Christene in Sirië: Gebed is kragtig

sirië

Argieffoto van Sirië.

Sirië se voortslepende burgeroorlog het die land ʼn broeines vir die vervolging van Christene gemaak. Die onluste, wat begin het om te bedaar, is vererger deur die ekonomiese krisis wat deur Covid-19 veroorsaak is. Talle Christene is steeds ontwortel of is vlugtelinge in ander lande as gevolg van meer as ʼn dekade van oorlog en stygende Islamitiese ekstremisme.

In die noorde van Sirië het ʼn aanval deur Turkse magte laat in 2019 groter onstabiliteit veroorsaak, en dit word klaarblyklik deur sommige Islamitiese ekstremiste gebruik as dekmantel vir geleenthede om Christene te teiken.

In gebiede wat deur Islamitiese ekstremistiese groepe beheer word, is die openbare uitdrukking van Christenskap verbode. Daar is op die meeste kerke beslag gelê of dit is vernietig.

In regeringsbeheerde gebiede is hierdie bedreiging minder – maar daar is steeds ontvoerings van jong Christene en Islamitiese afvalliges, insluitende Isis-militante, is steeds aktief.

Christene vanuit ʼn Moslem-agtergrond is ook kwesbaar en ervaar druk van hul families en gemeenskappe, wat bekering uit Islam as oneerbaar sien.

Bid asseblief dringend, want gebed is kragtig en beteken grensloos baie vir die Christene. Besoek Geopende Deure se webwerf vir meer inligting of SMS die woord “Maroela” en jou naam 43699 om ʼn gebedsvennoot van dié organisasie te word.

(Argieffoto: Geopende Deure)

Bid vir Sirië:

  • Bid vir Siriese Christene om in staat te wees om terug te keer na hulle huise, families, gemeenskappe en lewensbestaan, en vir God se volgehoue herstel vir diegene wat reeds teruggekeer het.
  • Bid vir Siriese gelowiges om die lig van hoop in Sirië te wees, en troos en wysheid te voorsien aan dié wat ly weens trauma of die tekort aan kos en hulpbronne.
  • Bid vir die Woord van God om Sirië te vul en dat mense nuwe vreugde, krag en hoop sal vind wanneer hulle daarop fokus.

Hoe help Geopende Deure Christene in Sirië?

Geopende Deure-vennote in Sirië ondersteun en versterk die kerk in die land deur Bybelverspreiding, dissipelskap- en leierskapsopleiding, traumaberading, en ondersteuning en die rehabilitasie van interne ontwortelde Christene en vlugtelinge.

Geopende Deure sê dankie dat jy vandag saam met ons familie in Sirië staan, en dankie dat jy aan jou familie in Christus wys dat al word hulle vervolg hulle nooit alleen is nie.

  • Maroela Media het met Vicky Kente van Geopende Deure gesels oor die krag van gebed. Sy het verduidelik dat gebed ʼn werklik verskil vir vervolgde Christene maak in ʼn land soos Sirië en ʼn getuienis hieroor gedeel. Luister na die volledige gesprek bo-aan hierdie berig.

Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is. – RED

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Porseleintjie ·

Geen ding is onmoontlik by God nie. Waar Hy werk kan niemand keer nie. Die gebed van n gelowige het groot krag. Mag God se kinders wereldwyd vir ons mede broers en susters bid.

Shakespeare ·

God is kragtig om alle sataniese vestings af te breek. Amen

Misky ·

Duidelik is hier ‘n antichris onder ons as ek so na al die afduimpies kyk.

Belinda ·

Ai dis hartseer. Ek sal wel hul in my gebedes opdra.
Ek sit met trane in my oe om te dink dat my kinders en eendag hul kinders, in hierdie onheilige sameleweing moet groot word.

God, hou asb U kinders wat U loof, veilig van die antichris. Daar is soveel afleidings wat hul op die verkeerde pad kan lei. Gee hulle die wysheid om die pad reg te stap en U te loof en prys deur goeie en moeilike tye.
Here, bring vrede aan die mense wat met geloofsverskille deel, U is die allerhoogste God en ek bid vir vrede vir die mense in Sirie, dat hul veilig kan wees en die vrymoedigheid kan he om U te kan aanbid.
Amen.

Anna-marie ·

Ek hoop daar word darem vir Suid_Afrika ook gebid, vir wat hier aangaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.