BLF: ‘Twitter, Google probeer ons stilmaak’

YouTube het die video van Andile Mngxitama se omstrede uitsprake tydens ʼn byeenkoms in Potchefstroom verwyder. (Skermskoot)

Black First Land First het uitgevaar teen Facebook, Twitter en Google en beweer dié tegnologiereuse is polities bevooroordeeld en probeer die party en sy leier, Andile Mngxitama, “stilmaak”.

Dit kom nadat YouTube ʼn video verwyder het van Mngxitama se omstrede uitsprake tydens ʼn byeenkoms in Potchefstroom waarop hy gesê het die party sal vir elke swart mens wat doodgemaak word vyf wit mense doodmaak. Mngxitama het ook gedreig dat wit mense se vroue, kinders en diere doodgemaak sal word.

Die skakel na die video, wat opslae veroorsaak het en wyd op sosiale media versprei is, lei nou na ʼn swart blok waarop daar staan dat die video verwyder is omdat dit YouTube se beleid rakende haatspraak oortree.

Ook Twitter het vinnig teen Mngxitama opgetree deur sy Twitter-profiel te vries en later heeltemal te verwyder.

Die omstrede Mngxitama het hom egter nie van stryk laat bring nie en het vinnig ʼn nuwe profiel geskep, net met ʼn ander Twitter-naam. “Ek is terug! My profiel is opgeskort, maar ek is terug! Niemand sal my keer nie!” het hy op 12 Desember getwiet.

Dit sal hom egter klaarblyklik ʼn ruk neem om weer die Twitter-volgelinge op te bou wat hy voorheen gehad het – teen Sondagmiddag het slegs 427 mense sy nuwe profiel gevolg.

Intussen het BLF in ʼn verklaring gesê Facebook, Twitter en Google wil net “die radikale stem van BLF onderdruk”. Die organisasie gaan dan weer eens voort om Mngxitama se rassistiese uitsprake te verdedig as blote reaksie op “aanhitsing van geweld teen swartes” deur die sakeman, Johann Rupert.

Andile Mngxitama, president van die BLF. Foto: ANA.

BLF voer aan dat Rupert in ʼn onlangse onderhoud met Given Mkhari op die Chairman’s Conversation-program gesê het hy “het sy eie weermag en dat die taxiverenigings sy sakevennote en ook sy private burgermag is”. Die organisasie meen Rupert het gedreig om swart-teen-swart geweld te ontketen.

“Wanneer Mngxitama reageer op Rupert se dreigemente van geweld om die volksmoord op swart mense stop te sit, verwyder YouTube die inhoud. Google moedig dus deur middel van YouTube Rupert se aanhitsing van swart-op-swart geweld aan. Ons sien dat Google sy reëls op ʼn onregverdige en onewehandige manier toepas rakende watter inhoud toegelaat en watter van YouTube verwyder word,” lui die BLF se verklaring.

Die organisasie sê verder dat die tegnologiereuse eerder instrumente van beheer is as platforms wat vryheid van spraak bevorder. Hulle voer verder aan dat Google algoritmes gebruik om die wenners en verloorders van lande se verkiesings te bepaal en dat die maatskappy “die kapitalistiese imperialistiese magstruktuur handhaaf”.

Die organisasie sê hy sal Google direk kontak en daarop aandring dat die verbod op die video opgehef word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Anarchy ·

What seems to amaze me is, and I cannot get my head around this, how is it always the white peoples fault that the black people cannot be successful and happy, this hate that they have is canceres, and its this hate that will destroy this country and its own people.

Faan ·

Its a very convenient way of living. Its NEVER your fault. When you bump the company car, someone bewitched you. If you cannot make it in businesm its WMC. There will always be an excuse

Stephen Namibia ·

He acknowledges that they cannot function without white capital!

Anarchy ·

What is white capital??? There is no such thing, its only successful people that worked hard to build something….and he just wants it for nothing???….what a leader he will be to his people, leading them straight into starvation and death.

Anoniem ·

Laat alle haatspraak, dieselfde gewig dra en dienooreenkomstig dieselfde STRAF kry ! Maak die speelveld gelyk ! Verkeerd is verkeerd ongeag die politieke agtergrond ! Is dit so moeilik om te verstaan of sal die dubbele standaarde voortduur ?????

Anarchy ·

How do you wanna be a leader of people, but you carry so much hate and anger, it will be a path that leads nowhere. Only a fool would lead someone like that.

Spikkels ·

Dink die hofnar Google gaan hul aan hom steur. Hul magtiger as die versteurde BLF.

leser ·

een van die dae gaan adam en eva ook die skuld kry vir alles

Johanna Botha ·

In zim het hulle dan net mooi alles gekry ek kyk waar sit hulle vandag ????? as daar maar net n pil was vir domheid …maar daar is nie …leer selfs nie eers uit ervaring nie ! Altyd iemand anders se skuld !

Marisa ·

Die vermetelheid! Nee kyk, mens kan net jou kop in ongeloof skud. Dom astrant verby. Hy hits openlik geweld aan deur mense te dreig en dan WONDER hy nog waarom dit gesensor word… Dan wil ons agbare president nog in die bres tree vir hierdie narre deur te se dat swart haat geregverdig a.g.v die verlede. Indien Mnr Ramaphosa enigsins sy titel werd was het hy die uitsprake veroordeel en NIE gesinspeel dat blankes die oorsaak hiervan is.

Ons gaan NERENS kom solank daar dubbel standaarde heers en sulke haatdraende figure ongestraf bly. Ek het egter nie veel hoop dat dinge gaan verander.

Wessel ·

…. Dis heerlike lente, die winter’s verby ….. holla driooo … holla drioooo!

kolla ·

Wel, sodra hy weer ‘n rassistiese stelling maak op een van die platvorms, moet ons dadelik kla. Hou hom met ‘n valkoog dop.

Cherokee ·

Jy is 100% reg, JG Pretorius. Die media, Afrikaanse media ingesluit, dra hom nou en adverteer hom soos met Malema. As hulle van beter geweet het, sou hulle besef watse magtige swaard die media werklik is. Hulle kan hom dooier swyg, as sy dreigemente teen die wit bevolking.

Anoniem ·

Die internationale platvorms Youtube en Twitter beskou sy uitlatings as haatspraak – en hulle het niks te doen gehad met apartheid nie. Sou die MRK hom nie skuldig vind en behoorlik straf nie, kan mens die saak gebruik om aan die wêreld die regering se dubbele standaarde bloot te lê.

RG ·

FB en Twitter probeer hom beskerm. Waarom word hierdie rassisme gesmoor terwyl die wêreld dit moet sien en hoor. Ek sê weer, gee vir hulle ‘n permanente podium en laat hulle dit uitbasuin 24/7 sodat die wêreld kan sien wie die rassiste in SA is.

Deon Roux ·

Dit is heeltemal reg so, mense soos Andi en Julius kry heeltemal te veel aandag op nuus netwerke. Sonder die media en veral sosiale media sou hulle nie eers ń voortbestaan kon maak nie. Ek blameer die media vir alles wat hierdie mense kwyt raak, want dit is hoe hulle voortbestaan……

Ander Koos ·

Die bflf sal vol bravade wees, die president kondineer hulle dan. Die naam bflf is per sy al vir my rassisties, wonder wat reaksie sal wees as wit persoon “white first land first” sou stig.

Daan ·

Koos ek en jy verstaan nie. Daar mag ‘n Black Laywer Assosiation wees. Maar selfs nie ‘n klavier mag iets Wits hê nie dan is dit rassisme.

Wilma ·

Sjoe baie psigopate ini wereld. Ini politiek klink dit na soma baie van hulle

Josua Keys ·

Wil die Botswana regering nie n staatsgreep in SA kom uitvoer nie asb, dan sal ons dalk vrede in die land kry en ‘n kans kry om die land in ere te herstel en dan is daar ook n kans dat daar n werklike “rainbow” nation en regering kan ontstaan dan hoef ons nie al die gemors in ons koerante of sosiale media ens te lees nie. Die huidige regering is n sirkus en dit weet ons almal reeds.

Deo ·

Why this double standard ?
Lock up the sea monkey woman butt hell go yell out to kill white people cause that’s legal?
It’s good to see Facebook/Twitter keep by their policies.As this shows that there was in fact something said and done wrong and they acknowledge that.
This then comes back to “SA” as to why aren’t our media also filtering these racial acts and instead makes it headlines?
And even more worry some is the fact that our law does nothing?
Not even a small peep to say this is wrong?
No justice? Somebody will take the law into their hands and when it happens it will only be the fault of the “Law” not doing their jobs.

Thank you

BR ·

Anarchy jy is 120% reg. Onverstaanbaar . Trey must get everything for free . Useless, spoiled and arrogant is their lifestyle.

Petro ·

Shame Andile.. Is dit eensaam op jou planeet? Ag vat vir YouTube aan toe.. Ek dare jou ou grote… Hulle het ten minste ysterballe…

Foxi ·

Ek wonner of hy al Durban se speelpark besoek het, daar is n hengse GLYBAAN daarbinne.

PaulV ·

Spike; kry asseblief end met jou alewige “comrades”-kommentare – oor en oor en oor. Dit word nou regtig afgesaag.

Ralph ·

Nou wat wil die BLF knape met Twitter, Google od Facebook maak. Hul verag en haat dan kolonialisme.

Elsa ·

Google en Twitter doen wat Ramaphosa moes gedoen het! Drie hoeras vir Google en Twitter.

Beste SA ·

Lees Romeine 13. Mag die Here se Genade by ons almal wees.

JeanAustralia. ·

Nee ou Andile jou rassis! Google sien jou vir wat jy is! N rassis, een groot swart anti blank rassis wat sy rassisties proppaganda gebruik om homself n vet pay check te besorg in politiek dmv rassisme ! En google anders as Suid Afrika se instansies en kommissies staan op teen rassiste soos jy Andile! Jy hoort in die tronk nes Malema…Jul hart is vol haat vir die blankes en jul kom weg met haatspraak waar blankes vir dieselfde in die tronk gegooi word!

Johanna Botha ·

En nou is zuma ook losgelaat op titter …sy profiel gaan ook verwyder word .. kyk mooi !

Nel ·

Mngxitama en Malema is beide die produk van ‘n gebrekkige opvoeding. As jy sonder grense en dissipline opgevoed word sal jy altyd ander die skuld gee vir jou eie tekortkominge en onvermoë. Nooit word eienaarskap geneem vir ‘n probleem of fout nie, want dis makliker om altyd die ‘victim’ te wees – dit vra niks van jou nie. En so sal hulle graf toe gaan met hul áltyd die ewige slagoffer-mentaliteit.

Philip ·

Glo my dis nie net sosiale media wat hom wil stil maak nie. Hys van sy trollie af

HasieHasie ·

Ek sit nou hier en lag te lekker
Dit is so komies. Net soos n kind is die ou mannetjie, en sommer n RR Graad kind. Hy gaan nou vir Google aan vat……??????. Weet hy dit is multie miljoen company? Hy haat die wit mense, maar huil oor wit mense se goed. Google, twitter, FB, dit is als gestig deur wit mense……maar nou wil hy huil want hulle knip sy ou draadjie. Stamp voete hol gil en rol. Andile…… hier is vir jou n sneusie, jy het n mot op jou bo-lip van al die getjank. Die hele wereld sien wie en wat jy is, en ken die waarheid. Ongeag hoe hard jy en jou Mal-lema en jou clown en liegbek van n president dit probeer toe smeer. Ons as blanke mense onder druk julle nie, dit kan bewys word. Dit kan ook bewys word julle onderdruk sommer julle self, werk mense op wat gee kennis dra nie, en dan kry iemand seer dan gil julle wit wit, maar julle het dit oor die mense gebring… Ai dit moet swaar wees om soveel jaloesie in jou hart te he, want nou haat jy wat j nie kan wees nie. Jou hele optrede wys my jy ly aan klein mannetjie sindroom……en wie lok julle so uit? Al wat ek gesien het is, jy maak jou self kwaad????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.