Gedagte vir die dag: Altyd ’n uitweg

Stiltetyd-5.jpg

Foto verskaf aan Maroela Media

Onthou, die versoekings wat oor julle pad kom, is nie uniek nie; ander ondervind dit ook. God is getrou. Hy sal keer dat die versoeking te sterk vir julle word. Midde-in die versoeking sal Hy vir ’n uitweg sorg sodat julle dit kan verduur. (1 Korintiërs 10:13)

Die Bybel leer ons dat een van Satan se grootste doelwitte is om jou te verlei om sonde te doen – hoewel jou eie selfsugtige neigings vir seker sy pogings makliker maak. Net soos ’n haai aangelok word deur bloed, so word die duiwel aangelok deur jou swakhede.

Die sleutel is om vas te stel waar jy die kwesbaarste is – waar jy die maklikste geneig is om te sondig. Vra dan vir God om jou spesifiek in daardie areas te versterk. Hy belowe om jou te help veg teen die sonde en om Satan se aanslae te weerstaan wanneer hy jou weer aanval.

In watter area van jou lewe is jy die meeste geneig om verkeerd op te tree?

Bron: Op vaste rots
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Yvonne ·

My geloof ….dat God sal voorsien op Sy tyd nie myne nie…dankie Here dat U my versterk..In Jesus Naam..Amen

Johan ·

Om in absolute gehoorsaamheid op te tree en te doen tot God se eer.

Vrede & vreugde

Vonny ·

Die Duiwel dink hy is magtig
Maar…
Ons dien n ALMAGTIGE GOD!
HALLELUJAH!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.