[Video] Leeu gryp man in reservaat

Die sogenaamde “Lion Mobile”. Foto: Via www.marakeleanimalsanctuary.co.za

[Opvolg] Man deur leeu gegryp: ‘Dis vir ons ʼn dubbele tragedie’

ʼn Video van ʼn man wat in ʼn wildreservaat in Limpopo aangeval word, maak opslae op sosiale media.

In die video kan ʼn mens sien hoe ʼn volwasse man, vermoedelik Mike Hodge, die eienaar van Marakele Animal Sanctuary buite Thabazimbi, in ʼn leeukamp loop voordat hy skielik begin terug hardloop na ʼn bakkie met veiligheidsbuffers op. Hy word deur die leeu aan sy skouer gegryp en etlike meter tot agter ʼn bos ingesleep voordat die leeu hom los. Die leeu gryp hom weer aan sy skouer waarna ʼn mens skote hoor klap.

ʼn Duidelik getraumatiseerde toeskouer het die voorval op ʼn selfoonvideo afgeneem. Dit is nie duidelik hoe die man na veiligheid geneem is nie. Die voorval het na bewering Saterdag plaasgevind.

Volgens berigte is die man in ʼn Johannesburgse hospitaal opgeneem. Sy skouer is glo gebreek en hy is stabiel. Geen verdere inligting oor sy toestand is tans bekend nie. Dit is ook nie duidelik of die leeu geskiet is nie.

Volgens die reservaat se webwerf het Mike en Chrissy Hodge in 2003 met ʼn leeuprojek begin nadat hulle in 1999 van Engeland na Suid-Afrika verhuis het. Die reservaat het sy deure in 2010 geopen om ʼn veilige hawe vir diere te bied en om die toerismebedryf in die omgewing ʼn hupstoot te gee.

Op die webwerf is foto’s van die sogenaamde gepantserde “Lion Mobile” wat toeriste tot naby aan die roofdiere kan bring.

By navraag deur Maroela Media het die wildsreservaat geweier om kommentaar te lewer. Die persoon wat die foon beantwoord het, het aangedui die reservaat beplan om ʼn persverklaring uit te reik, maar kon nie sê wanneer dit gereed gaan wees nie.

WAARSKUWING: Die video is nie geskik vir sensitiewe lesers en kinders nie

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Marica ·

Een vraag. Wat soek die man buite die omheining? Weet hulle nou nog nie dat leeus wilde diere is nie. Ek hoop die man ok.

Paul ·

Van wat ek verneem is Mike Hodge wel die eienaar van die wildreservaat en hy het die leeu met ‘n bottel groot gemaak.

Oom Doug ·

Hi Paul, dis reg hy het die leeu groot gemaak van kleins met n bottle, maar nou is die leeu Groot.
Wens hom alle sterkte, en dat hy gou gesond word.
Ek hoop dat hulle die leeu nie skiet nie

Andre ·

Hoe oud moet ‘n mens word voordat jy leer om nie so iets te doen nie?
Ek hoop die persoon in die video is nie erstig beseer nie.

TDW ·

Is daar enige iemand wat vir my kan sê wat die man wou gedoen het? Ek het gesien een man het die leeu se aandag probeer trek sodat die witman iets kan gaan doen.
En ook of die man ok is?

M'Lady ·

Leeus moet wild in die natuur wees. Nie in klein kampies om toeriste te vermaak nie.

Gertryda ·

Ja nee kyk mense leer nooit
Wildediere is wildediere en nie onse mense se speelmaatjies nie
Gee respek aan die natuur

Phillip ·

Dagsê Gertruida

Ons vra omverskoning vir die vingerfout. Die berig word gewysig.

Groete
Phillip Bruwer, nms Maroela Media

Jj ·

Ja M’Lady, dan wonder ek hoeveel leeus was nog oor. Sterkte aan die familie.

M'Lady ·

Jj, hierdie is ligjare verwyderd van bewaring. Hierdie leeus word gebruik as n toeriste aantreklikheid om geld uit te maak. Niks meer en niks minder nie.

MerriMo ·

Swak teen argument. Meer leeus gaan op wildsplase as in die wild dood. Canned hunting vir trofee jagters is groot geld in ons land.

Piet ·

M’Lady jy mag dalk twyfel of dit het niks te doen met bewaring nie, maar dit het wel tedoen met die voortbestaan van hierdie diere. Toe hulle in die 1960’s jag in Kenia gestop het het ek nie enige groenes gesien plase koop en met wild begin boer nie. Die gevolg was dat daar slegs kommersiele “bewarings gebiede” oorgebly het. Ek plaas dit in aanhaling want volgens my is dit ook nie bewaring as daar 8000 gameviewers en 300 lugballonne per jaar deur ‘n park ry nie. Daar is geen privaat wildsplaas meer oor nie. Dis presies wat julle groenes nog in SA ook gaan veroorsaak. As jy nie uit n wildsplaas kan geld verdien nie gaan julle klomp wat plakate rond swaai en toi-toi beslis nie geld daarin bele nie. Slegs die parke sal oorbly en julle weet mos nou hoe hoog is bewaring op die regering se agenda. As gevolg van die groenes se houding teenoor wildboerdery gaan die regering heel eerste wildsplase teiken vir onteiening. Wat eens die land was wat die grootste deel van sy grond ter wereld aan bewaring gewei het, gaan nie veel oorbly nie. Maak n punt om jou kinders van julle aandeel daarin te vertel.

Nee man ·

Piet, jy praat van “groenes”. Wie of wat verwys jy na?

Paul ·

Die leeubedryf in die land moet ondersoek word, alle sogenaamde ‘plase’ moet gesluit word. Daardie mense kan met mielies of ander gewasse boer. maar DIS GROOT GELD veral in dollar, dit bring die belasting en buitelandse valuta IN. Geen wonder dit gaan in die land soos dit gaan nie.

Stella Farrell ·

Moet asseblief nie die leeu skiet nie!!!! Dis nie die leeu se skuld dat die man wat na hy die plek geopen het, moes geweet het dat mens loop nie net in ‘n leeukamp en dink dat daar niks met hom gaan gebeur nie. Dit was baie onverantwoordelik van hom. Ek voel baie jammer vir die man wat wel seer gekry het en hoop hy is okey.

David Zurnamer ·

Juis. Die leeu het gedoen wat leeus doen. Hierdie man is glo die eienaar maar weet weinig van leeus! Nóóít gee jy rug aan nleeu nie, nog minder hardloop jy. Nie die pragtige dier se skuld nie!

Hasiedrukker ·

Daar word daagliks miljoene beeste, varke, skape, bokke, hoenders en ander diere doodgemaak vir vleishonger mense. Wat maak hierdie leeu meer spesiaal?

PJC ·

Ek moet sê ek sal ook graag wil weet wat hierdie ou van plan was om te doen. Hy stap reguit na die leeu toe en draai dan skielik om en hardloop weg. Ek hoop die arme man het nie te seer gekry nie. Ten minste weet hy nou hoe gevaarlik ń leeu kan wees.

Rooijan ·

Ek weet nie wat hy wou doen nie,maar weet hy gaan dit nie weer probeer nie…

Gerrit ·

Vinnige geldmaak-storie vir sommige, terwyl diere dit moet ontgeld as hul nie “menslik” optree nie.

Zoro ·

Die ouens wil eenvoudig nie luister nie Tazan is lank al dood.

jannie ·

“Die man het die leeu met die “bottel” groot gemaak”…het hy toe wragtig gedink die leeu gaan sy baba bly???……

Netmyopinie ·

My hart breek vir die LEEU! Dood geskiet omdat hy gedoen het wat sy INSTINK hom geleer het. Daar is ‘n rede hoekom die leeu ‘n WILDE DIER genoem word! Bly net uit hulle pad uit man!

bgj van der westhuizen ·

dit is nie in huis kat nie al het jy hom groot gemaak met die hand

Meisie ·

Ons was in Maart maand daar, ons het nog altyd gedink n sanctuary is waar die diere gerehabiliteer word en daarna weer in die natuur vrygelaat word. Nie daar nie, volgens die eienaar word die diere aan dieretuine verkoop. Hy het onder andere diere aan China verkoop.
Daardie leeu wou seker nie verkoop word nie. Arme leeu

Saartjie ·

Nou sal die arme leeu weer geskiet word…. Maar wat soek die man in die leeu se kamp…. Diere word so onregverdig behandel… Hulle kan mos nie praat nie… Hanteer diere met respek hulle is ook God se skepping

Carin ·

Ek dink dis belaglik dat hulle die leeu geskiet het.
Hy net gedoen wat sy instink is.

Kaspaas ·

Het verneem van n’ vriend wat daar was:
Dit is onseker hoekom Mike Hodge buite die voertuig was.
Daar was vleis op die dak van die voertuig, om die leeu tot op die dak te kry, tot groot vermaak van die toeriste.
Een van die toeriste het die leeu met n’ rewolwer doodgeskiet.
Mike het in die proses 2 nek werwels gebreek, sy kakebeen is ook gebreek, en het verskeie krap en byt wonde opgedoen.
Hy is per helikopter na n’ hospitaal in JHB geneem, en daar is reeds Sondag op hom ge-opereer.
Wag nog vir verdere terugvoering…

François Roux ·

Kaspaas, lees my insetsel êrens op hierdie blad. Mike Hodge het dit gereeld as ‘n reël die voertuig verlaat om die hek oop te maak vir die betrokke voertuig.

ZeeBee ·

‘n Mens is nooit te oud om te leer nie, maar in die geval kan ons se” As jy Dom is, moet jy maar voel” Wragtig of hy nou die eienaar is of wie ook al, en of hy die Wilde dier groot gemaak het of nie. Dit sal n wilde dier bly!!!!! Moenie karring aan die natuur nie .

Alida ·

Hy stap asof hy saam met sy honde loop. Dit werk nie so nie. Wilde diere het wilde instinkte. Die mense leer net nie. Daai goed word nie MAK nie. Hulle is WILD.

Lizelda ·

Nou ja, en daar moet die arme leeu vd eienaar se dom astrandheid boet. Verstaan nie waarom hy wou groot meneer speel nie. Wens mense kan die nodige respek aan diere betoon.

M'Lady ·

Piet, jy slaan die spyker op die kop toe jy die naam “wildboerdery” noem. Jy boer met wild om aan jagters te verkoop om te skiet. Dit is nie bewaring nie. Julle kommersialiseer hierdie diere vir eie gewin. So hierdie diere het geen morele waarde nie, maar is daar om geld uit te maak.

Hasiedrukker ·

MLady, daar is niks fout om natuurlike hulpbronne aan te wend vir voedsel, toerisme en werkskepping nie, solank die diere net menslik in hul leeftyd behandel word. Leeus is diere net soos beeste en skape wat geslag word. As jy n morele probleem hiermee het, word n vegitarieer (wat gladnie n slegte ding is nie).

Paul ·

Die etiek sit in mense se kop. Dink dollars dan regverdig dit als. Alle wild”plase”, tronke, kampe, hokke, met leeus in moet gesluit word. Wilde diere is nie vee nie, maar so breinspoel mense hulself.

Alida ·

As die toeriste uitlanders was sal hulle nou ‘n les leer!!! Afrika is nie vir sissies nie. Dit is mos onsinnig om vleis op die voertuig se bak te sit tot die toeriste se vermaak. Dom dom en nogmaals dom. Wilde diere eet in die veld en is veronderstel om hul eie kos te VANG. As hulle wil wilde diere in hul natuurlik omgewing wil sien gaan Kruger toe en bly weg van hierdie plekke af. Die ou man behoort te geweet het as hy omdraai en hardloop gaan hy 2de kom.

Ella ·

Mike het ‘n oordeels fout gemaak en hy is baie jammer daaroor. Hierdie mense is passievol oor wat hulle doen, die diere is in puik kondisie en word met baie liefde en passie behandel, dit gaan beslis nie oor geld nie. As jy oningelig is oor ‘n situasie hou jou mond.

Theresa ·

Sjoe, maar die kritiek teenoor die eienaar van die plek is fel! Wie wat so vreeslik negatief teenoor hom kommentaar lewer het al ooit wilde diere probeer bewaar? Het die plek vroeër die jaar besoek en dit was netjies en die diere puik versorg. Die ouer mense sal Born Free onthou. Ook mense wat leeus groot gemaak het en ook later van tyd kontak met hul gehad het. Dis baie maal suksesvol en ongelukkig soms (soos hier, gebeur iets aakligs). Die martelmetodes wat duisende op diere toepas waar die diere vryelik moet kan beweeg, is baie erger as wat hier met die leeu gebeur het (wel jammer daaroor). Sterkte aan die man – hoop hy herstel volkome.

Paul ·

Leeus is nie vee nie en hoort nie op wilds’plase’ nie, mense wat daarmee ‘boer’ en daardie wat dit ondersteun se etiek sit in die kop. Intussen word daar ook renosterhoring mee handel gedryf, leeu beendere, na die vleis afgekook is, en diesulkes se etiek regverdig dit.

Piet Pompies ·

Leeus is jagdiere en opertuniste, hier het die mens ingemeng met die grootword van ‘n wilde dier. Al voer jy ‘n wilde dier met ‘n bottel bly hy ‘n wilde dier, hy het ingeboude instinkte, een daarvan is om prooi te jag. Prooi hardloop gewoonlik weg en word gevang en opge-eet. As ‘n leeu eers eenkeer mensvleis of mens bloed geproe het is hy op sy lys van kos, dit is hoekom leeus wat mense gevang of gebyt het van kant gemaak. Die nuwe menu word oorgedra in die bloed lyn. Ek voel jammer vir die gesin en familie, neem liewer ingeligte besluite.

M'Lady ·

Hasiedrukker, daar is n groot verskil tussen “domesticated” diere soos varke, beeste en skape en leeus wat wilde diere is. Ja, en ek is n vegetarier.

Azeldi van Tonder ·

Dis jammer dat mens nie iemand wysheid kan leer oor komentaar nie.
Die wat wil hoor kan nie en die wat kan wil nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.