Deurbraak ná Bonnievale-plaasmoord

Elmien en Piet Steyn. Foto: Facebook

ʼn 33-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op Piet en Elmien Steyn, die egpaar wat Vrydag dood in hul huis op ʼn plaas in die Bonnievale-omgewing in die Wes-Kaap aangetref is.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, sê die man is vanoggend in McGregor, nie ver van die moordtoneel nie, in hegtenis geneem. Volgens Potelwa het die man een van die items wat uit die Steyns se huis gesteel is, in sy besit gehad.

“Hy sal na verwagting Dinsdag in die hof verskyn. Die ondersoek duur voort en nog inhegtenisnemings kan volg,” sê Potelwa.

Piet en Elmien se liggame is Vrydag in hul huis aangetref nadat hul voertuig verlate langs ʼn grondpad in die omgewing opgemerk is. Die polisie het aanvanklik gesê die egpaar het skietwonde opgedoen, maar Sondag het Potelwa gesê dit blyk dat die slagoffers met ʼn skerp voorwerp doodgekap is.

ʼn Paar items is uit die huis gesteel, maar die polisie het nie bekendgemaak wat hierdie items is nie.

Wikus Steyn, Piet se broer, het Saterdag in ʼn plasing op sy Facebook-blad gesê hy is jammer dat ʼn vorige plasing van hom oor Piet en Elmien se moord gebruik is as ʼn forum vir haatspraak. “My eerste gedagte nadat ek die hartseer nuus gehoor het, was dat Hy wat alle dinge weet hierdie daad wat bedoel was om leed aan te doen sal omdraai in ʼn geleentheid vir genesing – nie net omdat Hy ʼn genesende God is nie, maar ook oor wie Piet en Elmien was. Hy sal nie toelaat dat hul lewens gemors word deur ʼn sinnelose dood nie,” het Wikus geskryf.

Hy het mense bedank vir hul ondersteuning, medelye en boodskappe van bemoediging in dié hartseer tyd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Anoniem ·

Saamstaan, bid en Geloftedag van voor af as ‘n prioriteit in ons lewens maak ! ?????

Abe ·

Anoniem,
Jy bedoel seker Elmien.
Piet en Elmien Steyn, is die twee slagoffers volgens MM.

Abe ·

MM,
Dit is verblydend dat iemand gearresteer is. Hou ons asb. op die hoogte van die verloop van die saak dit is tog iets wat al julle lesers graag sal wil volg.

Anoniem ·

Abe ! Jammer, dankie vir die reg help, maar ek was en is nog altyd baie ontsteld ! Dit is ONS mense aan WIE hulle nou VAT (Die President van die land is te L I G vir dié TAAK ??? MAG HY asb net tog VERVANG word met ‘n YSTERVROU wat Suid-Afrika uit die snert uit kan regeer !!!!

marco polo ·

Jy droom seker. Waar gaan jy n ystervrou in SA kry? Dlamini Zuma? of dalk Bathabile Dlamini? Moet netnie se Patticia de Lille nie. Die politici is almal korrup, net daar vir hul eie sak en ego.

Abe ·

Anoniem,
Dit is inderdaad ontstellend. Ek stem saam met “marco polo” hier dat jy nie moet hoop op ‘ n ystervrou om ons nou te kom help nie. Erger nog; ek sien ook geen ysterman in die verskiet wat die taak sal kan verrig nie. Mens moet nou maar saam met so baie kommentators hoop op ingryping van Bo. “Soos ons vad’re vertrou het…”

Karel de Wet ·

Die comrades doen dit ook maar net omdat hulle jare gelede deur naiewe mensies toegelaat is om dit te doen.
Amper soos ‘n useless baas van ‘n maatskappy. Moenie hom blameer nie, blameer die ewe useless mense wat hom aangestel het.

GP ·

Baie jammer vir julle verlies. Sterkte met julle pad van herstel wat voorle. Baie dinge word beter met tyd. Baie sterkte en hou moed. Hierdie dinge raak ons almal beie erg. Om te dink dis ons mense, ons volk, wie so behandel word.

Andrea van Vuren ·

Vier mense pleeg ‘n plaasmoord maar drie kom altyd weg. Word hulle ooit vasgetrek?

Abe ·

Andrea,
Is dit ‘ n soort van wet van gemiddeldes of verteenwoordig die verhouding 4:3 maar net die mate waarin die wetstoepassers daarin faal om misdaad vas te vat?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.