Video: Pret met aanlyn leer

EZlearninglive is ʼn aanlyn platform wat leerhulp aanbied vir leerders vanaf Graad 0 tot Graad 3. Die lesse kan teen die kinders se eie tempo gevolg word en is daarop gemik om lesse wat in die klas behandel word, te herhaal.

Elke les is KABV-belyn, en bestaan uit videomateriaal wat die inhoud van die les uitbeeld deur middel van ʼn storie. Klem word gelê op taalgebruik en terminologie wat elke dag in die klas gehoor word. Die lesse word aangevul deur aktiwiteite wat in die vorm van interaktiewe speletjies aangebied word. Aan die einde van die les word die speletjie geassesseer en ʼn punt word verskaf. Elke les kan meer as een keer deurgewerk word vir optimale vaslegging.

ʼn Drukbare werkkaart word by elke les aangeheg, om die leerders aan te moedig om onafhanklik die oefeninge te herhaal. Alle werkkaarte word verskaf deur Wolfie Design. Die programme is van so ʼn aard dat die leerder enige tyd met ʼn les kan begin en dit teen eie pas kan voltooi. EZlearninglive het sy ontstaan gehad in 2017 toe die behoefte aan aanlyn hulpmiddels in die skoolomgewing geïdentifiseer is, omdat onderwysers se tyd die laaste paar jaar al hoe meer beperk geword het.

Kinders wat bykomende hulp verlang wil ook graag soms by die huis voortgaan om sekere konsepte in te oefen. EZlearninglive verskaf dit deur middel van video’s, aktiwiteite, assessering en werkkaarte, alles in een.

Lesse word maandeliks bygevoeg teen slegs R149 per maand per graad!

EZlearninglive se aanlyn stoor bied ook tabletrekenaars en skootrekenaars aan vir aanlyn lesse.

Alle tablet- en skootrekenaars word gesluit vir die veiligheid van leerders sodat hulle slegs EZlearninglive se aanlyn platform kan besoek. Ouers is in beheer van watter webtuistes en toepassings op die tablet- en skootrekenaars geïnstalleer word.

Daar is ook ʼn opsie vir skole wat van EZlearninglive se aanlyn platform gebruik wil maak met ʼn  algehele pakket vanaf 5 tot 30 tabletrekenaars, ‘n klein kragtige rekenaar en versender (“router”), alles netjies verpak in ʼn herlaai staalkas of tas van School in a Box.

Alles beskikbaar op die webtuiste!

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.