Bejaarde egpaar op Wes-Kaapse plaas vermoor

Elmien en Piet Steyn. Foto: Facebook

ʼn Egpaar van Bonnievale in die Wes-Kaap is Donderdagmiddag in hul plaashuis aangetref nadat hulle glo met ʼn haelgeweer doodgeskiet is.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê die egpaar (in hul 70’s), wat intussen geïdentifiseer is as Piet en Elmien Steyn, is met skietwonde in hul bed aangetref. Hul voertuig is verlate op ʼn ander plaas aangetref. Dis nie bekend of enigiets anders geroof is nie.

Sy sê geen ander besonderhede is nog bekend nie, maar speurders werk onverpoos om die bejaarde paartjie van die plaas Zandfontein se moordenaars op te spoor.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, sê die tydlyn van die dubbele moord is nog nie bevestig nie, maar die Steyns is vermoedelik reeds Woensdagnag of Donderdag in die vroeë oggendure vermoor omdat hul voertuig Donderdag deur die loop van die dag opgemerk is.

Piet Steyn se broer, Wikus, het Donderdagaand in ʼn Facebook-inskrywing wat intussen 2 000 keer gedeel is, geskryf Piet was soos ʼn pa vir hom. “Ek het die hoogste respek en agting vir hom gehad. [Piet en Elmien] se liefde vir hul kinders en kleinkinders en hul hulp in die gemeenskap is net oorskadu deur hul nederige lewe aan die Here se voete.”

Hy sê die Steyn-egpaar sal onthou word vir hul harde werk, maar veral vir hul gasvryheid. “Ek vergewe diegene wat dié aaklige daad gepleeg het,” voeg hy by.

Die polisie vra enigeen met inligting wat hulle in hul ondersoek kan help, moet Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

71 Kommentare

Ronel ·

Baie sterkte aan die familie, om twee mense in ‘n familie op een slag onverwags te verloor, kan glad nie maklik wees nie. Hierdie moorde is so onaanvaarbaar.

Snip van Joburg ·

Hoe vergewe jy iemand wat jou geliefdes op so manier van jou wegvat. Ek weet ni of ek dit ooit sal kan doen ni. Hulle het ni respek of enige gevoel vir n lewe ni.

Lollie ·

Ja ons kom nou by kerstyd. Almal besig om vir iets reg te maak. Geskenke, etes of familie wat kom kuier? Dan wonder ek net, hoeveel gaan nie eers kersfees sien nie?
Ek kan dit nog aanvaar as dit siekte of ń ongeluk is maar as dit aan die hand van ń vreemdeling is!
Die huidige regering met sy wette en sy sienings laat my dink aan die tyd can Hitler. Mense lewens beteken net mooi niks! Die son skyn vir almal maar sommiges soek hom net vir hulself! Kan enigeen so wreed wees en nog rustig in die aand slaap?!
Ek stem vir die party wat hierdie dinge met wortel en tak bestry. Die een wat nie kyk teen ryk of arm nie, wit of swart, oud of jonk. ……. Wens uit die diepte van my hart dat die regering hulle oor misdaad begin ontferm!

KG ·

Ai tog dis so hartseer!! Hulle lyk na sulke oulike mense. My opregte simpatie aan al hul geliefdes. Ek het eintlik nie meer woorde vir die misdaad in ons land nie!!!

Andre ·

Vergewe die een wat die daad gepleeg het ……….? Aanvaar maar dat ons soos diere afgemaai , vergruis en vertrap word ………? EK SAL NIE !!

Skerpioen ·

Ai tog julle sit die pot so mis. Om iemand te vergewe beteken nie jy aanvaar maar alles met doen en late nie. Vergifnis maak jou vry van haat wat jou kan vernietig. Om die moordenaar te vergewe spreek nie die moordenaar vry nie. Net God kan die moordenaars vryspreek mit hulle vergifnos van God vra. Maar God vra dat ons mekaar moet vergewe. Liefde en vergifnis vermag anyway baie meer as haat. Om jou familie se moordenaars te vergewe al het hulle geen berou nie sê vir my dat jy n goeie hart het. Dankie vir die voorbeeld wat jy gestel het om jou broer en sy vrou se moordenaars te vergewe.

Cherokee ·

Ek is verbaas Skerpioen, dat die res van die forum dit nie insien soos jy nie.

Johannes ·

Skerpioen, God se Woord stel dit duidelik: as jou broer om VERGIFNIS VRA moet jy hom vergewe. Ek sien geen opdrag om bose sondaar moordenaars bloot te vergewe wat geen berou toon nie.

Johannes ·

So Skerpioen, vergewe jy Hitler ook vir die moord van 6 miljoen Jode? Of Stalin vir die moord van miljoene onskuldiges? En so kan ek aangaan.

Ek dink humanisme het jou sleg verblind vir die waarheid…

Jakalas ·

Die ergste van alles is dat dit nie gaan stop nie. Die moord syfer in die land bly maar net styg en die polisie kan niks doen nie. Dis baie hartseer.

Herman P ·

Na die onderhoud met CR op 702 hoop ek almal besef dis wat CR en al sy volgers wil hê. Blankes moet dood of weg..

willie ·

ons moet ophou om hul te vergeef en begin opstaan die regering sien ons aanvaar en vergeef heeltyd hierdie moorde le voor malema en die blf morone

Carlien ·

Ja Herman, jy praat die waarheid!!!! Hulle probeer die laaste wit mens uit hierdie land uit kry… Ons moet vlug of afgemaai word.. Om more nog wakker te word en die son te sien skyn is geen waarborg meer vir enige iemand met n wit vel in Suid Afrika nie… Ons wil nie hierdie haat he nie, ons het gestem vir versoening tussen wit en swart, vir vrede, maar hulle haat ons met n passie, ek wens so dit kan anders wees..

Marius ·

Mense wees wakker die vakansie vat maar jou kettie saam en waar jy staan en braai.Wees versigtig my mense.

Willie ·

Ek kannie anders om die klomp te haat nie… vergewe sal ek nie…

WIEBO ·

Hoe kan mens hulle vergewe? Noem my maar n slegte mens, maar dit maak net die haat in my erger. Nie menslik om hulle te vergewe nie. Baie jammer vir die familie en mense, ons kan maar net bid vir die familie! Alle sterkte in die hartseer tyd.

Hoenou ·

Hoe bedoel jy dit Adrian? Het jy die mense geken of weet jy iets wat ons nie weet nie?

waco ·

Die kerke moet verantwoordelik gehou word vir die dwaling om alles en almal kinders van DIE ALMAGTIGE te maak en dan moet hulle vergewe word vir hul dade. Dit is ‘n dwaalleer. My innigste meegevoel aan die familie van die egpaar. Wees verseker dat al ry hulle nie aan die pen in die teenswoordige wereld wat deur lucifer regeer word nie dat hulle dag sal kom, wanneer DIE ALMAGTIGE hulle hanteer.

HPV ·

Kerke is beslis medeverantwoordelik vir dit wat in die land gebeur, hulle doen of sê absoluut niks al is hulle bewus van die verslegtende toestande van die land. Sal nie verbaas wees as ons op hul aandrang die duiwel ook moet begin vergewe nie.
Wat van ‘n landswye biddag vir reën soos in die verlede, ‘n dag wat alle besighede sluit en almal of meerderheid gaan bid vir droogte uitkoms en sommer op die kantlyn vir die toekoms van die land ook. Of is daar nie meer genoeg geloof binne kerklike instellings nie?

Moderne ·

In die moderne tyd word konflik nie konventioneel gevoer nie en as ons nogsteeds so dink dan moet God maar ons genadig wees.

HPV ·

Kerke is beslis medeverantwoordelik vir dit wat in die land gebeur, hulle doen of sê absoluut niks al is hulle bewus van die verslegtende toestande van die land. Sal nie verbaas wees as ons op hul aandrang die duiwel ook moet begin vergewe nie.
Wat van ‘n landswye biddag vir reën soos in die verlede, ‘n dag wat alle besighede sluit en almal of meerderheid gaan bid vir droogte uitkoms en sommer op die kantlyn vir die toekoms van die land ook. Of is daar nie meer genoeg geloof binne kerklike instellings nie?

Sê maar net ·

Nou wat keer jou HBV om dan nou n biddag te reël, hoekom skuif jy nou die ‘nie genoeg geloof’ na almal anders. Begin by jouself, doen self iets. Enigeen is in staat om iets te begin.

Chrisjan ·

Aitog… En daar vergewe ons al weer voor die bloed droog is.

Margaret ·

Ja, hoe kan n mens so pateties wees? Vergifnis is n proses wat n tyd vat om deur te werk . Ek stem saam met die Joodse leerskrif wat sê dat jy nie die reg het om iemand te vergewe vir iemand anders se moord nie. Dit is net die slagoffer wat mag.

Loraine ·

Tragies. Ek wil net weet: HOE vergewe jy iemand wat NIE om vergifnis gevra het nie ???????

Tik tok tik tok ·

En ons kan nie eers vir hulp of bystad vra van die buiteland nie
Hul het hul eie gemors om uit te sorteer
So jammer aan oom en Tannie
Aan die familie so baie sterkte
Ek wil amper sê
MY GOD MY GOD WAAROM HET U ONS VERLAAT
Maar ek kan nie
Want ek GLO GOD het ons nie verlaat nie
Asb my VADER help ons want ons kan dit nie self doen nie
AMEN

Steve ·

Dis nie eers n plaas aanval nie dis moord plain and simple… Ingebreek, kamer toe geloop, alby in hul slaap geskiet

Andrea van Vuren ·

Die BLF het klaar sy opswepery voor kersfees gedoen. Die regering maar te dankbaar. Ek sal nie verbaas wees as die EFF, BLF en rooioog Motsoeneng (oud SAUK baas) ‘n alliansie gaan vorm nie. Hulle sal dit vir Zuma doen…

sus ·

Hoe vergewe mens? Ek vind dit moeilik, want dis MY mense wat so uitgemoor word !!!!!!

Snip van Joburg ·

Skerpioen, ek dink nie nadat jy jou naaste so koelbloedig en onskuldig sien vermoor word is dit so maklik ni. Ek haal my hoed af vir di wat dit regkry maar ek en baie ander gaan dit nie so maklik regkry ni.

Henk ·

Ek ruik iets. Hoe het hy reeds donderdag n Facebook plasing gemaak met 2000 reaksies maar die mense is eers donderdag dood aangetref. Deesdae is dit n algemene misdaad dat wittes mekaar vermoor. Hoop die sapd ondersoek dit behoorlik

Siembamba ·

Interessant ja. En dan moes die moordenaar/s ook presies geweet het waar die haelgeweer gebêre word… of ..is dit die moordenaar se wapen..? Hoop die SAP kom sommer gou agter die kap van die byl. En het dit nie tyd geword dat die doodstraf weer en sonder verwyl terug gebring word nie. Hoekom sal iemand die voorreg hê om te lewe as so persoon ‘n lewe of lewens geneem het? Doodstraf vir moord kan meebring dat mense twee keer sal dink voor hulle moord pleeg. Ons moet net saamstaan en die regering dwing om doodstraf wet te maak van die land. Toe dit wet was, was daar nie soveel moorde in die land nie! My innige simpatie met die egpaar se kinders en kleinkinders susters en broers.

Frans ·

Om te vergewe beteken nie om as gelowige te “kruip” voor misdadigers nie. Vergewe die moordenaars wat eintlik deur sataniese magte beheer word. Daardie moordenaars is ongelowiges wat nie hulle eie wil kan uitvoer nie, hulle is onder beheer van satan en sy bose magte. Haat die dade wat hulle doen, maar nie die mens wat deur satan misbruik word nie. Hoeveel van ons as gelowiges doen ook gereeld verkeerde dade, maar ons vra vergifnis by Jesus. Jesus sê reguit in Sy Woord (Onse Vader gebed): ” Vergeef ons ons sondes, SOOS wat ons die vergewe wat teen ons sondig”. Maw as ons nie ander kan vergewe nie, dan SAL ons sondes ook nie vergewe word nie. Dit sê geensins dat die misdadigers vrygespreek moet word vir hulle dade nie, maar dat ons deur te vergewe, ons verhouding met God suiwer kan bly, sonder haat vir die mens wat misdaad en moord pleeg, maar wat ook deur die Skepper gemaak is. Dus ‘n gesindheid van vergifnis sodat ons nie haat opbou en later vervreemd van God raak nie. Jesus het self aan die kruis gesê: “Vader, vergeef hulle want hulle WEET NIE wat hulle doen nie”. Dit was Jode en haatgevulde skares en selfs die regering van daardie tyd wat toegelaat het dat Jesus gekruisig moet word! Wat is so “anders” vandag? As ons in staat is om te vergewe, sal God ons in staat maak om HOOP in God te hê.

Johannes ·

Frans, so beteken dit alle mense gaan Hemel toe? Hulle sondig dan mos net bloot omdat “Satan hulle beheer” en is totaal onskuldig?

Mariaan ·

Vergewe se gat!!! Nee genade…waar is ons verstand…dan se ons mos dis ok…NEVER!!

Stephen Namibia ·

Ek het nog nie in een enkele nuusberig gesien dat CR kommentaar lewer op blanke plaasmoorde of dit veroordeel nie.
Wanneer swartmense vermoor word is daar gewoonlik n senior amptenaar of n Minister wat die familie besoek.
As CR van versoening praat kan hy daadwerklik die leiding neem en uitreik na die families van hierdie mense. Sy niksseggende kommentaar vroeer omtrent die uitsprake van die BLF versterk net die gevoel dat hy geen empatie met blankes het nie.

Frans ·

Andre en Mariaan, julle verstaan vergifnis heeltemal verkeerd. Die dade van die misdadigers moet verseker voor verantwoording gedoen word. Die misdadigers is slegs instrumente in die hand van satan. Ek hoop en bid dat julle by julle afsterwe eendag vergifnis van God sal ontvang. God maak nie onderskeiding nie. Ek veroordeel die dade van misdadigers, maar die mens wat daarvoor moet verantwoording moet doen kan deur gelowiges vergeef word. LW: Hulle moet die straf van die gereg ontvang. Ek sê nie dat hulle van hulle dade vrygespreek moet word nie. As julle nie in julleself kan vergeef nie, dan lees jy jou Bybel verkeerd, of dalk glad nie.

Johannes ·

So as gelowige moet ek die kinderverkragter vergewe al het hy geen berou? God tref JUIS onderskeid: die skape sal van doe bokke geskei word. Of lees jy nie jou Bybel nie?

Skerpioen ·

Cherokee, hmmm dis seker omdat die mense deesdae FB en Maroela Media meer lees as wat hulle deesdae die Bybel lees. En hoe nader aan die einde van die wereld hoe meer haar hoe minder vergifnis…. hoe minder Bybel word daar gelees. Dis n jammerte.

Johannes ·

Skerpioen, my Bybel sê as jou broer berou het en om vergifnis vra, dan moet ek hom vergewe. Al vra hy 7×70 keer om vergifnis. My Bybel sê niks oor vergifnis vir mense wat geen berou het nie.

Johannes ·

So Skerpioen, vergewe jy Hitler, Stalin, Ghaddafi, Hussein, Bin Laden, Castro ens. ens. ? Hulle is was mos net “instrumente in Satan se hande”?

PJC ·

Dit is belangrik dat mense hulle paraatheid opskerp oor die feesseisoen. Hierdie booswigte weet baie goed dat mense in ń vakansieluim is en dus nie baie waaksaam is nie. Om veilig te wees moet ń mens nou meer waaksaam wees as ooit tevore en moet niemand en niks sommer net vertrou word nie. Al probleem is hoe om hierdie boodskap by almal uit te kry en hulle te oorreed om te glo dat die situasie baie ernstig is.

PJC ·

Ek dink mense moet verstaan dat vergifnis nie ń plig is nie maar wel ń keuse. In hierdie geval moet eers die beginsel van ń oog vir ń oog geld en dan kan vergifnis oorweeg word nadat die probleem opgelos is. Ek hou glad nie van hierdie oordrewe menslikheids gevoel wat party mense propageer nie.

Skerpioen ·

Vergifnis is n opdrag vanaf God. Dis nie oordrewe menslimheidsgevoel wat gepropageer word nie… dis net n reminder wat in die Bybel staan. Vergifnis is seker van die moeilikste opdragte om uit te voer want mens wil in beheer van alles wees. Ek bid regtig vir alle mense van SA.

Johannes ·

Skerpioen, vergifnis is ‘n opdrag van God vir mense wat berou het en om vergifnis vra. Ek kan nie iemand vergewe wat bly glo dis reg om ander te moor of verkrag of wat ook al nie. Die Bybel is baie duidelik hieroor – sulke mense sal Hel toe gaan.

Charmain ·

Cherokee, Skerpioen jul weet nie waarvan jul praat ten opsigte van vergifnis. As jul nog nie iemand so verloor het(moord, aanval) moet jul nie kom saampraat. Jul weet nie wat gaan families deur nie. Ons kan praat as jul in so situasie kom masr tot dan…. Bid dat dit jul nie oorkom. God se woord se ook oog vir n oog.

Gp ·

Die twee wonderlikste mense wat mens kon ontmoet. Ons almal gaan hulle mis.

Danny ·

Ek dink nie ons moet nou al besluit wie die moordenaars is nie. Dit is vir my vreemd dat daar 2000 keer na ‘n item op fb gekyk word op Donderdag maar die moord word eers Donderdag-aand gepleeg. Iets is nie pluis nie. Is dit werklik ‘n tipiese plaas-aanval of gaan dit oor iets anders. Die vergifnis kom ook darem baie maklik.

Skerpioen ·

Charmaine, my oupa en ouma is wreed vermoor op hul plaas. My man se ouers is met byle dood gekam op hul plot. My vriendin en haar dogtertjie is op haar niggie se plaas vermoor, die kleintjie is 73 keer met n skroewedraaier gesteek. So wie gee jou die reg om te sê ek kan nie saam praat nie. Ek het hulle gehaat elke blerrie moordenaar en dit het my lewe so amper amper vernietig. En toe kom God weer terug in my lewe en Hy leer hoe om hulle te vergewe. Daar het julle dit nou.

Siembamba ·

Die doodstraf terug in Suid-Afrika is lankal nodig en long overdue.

sarah-Lee ·

Jy doen jóuself skade aan as jy ni vergewe ni….dis Nie maklik ni. Sommige nense KAN ni. Ek sukkel al amper 4 maande om net te dink om my skoonma se moordenaars te vergewe. Di woede en seer en leemte en haat….ja haat…kom ni weg van jou af ni. Dit sal nooit ni. dit neem jou lewe oor. Ek het al gebid…gesmeek om net te kan dink hoe dit anders sal voel as ek vergewe. dalk weer rustig slaap…..moenie vir iemand sê jy moét vergewe ni……dit sal gebeur when the time is right. Sterkte aan almal wat deur dit gaan

Bella ·

Dit is maklik om te sê vergewe. As mens dink wat van hierdie mense deur is, hoe hulle gemartel, gepynig, verkrag, met kookwater en strykysters verbrand is. Met byle en pangas opgekap is dink ek die woord vergewe kan nie van toepassing wees nie. Daardie bloed en doodsreuk bly jou lewe lank by jou. Ek is nie heilig nie maar s iemand my sleg behandel sal ek hom vergewe maar hierdie duiwelse, bose, wreedaardige dade deur demone nee!!!!!!

Elsa ·

Henkm Danny en die ander rotruikers, gaan lees weer die hoofberig. Die lyke is Donderdagmiddag ontdek en die FB plasing is DONDERDAGAAND gedoen!

Marika Bresler ·

Wat se ‘ek vergewe hulle’! Die arme mense is skaars dood! Vermoor in die veiligheid van hulle kamer en bed! Die vuilgoed sal dalk nooit eers gevang word nie! Nee! Dit is vir my onaanvaarbaar! Monsters verdien geen vergifnis nie!

Elsa ·

Skerpioen en Frans, ek skaar my by julle wat vergifnis aanbetref. Om iemand te vergewe, beteken nie mens moet of hoef hul dade goed te praat nie. Ons kan die dade wat hulle gepleeg het haat, maar ons mag nie die mens haat nie. Dié wat nie glo aan vergifnis nie en reken hulle hoef nie te vergewe nie, sal maar eendag moet hoor wie verkeerd was, maar daar was ‘n verrassing op ‘n hele klomp mense.

GP ·

As hy se hy vergewe hulle beteken dit dat hy geen kwaad gevoelens teen hulle het nie. As hy hul sal ontmoed sal hy hulle nooi vir koffie en lekker sit en gesels met hulle. Hy verstaan hoekom hulle dit gedoen het en hulle is altyd welkom om te kom kuier. Om korrek te wees sal hy ook vir hulle verblyf aanbied omdat hulle in nood is. Hulle kan dit ook maar weer doen want hy moet die ander wang draai tot ons almal uitgemoor is.

Skerpioen ·

Nee vergifnis vir my beteken net ek gaan nie toelaat dat haat vir hulle my lewe verder oorheers nie. Vergifnis beteken nie ons is nou goeie vriende nie. Ek ontneem jou net die reg om my lewe met haat te vul. Maar mens self vind vergifnis moeilik. Dit kom eers wanneer jy en God daai pad geloop het. Net God kan mens leer hoe om iemand te vergewe. Ek vergewe die persoon maar ek praat nie sy daad goed nie. Groot verskil. Ek sluit hiermee af. Vir die Families van alle geweld slagoffers ek bid dat God julle sal seen met vrede en liefde.

Anoniem ·

GP, ‘n familie moes opstaan met GROOT hartseer. Niemand verdien om sulke nuus te kry nie. Hierdie is nie ‘n private gesprek nie. Dis ‘n publieke platform en jou woorde word raakgesien deur die einste mense wat jy so veroordeel. Dink jy nie jy kon dit in jou hart kry om net vir hulle ‘n gebed op te se en dankbaar te wees dat dit nie jou mense is nie.

Ekke ·

Dankie ANC julle is tjoepstil. Dis mos wat julle verkondig en aanbeveel. Dis 16 Desember. GELOFTEDAG. Ons gaan so bid dat julle nie weet wat julle getref het nie en dan bou ons NOG n monument uit dankbaarheid LANGS die Voortrekker Monument. Ons nasate sal vir ewig Geloftedag herdenk maak nie saak watse naam julle 16 Desember gee nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.