Suid-Afrikaners het Sondag grootliks tot die oorwinnings van twee klubs in die reeks om die Europese Kampioenebeker bygedra.
Lees meerAlles vir Sondag 16 Desember 2018
Demi-Leigh groet as Mej.Heelal: ‘Dankie is nie genoeg nie’
Nel-Peters sal binne ʼn paar uur die gesogte kroon aan haar opvolger oorhandig wanneer die kroningsgeleentheid in die Impact-arena in Bangkok, Thailand, plaasvind.
Krieket: Jozi Stars is die kampioenspan
Die eerste Mzansi Superliga se kroon word deur die Jozi Stars van Johannesburg gedra. Die Stars het die Cape Town Blitz met agt paaltjies in die eindstryd geklop.
Sun City steeds besig met opruimingswerk
Sun City sê sowat 200 hotelkamers is deur die skade geraak en gaste moes in nabygeleë gastehuise gehuisves word. Geen nuwe gaste word tans toegelaat om in te boek nie.
Gholf: SA’ners dun gesaai in eindronde
Die laaste ses toernooie op Leopard Creek is deur Suid-Afrikaners gewen. Vanjaar kon egter net 26 Suid-Afrikaanse spelers vir die laaste twee rondes kwalifiseer.
Twee dood ná tien aanvallers op plaas toeslaan
ʼn Boer en sy seun was omstreeks 08:50 besig met instandhoudingswerk op die plaas toe tien mans daar opgedaag het onder die voorwendsel dat hulle sake wil doen.
Kapingslagoffer uit kattebak gered
Polisiebeamptes het die voertuig met drie insittendes agternagesit en die verdagtes het naderhand stilgehou en te voet verder gevlug.
Groot verbasing oor Chris Chameleon se ‘donker geheim’
“Die tyd is nou, die waarheid moet aan die lig gebring word. Ek het lank genoeg stil gebly.”
BLF: ‘Twitter, Google probeer ons stilmaak’
Black First Land First het uitgevaar teen Facebook, Twitter en Google en beweer dié tegnologiereuse is polities bevooroordeeld en probeer die party en sy leier, Andile Mngxitama, “stilmaak”.
Deurbraak ná Bonnievale-plaasmoord
Piet en Elmien Steyn is Vrydag dood in hul huis op ʼn plaas in die Bonnievale-omgewing in die Wes-Kaap aangetref.
1838 en 2018 – Twee dramatiese jare oor grond
Hierdie artikel is ’n opsomming van die toespraak wat dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, op Geloftedag by die Brits Geloftefees gelewer het:
Sun City sê oor skade ná fratsstorm
Sun City het Sondagoggend die situasie by die oord as “ernstig maar onder beheer” beskryf nadat ʼn massiewe haelstorm die gewilde vakansiebestemming Saterdagmiddag getref het.
Nuuskommentaar: Versoeningsdag steeds bederf
Pres. Cyril Ramaphosa se eerste Versoeningsdag in die amp het maar bra wanklankig begin. Dit, nadat daar met sy verkiesing, eers tot president van die ANC en daarna tot staatspresident, nog optimisme was dat hy die skade wat sy voorganger aan rasseverhoudinge in die land aangerig het, sou omkeer.
Nog 9 lewens op paaie geëis
Nog nege mense, onder wie ʼn kind, het Sondagoggend gesterf in twee verskillende padongelukke.
Baba by padblokkade gebore
ʼn Babadogtertjie het Sondagoggend kort ná middernag onverwags haar opwagting by ʼn padblokkade tussen Beaufort-Wes en Laingsburg in die Wes-Kaap gemaak.
Man met R700 000 se dwelms betrap
Beamptes van die Ekurhuleni Metropolisie het vinnig gereageer nadat hulle die wenk ontvang het.
Een dood, 9 beseer toe voertuie trompop bots
“Nog drie insittendes, onder wie ʼn baba, het ernstige beserings opgedoen.”
Video en foto’s: Haelstorm rig groot skade by Sun City aan
Foto’s en video’s wat op sosiale media gedeel is, wys onder meer hoe water en haelkorrels by ʼn hoteldeur instroom en hoe gedeeltes van die plafon van een van die geboue ineenstort.
Podlitiek oor Geloftedag: Ons eie erfenis en die plek van die Afrikaner in Afrika
Hierdie episode is bedoel om die luisteraar te laat dink, te laat saamstem, of te laat verskil. Luister gerus na hierdie spesiale Geloftedag-episode van Podlitiek!
Gedagte vir die dag: Deel van die kruisbrigade
Hy het vrede kom verkondig vir hulle wat ver is, én vir hulle wat naby is. (Efesiërs 2:17)