek.”
’n Onverwagse hupstoot vir SA ekonomie in eerste kwartaal
NKC African Economics sê dit was die grootste kwartaallikse styging in verbruikerssentiment. Dit is die eerste opname wat gedoen is ná die ANC se nasionale kongres in Desember wat gelei het tot die verkiesing van Cyril Ramaphosa as die land se president.
Gedagte vir die dag: Liefde
Werklike liefde is dit: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het … (1 Johannes 4:10)