1838 en 2018 – Twee dramatiese jare oor grond

Dr. Dirk Hermann, die bestuurshoof van die vakbond Solidariteit.. (Foto: Maroela Media)

Hierdie artikel is ’n opsomming van die toespraak wat dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, op Geloftedag by die Brits Geloftefees gelewer het:

17 Februarie 1838. ʼn Doodsnag – onverwags. Die Zoeloe-impi’s is oral. Hulle skreeu, vroue skreeu, kinders skreeu en babas huil. Klein Johanna van der Merwe gee nog koeëls vir haar pa aan en toe is hy dood, en sy sien haar familie is dood. Sy vlug na die Prinsloos se waens en al een wat daar leef, is klein Catherina. Die Zoeloes oorval hulle. Johanna word 21 keer deur assegaaie gesteek, klein Catherina 24 keer. Die Zoeloes dink hulle is dood en gooi hulle op die platklip onder die suikerbosboompie waar hulle ander kindertjies se lyfies ook gegooi het. Met haar laaste krag trek Johanna die lykies van die ander kinders oor haar en Catherina. Onder die liggaampies hou die twee 12-jarige beste maatjies mekaar se hande vas.

“Hulle lewe! Klein Johanna en Catherina lewe!” roep oom Dail Bezuidenhout. Hy het rook gesien en saam met sy agterryer na die plek gejaag. Angstig word lykies van kinders wat vermoor is van die twee dogters afgetel. Hy lê hulle onder die suikerbosboompie neer. Om hulle is verwoesting. Die grootste kindermoord in een nag in Suid-Afrika se geskiedenis. 185 kinders, 41 mans, 56 vroue en 250 diensbodes is by Bloukrans en Boesmansrivier vermoor.

Johanna het opgestaan al was die dood rondom haar.

ʼn Duikboot in die Suid-Afrikaanse vloot is na haar vernoem. Die nuwe regering het na 1994 die Johanna van der Merwe-duikboot se naam na Assegaai verander.

Vanjaar is dit 180 jaar na die Bloukrans- en Boesmanspruit-moorde en Bloedrivier. 1938 en 2018. Die twee jare het ʼn gemeenskaplike kenmerk; hoogdrama oor grond!

  1. Die jaar begin met ietwat van ʼn opwinding. Daar is ʼn kans vir grond. Dingaan, die koning van die Zoeloes en die Voortrekkerleier, Piet Retief, sluit ʼn ooreenkoms oor grond.

Op 6 Februarie teken Dingaan die traktaak. Hy nooi Retief na ʼn geleentheid waar sy krygers hulle sou vermaak, maar hy roep uit: “Maak dood die towenaars!” en Retief en sy manskappe, insluitende sy seun, word na Hlomo Amabuto geneem. Retief moet eers kyk hoe sy seun en die res van sy geselskap wreed deur Dingaan vermoor word en daarna word hy vermoor.

Na die moord op Piet Retief het die Zoeloe-impi’s uitgetrek om die trekgeselskap aan te val. Op 17 Februarie 1838 vind die groot moord langs die Bloukrans- en Boesmansrivier plaas.

Daar was min hoop oor. Die Voortrekkers was verslae. Die Groot Trek was op ʼn mespunt.

Op daardie stadium was die nuus van Retief en sy manskappe nog nie bekend nie.  Op 20 Februarie kry hulle die verpletterende nuus van die moord.

Op 27 Februarie skryf ʼn hartseer Lenie Retief aan die Trekkers:

Wanneer die slaap my snags ontwyk en ek wonder wat ek moet doen, dan probeer ek dink welke raad Piet my sou gegee het. Wat sou hy nou vir ons almal gesê het, hoe moet ons optree. Julle uitdagings is drieledig: beveilig julle jeug se toekoms, dan is julle eie toekoms ook veilig; moenie moed verloor nie, maar slaan die hand aan die ploeg en woeker met die talente wat die Allerhoogste aan julle gegee het; en staan saam, want niemand kan die uitdagings wat hierdie wêreld bied, alleen te bowe kom nie. 

Die spanning met Dingaan was nog nie opgelos nie. Andries Pretorius arriveer op 22 November by die laer. Hy word as die nuwe kommandant-generaal aangewys.

Twee dae later verlaat Pretorius die laer met 464 mans en 64 waens op ʼn strafekspedisie teen Dingaan.

16 Desember – die Slag van Bloedrivier.

Die Zoeloes het gereed gemaak om die Voortrekkers uit te wis.

Intussen het Pretorius en sy manne gereed gemaak om die Zoeloes te straf.

ʼn Groot botsing het gewag. Die trekkers vorm ʼn laer. Vroegdag val die Zoeloes aan. Die Voortrekkers skiet terug. Hulle dryf die Zoeloes laag vir laag terug. Teen 11:00 die oggend is die Zoeloes gedemoraliseer en vlug.

Die oormag was 20 Zoeloes teen een Voortrekker, maar 3 000 Zoeloes dood en geen ongevalle aan Voortrekkerkant nie.

Terwyl Zoeloe‑boodskappers die slegte tyding van hulle verpletterende nederlaag na Dingaan geneem het, het die Voortrekkers die aand na die geveg in hulle laer ʼn dankdiens gehou.

Op 21 Desember vind Andries Pretorius die beendere van Retief en sy manne asook die ongeskonde traktaak in Retief se knapsak.

2018 – 180 jaar later en ons was weer in ʼn jaar van hoogdrama oor grond in Suid-Afrika. Die onderliggende emosie in die debatte was dat wittes grond gesteel het, hulle word as kriminele uitgekryt, en kriminele moenie vergoed word nie. Die openbare verhore was met emosie belaai en historiese drogbeelde is gebruik om wittes aan te kla, skuldig te bevind, en met onteiening sonder vergoeding te straf.

Op 4 Desember het die parlement besluit dat artikel 25 van die Grondwet gewysig moet word sodat dat dit spesifiek bepaal dat onteiening sonder vergoeding vir grondhervormingsdoeleindes toelaatbaar is. Die ANC-parlementslid en medevoorsitter van die grondwetlike hersieningskomitee het gesê: “Die mense wil hulle grond hê, gee hulle wat hulle wil hê. ʼn EFF-parlementslid se opmerking was: “Ons het vandag die boer se grond gevat.” ʼn Deel van die parlement het struggle-liedere gesing.

Die gronddebat van 2018 kan egter nie sonder 1838 gevoer word nie. 1838 trek ʼn streep deur die historiese drogbeeld dat wittes net boos en krimineel is, gronddiewe is wat verdien om gestraf te word.

Afrikaners het oor die algemeen hard gewerk vir hul grond, dit met sweet gekoop en baie het gesterf in hulle stryd om grond. Die anderkant van die grondmunt word nie genoeg vertel nie.

Wat leer ons ná 180 jaar uit 1838?

  1. Afrikaners het nie net ʼn kriminele geskiedenis nie. 1838 trek ʼn streep deur die eenvoudige meesterverhaal van wit oortreder en swart slagoffer.
  2. Ons leer van opofferings, swaarkry en opstaan, maar die groot verskil wat geensins in vandag se gronddebat in ag geneem word nie, is dat 1838 ons leer van die traktaak wat ongeskonde in Retief se knapsak gevind is.
  3. Ons leer dat verskillende groepe verskillende vergrype in hulle geskiedenis het. Niemand kan op ʼn skoon geskiedenis aanspraak maak nie.
  4. 1838 leer ons dat ons moet doen wat die Gelofte vra: Dat ons vir ons kinders moet vertel. Ons kinders moet ʼn gebalanseerde prentjie van die geskiedenis kry.
  5. Ons leer van Johanna van der Merwe wat letterlik tussen die dooies opgestaan het. Wat verder getrek het en voluit geleef het.
  6. 1838 leer ons van Lenie Retief wat in smart sê moenie dat julle hartseer julle verlam nie. Daar is ʼn jong geslag tussen julle wie se toekoms in julle hande is.
  7. Ons leer van die belangrikheid van ʼn laer. Mense verwys dikwels neerhalend daarna om laer te trek. Bloedrivier leer ons dat ons ons laer selfs moet versterk.
  8. 1838 leer ons dat ʼn dramatiese ingryp onverwags die loop van die geskiedenis kan verander. Vir die Voortrekkers was die einde van die trek in sig. Die oorwinning by Bloedrivier was teen die verwagting in.
  9. Die Groot Trek leer ons dat ons gebondenheid aan grond baie diep is. Grond is nie vir ons ʼn simbool van bevoorregting, mag of rykdom nie. Grond is vir ons identiteit.
  10. Bloedrivier leer ons van ʼn Gelofte in die laer. Die krag van verbondenheid aan Christus. Dit leer ons van ʼn smeekgebed vir krag en ʼn dankgebed vir genade.

180 jaar later en ons kan Johanna van der Merwe in ere herstel.

Johanna, die Zoeloes kom onverwag,

Johanna, die Zoeloes moor vroegdag,

Johanna, pa se geweer gelaai,

Johanna, 24 steke van die assegaai,

Johanna se skild die maatjies se lyf,

Johanna hou Catherina se handjie styf,

Johanna, sy lewe al was om haar die dood,

Johanna, sy trek weer, die toekoms is groot,

Johanna gee hoop,

Johanna staan weer,

Ek is Johanna,

Amen, my Heer.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Dirk Hermann

Dirk Hermann is die bestuurshoof by Solidariteit.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Hendrik UAE ·

Baie dankie mnr.Herman. Hier ver vandag verlang ek na mede Afrikaners en is ek trots op my herkoms en geskiedenis.In my hart het ek die gelofte fees bygewoon nadat ek dit vroegoggend gelees het.Mag die Vader ons seen met geloof en wysheid en wanneer dit moet,met krag en dapperheid.

Koos ·

Vergeet hierdie nooit, oiit nie!!!

“When you are going through a difficult time, God wants you to believe that you are never alone because He Himself has said that He will never leave you nor forsake you (see Hebrews 13:5). As the object of His care, He will take care of you for the rest of your life. You are never alone and always cared for!”

Koffie ·

Baie dankie Dirk Herman, ons hoop en glo nog elke dag dat die boere gaan laer trek in Suid Afrika. Ons het nog hoop al herdenk ons die dag saam met julle in die buiteland.

RG ·

Dankie Dirk Hermann, jou skrywe het my hart bereik en my verstand verryk.

Philip ·

Dankie Dirk Herman. Ons moet die Gelofte Dag onder die aandag van ons jong Afrikaners bring. Hulle weet nie van dit nie en die geskiedenis is uitgewis.

Paul ·

Dankie Dr Dirk.

Kom ons dra hierdie ook op aan onse president Cyril vir sy toegewydheid en staatsmanskap om die land met al sy diverse kulture onder een kombers saam te snoer, dat elkeen knus in sy eie plekkie veilig voel, dat elkeen erken word vir sy bydrae tot die land se ekonomiese welvaart, vooruitgang. Die opofferings en velies om vir voortbestaan en oorlewing te veg, mag nie ontken word nie, ook daardie wat vir die kos op die tafel sorg, die wat hul lewe verloor het moet ge-eer word, amal se bydraes. Mag ons in CR se termyn ‘n oplewing in 2019 beleef wat almal, arm en ryk, ook die werkloses ‘n riet met welige pluime van hoop in die hand stop.

Paul ·

Soos ‘n Rip van Winkel het ek sopas wakker geskrik, staar die realiteit in die oë en besef al daardie mooi woorde wat ek van CR gedroom het, was ‘n herserskim, ek kyk na die riet in my hand en sien die pluime het soos mis voor die son verdwyn.

Gemaskerde Sopbeen ·

Nadat die gelofte deur Andries Pretorius voorgestel is, wou Karel Landman weet: “Wat sal dan nou met ons nageslag gebeur as hulle NIE die gelofte nakom soos beloof is nie?” Toe het Sarel Cilliers geantwoord: “Dan sal God hulle aan dieselfde vyand oorgee waarteen Hy ons nou sal beskerm!!”

Herman ·

Baie mooi skrywe en ek stem saam ons sal maar laer MOET trek. Nou vra ek net asb baie mooi. Kom ons leer om selfwerksaam te wees. Dit help nie ons trek laer en onmiddelik vorm daar weer n laer rondom one aka (plakkerskamp) van mense vir wie ons werk verskaf nie. Weet dit is nie moontlik vir almal, maar ons moet tog prober.

John ·

… ek stam uit die nageslag van Johanna… watter eer, maar die grootste eer aan die Hemelvader wat ons Afrikaners tot hier gebring het. Hy is nog dieselfde. Die vraag is net:
Is ons nog dieselfde… met dieselfde inbors en geloof dat ons nie soos ontheemdes hoef te leef nie: Ekskuus dat ek leef… Ekskuus dat my voorouers hardwerkend was en hierdie land opgebou het en andere ook die geleentheid gegun het om te werk en hulself op te hef en vandag kan deel in die voorspoed. Of moet ons nou verdamp en alles so laat? Klink dit of dit die aanvanklike plan van die Skepper was om Afrikaners net te gebruik en dan te versaak. Beslis nee. Nerens in die Bybel is so ‘n plan-van-aksie neergepen nie. Iewers maak iemand ‘n berekeningsfout en dit is nie die Vader nie…

Jonge ·

John. Ek besef jou ‘ekskuus ek lewe’ is half sarkasties bedoel maar dit is BITTER SOET. Ek verstaan wat jy bedoel en dit het sopas in my binneste iets geruk.
Hoe min dankbaar is ons om vandag te lewe met al die ongoddelike goed wat rondom ons gebeur. Hoe hunker ons om nie meer deel te wees van dié wêreld. Ons het so min vertroue in ons medemens, soms omdat sommige hulle dit vir ons leer.
Dan leer ek van jou. As ek nie opstaan nie, dan val my geslag.

ZAR ·

Ek stam uit die nageslag van Andries Pretorius en my kinders ken die gelofte, so ook hul kinders. Mag ons nooit vergeet nie. Alle eer aan die Heer.

Louis ·

Kan iemand dalk se waar kan ek die traktaat te siene kry. Ek hoor altyd daarvan maar het dit nog nooit gesien nie. Ek sal baie bly wees as iemand net n webwerf kan gee.
Groete
Louis

JAN ·

Baie dankie Dirk.
Soos die gebed van Elisa vir sy slaaf:
‘Mag God ons oge oop maak sodat ons kan sien ons is baie meer as hulle.’
Mag ons weer ons Heiland leer ken….

JAN ·

Maar MM en Dirk wat van die grootste grondroof en aller wreedste Volksmoord ooit van die ABO deur almal – weet- wie.
Die dawerende stilte hieroor is oorverdowend Daar is reeds die grootste grondeis ingestel vir die ou Transvaal!
Geen wonder die ANC vat die beswaarmakers teen beslaglegging van eiendom nie kop toe nie.
Hmm ?

Alki ·

Jammer die Brits geloftefeesterrein is tot niet, daar is nou ‘n groot plakkerskamp daar

Pat Rontgen ·

Vraag – watter persentasie van die Afrikaners is in 1838 deur die Zulus vermoor?
watter persentasie is 60 jaar later in die konsentrasiekamp deur die Britte uitgewis en hoeveel plase is deur hul afgebrand ?
ens.ens.
(mens moet dit dalk vergelyk met die persentasie Jode wat uitgewis is deur Hitler?)

Ben Saayman ·

Dankie Dirk. So belangrik dat ons geskiedenis gedekriminaliseer word. So belangrik dat ons mense weer sal besef dat saamstaan en laertrek teen die onheilige magte die enigste manier is om ons voortbestaan te waarborg.
Laertrek beteken n verbondenheid aan ons eie instansies, Solidariteit,FAK, Helpende Hand en Afriforum. Laertrek beteken dat oupas en oumas hul kinders en kleinkinders sal opvoed met die werklike feitestel en dat ons trots Afrikaans kan wees, n baken van lig in die duisternis.
Laertrek beteken dat elkeen sy of haar deel sal doen binne in die Afrikaner geheel.
Anderstaliges word nie uitgesluit nie maar die vereiste bly onderdanigheid aan die Allerhoogste en die Afrikaner Nasie se ideale.
Doen al hierdie dinge en soos die Psalmdigter dit so treffend stel in Psalm 121 ..ek slaan my oe op na die berge…….my hulp is van die Here ons God . Die les hier is “doen iets”
Vriende as God vir ons is sal niemand teen ons kan staan nie. Dirk doen so voort ons waardeer die feit dat God ons leiers met verstand en insig beklee. En mag ons Mense nooit vir Johanna van der Merwe, Dirkie Uys en n Racheltjie de Beer vergeet nie. Vertel die nageslag!

Gert ·

In hierdie nuwe Suid-Afrika, as jy graag jou eie wettige eiendom waarvoor jy hard gewerk het wil behou, en jys toevallig wit, is jy ‘n rassis. As jy self ‘n suksesvolle besigheid opgebou het, en jy wil dit nie deel met vreemdes ter wille van BEE nie, is jy ‘n rassis. As jy historiese feite oor die verkryging van grond stel, is jy ‘n rassis.
Wat ‘n siek situasie!

JAN ·

Daar is slegs een probleem met die allerheiligste Gelofte; naamlik die sensuur deur die Kaapse Kerk op die Voortrekker. Word die Gelofte deur die NGK erken ?
Logiese advies is om julle te bepaal by die kernwaarhede van die Gelofte van ‘n Volkskerk en al die Hof Narre Vrydenkers et al se ligte vermaak na die hel toe stuur. ….. astware…..

Frans C ·

‘A nation that forgets it’s past has no future’ Winston Churchill

Johannes ·

Baie dankie Dirk!! Uitstekend gestel! Mag Johanna se nageslag ook hulle hoop op God stel en weer opstaan!

Thinus Erasmus ·

Die woord versoening beteken die herstel van gebroke verhouding, tussen voormalige vriende, maats, bure of tussen mens en God. Vyande kom nie eintlik in die prentjie nie – en dit is die situasie in SA. Mense wat as vyande teenoor mekaar leef kan nie versoen nie, daar kan wel vrede gesluit word of sekere ooreenkomste bereik word, maar volle samesmelting en vergifnis is nie moontlik nie.
Dit is waar die groot fout begaan word, soos waar die familie van ‘n vermoorde persoon, ‘n liefdevolle en algehele “vergifnis” teenoor ‘n moordenaar wil maak – asof hulle eintlik die oortreder uit sy kriminele oortuigings wil toor en sy rekord skoon vee.
Tweedens hoe kan ‘n ware en volhoubare “versoening” plaasvind wanneer die een party valslik en oordadig beswadder word en die ander party sy aandeel geheel ontken?
Daar is net een manier van versoen: albei partye erken hul volle aandeel/oortreding, onderneem om alle griewe te laat staan, geen vergoeding of straf te eis nie en om ‘n nuwe begin te maak.
Ek hoop regtig MM plaas vandag my kommentaar en ek hoop ons kan sinvol daaroor debatteer.

Jerry ·

Die Afrikaner nageslagte het nie die gelofte nagekom soos beloof is nie en dus het die Skepper nie die Afrikaner versaak nie, die Afrikaner het sy Skepper versaak! Kyk rondom julle, wat sien julle! Plakkerskampe en plakkerskampe, self die Brits geloftefeesterrein is n plakkerskamp! Die hele Afrika is in Suid Afrika met een doel voor oe en dit is om die land met getalle te verswelg. Solidariteit en AfriForum het die Afrikaner mislei oor n eie volkstaat en het die Afrikaner versaak deur nie n eie Afrikaner volkstaat tot stand te kon bring nie! Om nou ewe vroom op geloftedag die geskiedenis aan te haal en te impliseer dat daar nog vorentoe baie Johanna’s sal wees, is goed en wel, maar wat van Johanna se maatjies se lewelose lykies. Hoeveel Johanna maatjies se witkruise moet nog eers geplant word voordat die besef sal intree dat daar dringend n ander rigting ingeslaan moet word. Die grond in SA kan nie meer werd wees as die lewens van ons nageslagte nie, veral wanneer daar grond in Australie en ander lande is. Sonder n eie volkstaat in Suid Afrika gaan ons nageslagte verswelg word. Hervestig soveel moontlik jongmense en boere in ander lande, dan vergoed julle darem in n mate vir die gebrek aan n eie volkstaat!

jaco ·

toe SA nog ‘n wit regering gehad het, wat nou wel die een hervorming en toegewing na die ander gemaak het, was daar nog ‘n goeie kans om ‘n volkstaat te kry. maar toe het selfs regse politieke partye soos die KP en die HNP gesê “‘n volkstaat kan nie werk nie”. wakker skrik vir ‘n volkstaat ná 1994 was TE LAAT.

Johannes ·

Baie dankie Dirk!! Uitstekend en duidelik gestel! Mag Johanna se nageslag ook hulle hoop op God stel en weer opstaan!

Thinus Erasmus ·

Jerry, ek dink nie dit was Solidariteit en Afriforum wat die Afrikaner oor Volkstaat mislei en gefaal het nie.
jaco – ek dink nie dit is ooit te laat nie, maak nie saak wat die voormalige gestorwe partye verklaar het nie.
Ek dink en glo die pad om te volg is: aanvaar die mislukkings van die verlede en leer daaruit, begin die nuwe poging met almal wat saamstem net oor een saak: Afrikaner vryheid. En werk dan die detail en verskille uit met een oogmerk – sukses.
Die getalle maak nie saak, Jerry – daar was nog altyd Afrikaners wat die gelofte gehou het, al was hul in die minderheid. Moenie hul veroordeel en uit hul toekoms uit profeteer nie!

Dirk ·

Jy is 100% reg jaco, dit was te laat en tog het Solidariteit/AfriForum aanvanklik die idee voorgehou aan die Afrikaner vir die werf van lede. Toe al was dit gese dat die volkstaat idee sal nie in SA realiseer nie, maar telkemale was Orania dan voorgehou as kwansuis n voorbeeld dat dit kan realiseer. Net soos daar gese was dat dit te laat was vir n volkstaat, so was daar gese dat die Afrikaner sy grond en besittings moet verkoop en emigreer na ander lande. Nou is dit ook te laat om grond te verkoop. Nou word dit gese verkoop eiendom en besittings wanneer die huispryse styg tydens CR se termyn en emigreer. Weereens gaan daar Afrikaners wees wat vir Solidariteit/AfriForum luister en dit nie doen nie en net so gaan dit ook te laat raak om te doen wanneer CR se termyn verstryk. Spyt kom altyd te laat. Diegene wat na Solidariteit/AfriForum se slim en vroom praatjies wil luister moet, maar so voortdoen! Gelukkig is daar wel Afrikaners wat emigreer en wie se kinders nie Johanna se maaitjies hoef te wees nie!

JAN ·

Wat ek net nie kan begryp nie is hoedat witmense soos die nageslag van Johanna en Piet, wie amper amper almal uitgemoor is deur diaboliese Dingaan, slegs 60 jaar later [ een geslag] dieselfde volksmoord aan Christen Boerevolk doen ..?? In oortreffende trap , verskroeide aarde / volksmoord? ABO
Is dit wat mens die sg ‘Goudstandaard ‘ noem.
Die donkerte van die Baal Tempel.?
On verklaarbaar.

JAN ·

Oor grond is Verwoerd vermoor deur ” ‘n ‘gesand van got ” volgens Afrikaner leiers akanemisie mynbouers en landbouers
en sakemanne en regsgeleerdes.

marco polo ·

Verwoerd was vermoor deur n malletjie. Ek het destyds self vir Tsafendas by Pretoria Maksimum gevangenis opgepas. Daai oom was so mal soos n haas.

1+1 ·

Ons praat oor die geskiedenis van baie baie jare gelede. Ons moeilikheid en die verwyte oor grond gaan nie noodwendig sover terug nie. Dit klink vir my of ons moontlik bymekaar verby kan praat.

Hans ·

Bloedrivier was geveg teen volksmoord en tirannie van diktator. Daar was ander etniese groepe teenwoordig in Pretorius se laer.
Ongelukkig het skewe politieke retoriek dit Wit vs swart oorlog gemaak en veral die media!
Na Bloedrivier, was duisende Zoeloes bekeer, terwyl geen voor 16 Desember 1838 bekeer kon word nie.
Dit was Gelofte vir GENADE, wat danksegging belowe in kerk, nie by politieke byeenkomste nie. Dit simboliseer versoening uit genade deur God. Ongelukkig word dit in ons era van voorspoedteologie iets van verwagtinge gemaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.