Skei maak seer: Geluk ná egskeiding


skei-maak-seer

Johan de Lange se boek ‘Skei maak seer’ is beskikbaar by Carpe Diem Media en ook as ‘n e-boek. Foto: Cumbooks.co.za

“Daar was duidelike punte op die tafel van wat sou gebeur as ons skei. Ons kon sien wat sou die nagevolge wees, maar die egskeiding het steeds gebeur en daar was steeds pyn waarvoor jy jou nie kon voorberei nie. My sielkundige het vir my gevra: ‘Waarna sien jy uit nadat jy geskei het?’ ‘Wel, ’n NUWE BEGIN,’ het ek geantwoord. Maar my sielkundige het sy kop geskud: ‘Jy kry ’n nuwe begin, maar jy is baie ouer en jy verloor so baie in die proses.’”

  • Johan de Lange is ’n man, pa en bekende oogspesialis. Dit het hom 10 jaar geneem om emosioneel van sy egskeiding te herstel. En nog byna 10 jaar om by ’n nuwe lewe aan te pas. In hierdie reeks gesels hy oor sy egskeiding en wat hy daaruit geleer het. Sy boek, Skei maak seer, is beskikbaar by Carpe Diem Media en ook as e-boek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Elsabe

Ek stem saam, finansieel verloor mens baie, maar emosioneel kan jy egter baat. Ek is 6 jaar gelede na 32 jaar se huwelik geskei – dit was seker die moeilikste stap van my lewe. Omdat daar nooit kinders was nie, was die alleenheid soms oorweldigend. Ek het egter besef dat die eensaamheid wat ek in my huwelik ervaar het, erger was as die alleenheid na my egskeiding. Met die tyd kom aanvaarding en vergifnis en dan ‘n diepe vrede. Dit het my ‘n sterker mens gemaak en ‘n dieper insig en empatie vir ander mense se swaarkry gegee (dit is… Lees meer »

CH

Ek was gister 15jaar geskei……met Genade van Bo heel anderkant uitgekom.
Beste ding ooit wat met my kon gebeur het. Daar is ‘n lewe na egskeiding.

Lewies

Egskeiding is niks anders as geweld nie, of jy nou beter daaraan toe is na die tyd of nie. Dit gaan nie oor die mens nie, maar oor die eer van die “Insteller” van die huwelik. Her-trou na ‘ egskeiding word verbied, behalwe onder sekere omstandighede. As jy oor die verkeerde redes skei en weer trou is jy besig met hoerery. Nege en negentig persent van alle huwelike word vernietig deur “afgode” waarvan mamon , seker die belangrikste is. God openbaar Homself as ‘n jaloerse God. Torring jy aan die verhoudingsdriehoek nl. “GOD” wat altyd in die boonste hoek van… Lees meer »