Gedagte vir die dag: Deel van die kruisbrigade

vyeboom

Foto: Reint Dykema.

Hy het vrede kom verkondig vir hulle wat ver is, én vir hulle wat naby is. (Efesiërs 2:17)

Hierdie tyd van die jaar is niemand meer lus vir diep gesprekke nie. Die jaar was moeilik. Tans is dit afskakeltyd vir vele.

Die lewe gaan egter aan, ook hier in Suid-Afrika. Vandag is dit ook die dag van versoening. Vir vele Suid-Afrikaners is versoening egter net ’n hersenskim. Of is dit? Wel, dit hang af van ons elkeen. Die grensdrade tussen verskillende kulture, tale en rasse is steeds te hoog. Mag die Here ons oë oopmaak om mekaar as regte mense raak te sien en nie as objekte nie. Mag die Here se liefde ons harte opnuut aanraak om mekaar as sy handewerke te ag. Aan die kruis het Christus die muur van skei ding tussen Jood en nie-Jood afgebreek. Kom ons herbou dit nie weer nie. Ons wat sê dat ons in die Here glo, moet juis die pad na mekaar toe korter en veiliger maak.

Versoening veronderstel dat vyandskap uit die weg geruim is. Versoening vertel dat gewese vyande uiteindelik vrede gemaak het en dat mense wat in konflik met mekaar geleef het nou in vrede saamleef. Bybelse versoening begin altyd by die kruis van Christus. Paulus vertel in Efesiërs 2 dat Hy daar ook versoening gemaak het tussen mense vanuit verskillende volke. Die skeidsmuur tussen Jood en nie-Jood is daar finaal afgebreek. By die kruis het Christus ’n nuwe volk tot stand gebring, een waar rasse-verskille nie meer tel nie. Ook is statusverskille en geslagtelike verskille by die kruis van Christus gerelativeer. Nou word mense se waarde nie meer hieraan gemeet nie. Nou is Christus alles en in almal. Dit is hoog tyd dat Christene hierdie versoeningsboodskap ernstig opneem en die vrede van Christus hardop uitleef in Suid-Afrika.

Bron:
Blydskap wat bly deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Vra maar net ·

Pragtige boodskap en so waar. Maar is n gelofte wat gebreek is nie ook een van die redes vir ons volk as christene se ondergang nie.

Cecilia Steyn ·

Vlieg in jou dinges in met jou versoeningsdag. Dis GELOFTEDAG!!!!!!!

Skybird ·

Wil graag uitvind, wie is die man alleen wat deur die land (SA) loop met sy HoutKruis ? Hy was gister in Carletonville. MM hoop jul kan hom opspoor en vir ons lesers ń mooi storie kry. Ek self was nie daar, vriend het foto op WhatsApp gestuur.

M'Lady ·

Geloftedag bly Geloftedag en dis hoe dit herdenk moet word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.