Wie’t nou lus vir wegbreek in die winter? Winter is ’n tyd vir hiberneer en voor die kaggelvuur sit met ʼn beker Milo… Of so het jy gedink! Buiten al die lekker winter-afslag wat jy op LekkeSlaap kan kry, is die winter ook die beste tyd om te gaan wild kyk! Miskien het jy nog altyd jou wildkyk-wegbreek uitgestel ─ die wild is in jou eie land, jy kan enige tyd op safari gaan, en dis hoekom jy dit nog nooit gedoen het nie. Laat LekkeSlaap jou bietjie vertel waarom die bibber-seisoen die beste tyd is vir wildkyk. Langs die pad wys ons jou ook sommer waar die snoesigste blyplekke is sodat jy jou nie oor die koue hoef te bekommer nie.
1. Minder blare
Het welige plantegroei al ooit tussen jou en daai wenfoto van ’n groot kat gestaan? As ʼn onbelemmerde uitsig op skugter wild vir jou belangriker is as weerligstorms en groen bosse, hoort jou kamera en jou warm jas in dieselfde tas.
2. Minder water, groter troppe by watergate
Omdat dit nie reën nie is die wild meer aangewese op watergate so die veldgidse weet presies waarheen om te ry.
3. Minder muskiete
Muskietbyte en deur-die-slaap-herinneringe aan die vlieënde wetters in skril wentelbane om jou kop, is die lááste twee dinge wat jy moet onthou van jou wildkykvakansie. Muskietgetalle val saam met die kwik, so jy sal saans rustig en snoesig kan slaap.
4. Middel-van-die-jaar-moegheid
Moegheid bekruip mens soms soos ’n roofdier en hou nie altyd by die kalender nie. Miskien is ’n paar dae in die Bosveld al wat jy nodig het om die tweede helfte van die jaar met nuwe krag aan te pak.
Beleef rus en vrede in die natuur by NDzuti Safari Camp. Vergeet saans van al jou sorge langs die boma-vuur en gaan soek die Groot 5 bedags.
5. Wildsvleis voor die kaggel
Mense tuur al vir duisende jare na vure terwyl hulle wag vir die wildsvleis om gaar te word. Niks verdryf die koue en die bekommernis soos ’n kaggelvuur nie. En as mens boonop weet ’n stukkie wildsvleis is op pad, kan die lewe mos nie veel beter nie!
Hoyo Hoyo Safari Lodge bied ’n kaggelvuur- en wildbelewenis in die Krugerwildtuin. Hiér word jy voorgestel aan die Tsonga-leefstyl en -kultuur en bederf met luukse akkommodasie.
6. Laatnagkuier om die vreugdevuur
Die Bosveld is gemaak vir ’n vreugdevuur. Die tipe samesyn rondom lang vlamtonge teen die helder Afrika-hemel met sy miljuisende sterre kan nie sommer geklop word nie. Beleef die Bosveld dié winter soos dit hoort ─ rondom ’n boma.
By Motswari Privaat Game Reserve word jy bederf met ’n safari-ervaring uit die boonste rakke. Die dekor sluit perfek by die bos aan en daar is glad nie ’n tekort aan doendinge nie: van begeleide wandelings in die bosveld tot oornagstaproetes en wildritte.
7. Vuurwarm winteraanbiedings
In die winter is dit nie net die temperature wat daal nie, die pryse mik ook suid. Aktiveer net die “Net Spesiale Aanbiedings”-filter op LekkeSlaap en siedaar ─ al die warm winteraanbiedings verskyn voor jou oë!
Kry 10% afslag tot 31 Augustus by Grand Kruger Lodge. Gaste word bederf met heerlike Afrika-geregte en die lodge spog ook met gekwalifiseerde wildbewaarders en oop wildkykvoertuie.
Kry 20% af vanaf 29 Julie tot 13 Augustus by Leeus Villa in Marloth Park en hou jou oë oop vir die tierboskat en meer as 300 voëlspesies.
Kry 45% af by Nyumbani Estate Bush Lodge tot 31 Augustus, beleef ’n safari-piekniek en sluit aan by ’n opvoedkundige boswandeling.
Lekker wenke vir jou wildkykwegbreek:
● Maak seker die grondpad na jou bestemming is begaanbaar.
● Vroegoggend-wildritte is bibberkoud, so pak genoeg warm klere in.
● Voorkom teleurstelling deur navraag te doen oor die tipe wild en wildritte wat beskikbaar is.
● Vind uit hoe ver jou blyplek van ’n dorp af is en pak proviand as dit te ver is.
● Hou by die somerreënvalstreke, so mik noord.
Verruil dié winter jou beker Milo vir ’n verkyker, jy sal nie spyt wees nie!
Let wel: Spesiale tariewe is slegs beskikbaar vir gaste wat deur LekkeSlaap.co.za bespreek.
Hierdie artikel is verskaf deur Lekkeslaap.co.za en is opgestel deur Herman Botha.