Vreemde, vreemde versekeringseise…

 Motor_swembad_reddit_com-2.jpg

Foto: reddit.com

Die lewe is onvoorspelbaar – juis daarom neem ʼn mens versekering uit. Maar sommige versekeringseise is vreemder as fiksie.

Allasandra Hulushé, spanbestuurder van die eise-afdeling by Virseker, vertel dat daar al ʼn paar vergesogte versekeringseise op haar tafel beland het.

“Een van ons kliënte het geskakel om ʼn eis in te dien vir haar yskas wat ophou werk het. Sy het op haar polisdokumentasie gesien sy kan vir bedorwe voedsel eis en wou toe eis vir haar borsmelk wat suur geword het as gevolg van die insident. Wat kon ons sê? Die eis is uitbetaal,” onthou sy.

Virseker kry ook heelwat kliënte, veral die ouer garde, wat hul valstande verloor het en dan vir ʼn nuwe paar eis. “Net so bel mense om te vertel dat hulle hul gehoorstukke verloor het, maar ai, dan sukkel ons om die eis te registreer want hulle kan ons nie lekker hoor nie,” skerts Allasandra. Dié soort eise val gewoonlik onder gespesifiseerde/ongespesifiseerde goederedekking.

Foto: Pixabay.com

Teëspoed van ʼn ander aard het ʼn ou oompie op ʼn dag getref terwyl hy deur die Karoo gery het. Sy voertuig het ʼn bees getref en hy wou van die versekering eis. “Ons vra hom toe om die insident vir ons te beskryf, waarop hy antwoord: ‘Ek het so lekker gery, en ewe skielik toe spring daar ʼn groot koei op my bonnet!’ Die konsultant kon skaars sy lag hou oor dié bonsende bees wat skynbaar ewe aspris op die kar beland het. Sy eis is goedgekeur as standaard ongeluksdekking.”

tom-Jones_borshare_Foto-Cyber-Breeze.jpg

Die sanger Tom Jones was so trots op sy borshare dat hy dit vir ʼn allemintige $7 miljoen verseker het! (foto: Cyber Breeze)

Terwyl die meeste mense versekering op hul huise, voertuie of huisinhoud uitneem, het ʼn paar bekendes oor die jare heen al opspraak gemaak met dít wat hulle waardevol genoeg ag om te verseker. Die sanger Tom Jones was so trots op sy borshare dat hy dit vir ʼn allemintige $7 miljoen verseker het, terwyl Jennifer Lopez versekering van $27 miljoen op haar agterstewe uitgeneem het. Net so het die voedselkritikus Egon Ronay besluit dat sy smaakkliere belangrik genoeg is om versekering daarop uit te neem – vir die ongelooflike bedrag van $393 000.

Tog tref teëspoed ook vir Jan Alleman op ʼn daaglikse basis – soms heel letterlik!  In Hawaii het ʼn man ʼn versekeringseis ingedien nadat hy op ʼn openbare sypaadjie geloop het toe ʼn kokosneut hom teen die kop getref het. Sy eis is goedgekeur en uitbetaal.

jennifer-lopez.jpg

Jennifer Lopez het versekering van $27 miljoen op haar agterstewe uitgeneem (foto: Invision/AP)

In ʼn ander insident het ʼn inbreker sy moses teëgekom toe hy by ʼn paartjie wat vir ʼn week weg was met vakansie, se huis ingebreek het. Hy wou deur die motorhuis ontsnap het, maar het homself per ongeluk daarbinne toegesluit en moes vir ʼn week lank van hondekos leef. Die boef het ontsnap toe die paartjie tuiskom, maar het hy daarna ʼn versekeringseis teen die huiseienaar ingedien vir wat hy “geestelike foltering” genoem het. Die eis van $1 miljoen is sowaar aan hom toegestaan.

Allasandra vertel dat, hoewel hulle soms met vreemde en selfs snaakse eise te doen kry, die meeste van die eise glad nie aangenaam is nie. Sommige is trouens nogal baie traumaties, vir die kliënt én die konsultant.

Mense gebruik versekering hoofsaaklik in tye van nood: ʼn Inbraak, ʼn voertuigongeluk of -diefstal, ʼn geiser wat skielik bars, ʼn verlore selfoon, ʼn glas water wat op die skootrekenaar geval het. “Hoewel dit nie altyd aangename eise is nie, is ons konsultante by Virseker altyd reg om bystand aan ons kliënte te verleen, in hul eie taal. Dit help ook baie dat ons telefonies werk, want dit gee die kliënt ʼn geleentheid om oor die voorval te praat, wat hulle help om die tragedie te verwerk,” sê Allasandra.

Afrikaans lê Virseker na aan die hart. Daarom is die Virseker Trust geskep – om die welvaart en voortbestaan van Afrikaans te verseker. Die Trust skenk beurse aan studente wat in Afrikaans gaan onderwys swot, asook aan verskillende Afrikaanse onderwysinstansies. ʼn Gedeelte van lede se premies word maandeliks in die Trust geplaas en sodoende help Virseker-polishouers ook om Afrikaans te bevorder.

Virseker staan polishouers in hul uur van nood by en bied opregte en eerlike dekking, in Afrikaans. Polishouers kan ook hul polisse self bestuur, eise indien en dokumente aflaai – alles aanlyn.

  • Maroela Media en die Virseker Trust werk saam om Afrikaanse onderwys en ander Afrikaanse inisiatiewe te ondersteun. Kry ʼn verpligtingvrye Virseker-kwotasie.
  • Virseker is ʼn produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy, ʼn gemagtigde finansiëlediensteverskaffer. B’s & V’s geld. (FDV-lisensienommer: 16354)

Wen ʼn bootreis!

Neem deel aan Maroela Media se kompetisie en staan ʼn kans om ʼn bootreis saam met Groot FM te wen. Bepalings en voorwaardes geld. Lees meer.

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.