Nuuskommentaar: Versoeningsdag steeds bederf

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Thobile Mathonsi/ANA

Pres. Cyril Ramaphosa se eerste Versoeningsdag in die amp het maar bra wanklankig begin. Dit, nadat daar met sy verkiesing, eers tot president van die ANC en daarna tot staatspresident, nog optimisme was dat hy die skade wat sy voorganger aan rasseverhoudinge in die land aangerig het, sou omkeer.

Met sy verkiesing as staatspresident was daar egter reeds, soos dit in nuuskommentare op Maroela Media gestel is, ʼn gaatjie in die emmer, naamlik sy uitsprake oor grondonteiening sonder vergoeding, en dit het deur die loop van die jaar nog net verder versuur.

Pas het die Afrikanerbond (AB) ’n ope brief aan Ramaphosa gerig waarin die president geroskam word omdat hy afwyk van sy beloftes oor tussengroepverhoudinge, en waarin daar ook gevra word dat die Menseregtekommissie in die bek geruk word omdat hy nie by sy mandaat hou nie, en meer skade as goed doen. Die AB het ook reeds op 5 September die Menseregtekommissie voor stok gekry.

In sy reaksie op ’n Radio 702-onderhoud met Ramaphosa druk die leier van die Vryheidsfront Plus hom onder meer soos volg uit: “Pres. Cyril Ramaphosa se reaksie op die radiostasie 702 oor die rassistiese haatspraak van die BLF-leier, Andile Mngxitama, is teleurstellend deurdat hy die fokus na wit mense verskuif asof dit hoofsaaklik ʼn wit probleem is.”

Oor Mngxitama se uitsprake het die president daarop gesinspeel dat rassisme nie algemeen onder swart mense voorkom nie en dat Mngxitama waarskynlik net “een stem in ʼn wildernis” is.

Kortom, dit lyk of Ramaphosa hom aan dieselde onewehandigheid skuldig maak as die Menseregtekommissie.

Daar is reeds op 11 Desember 2018 in ’n nuuskommentaar op Maroela Media gevra of die Menseregtekommissie nie dalk self die vlieg in die salf was nie.

Sedert die BLF-leier ’n rassistiese uitbarsting beleef het, het soveel klagtes die Menseregtekommissie bereik dat dit lyk of die kommissie dié keer wel na rassisme en haatspraak deur ’n swart persoon gaan kyk.

Maar is dit hoe dit teen Versoeningsdag moes gelyk het?

Ramaphosa het onlangs te kenne gegee hy het nooit kon dink dat president wees so moeilik kan wees nie. ’n Mens kan net hoop dat hy besef dit gaan net al hoe moeiliker wees as hy nie by die ABC-van sy amp, sy ampseed, gaan hou nie. Hiervolgens het hy onder eed onderneem om in die beste belang van al die land se mense op te tree.

Dit sal Ramaphosa loon om te put uit die wyshede van William Penn, een van die VSA se stigtersvaders. Een so ’n wysheid spreek boekdele: “Do Good with what thou hast, or it will do thee no good.”

En Ramaphosa het veel goed wat in sy guns tel:

  • Hy het ’n gesonde verstand wat hy net reg moet inspan;
  • Hy het ten spyte van die probleme wat hierbo uitgewys is, steeds ’n byna slaafse aanhang onder baie wit mense;
  • Hy volg seker die swakste president ooit op, en sal ver moet gaan om swakker te vertoon en swakker besluite te neem;
  • Daar is nog ’n groot poel van goedgesindheid onder wit en swart burgers op grondvlak. Die poel bestaan nog ten spyte van die aanslae daarop, soos blyk uit die lesersreaksies op die dood van Mita Koromang Maphinya waaroor Maroela Media en ander media verskeie kere berig het.

Dit sou miskien meer gepas gewees het om die Sondag te gebruik vir ’n nuuskommentaar oor Geloftedag, maar die beskikbaarheid van Geloftedagtoesprake skep ’n pragmatiese realiteit dat dit eers môre op die pasella-vakansiedag aan die beurt kom.


  • Maroela Media het ʼn skarebefondsingsprojek op die webwerf BackaBuddy van stapel gestuur om Herman Toerien te help om fondse vir sy kankerbehandeling in te samel. Klik hier om meer te lees of om Herman deur BackaBuddy finansieel te ondersteun.
  • Indien jy ʼn direkte bydrae in die Toeriens se bankrekening wil maak, stuur ʼn e-pos na [email protected] met “Herman Toerien” in die onderwerpveld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Ben ·

OomRam se goedpraat van uitmoor van blankes toon nie gesonde verstand nie.
Hy het nie meer my steun nie. Hy blaas ook haatspraak aan. Ons stuur af op iets leliks. Ek bid elke dag vir ons mense.

Paul ·

Herman, soos gewoonlik “on the Button”. Maar dan lees ek gister oor die 80 jarige viering van die hoeklegging vandag by die Voortrekkermonument dat die oorsese besoekers jaarliks honderde duisende beloop, waarvan die Chinese meer as die helfte is, dat hulle (die Chinese) nou al so in die land in-aggeneem word dat Mandarynse inligtingsbordjies en “Chinese toilette” daar aangebring is.

Nou vra ek waarheen is ons op pad en waarom stel die Chinese so belang in ons geskiedenis?

Kan ons al die skuld op CR pak?

marco polo ·

Sien die Chinese as ‘n positiewe geleentheid. Hulle breek nie af en moor nie, en het geld om te spandeer. Wil jy eerder Afrikane he?

AW ·

Laat my dink aan die volgende :

“You cannot force someone
to comprehend a message they
are not ready to receive
still,
you must never underestimate
the power of planting a seed.”

Net Tyd Sal Leer !

Spike ·

Jammer, maar ek het nog nie een comrade gesien met gesonde verstand nie. Almal ñ klomp vernietigers.

Cherokee ·

Natuurlik is jy reg.
Verstommend dat comrade Pravin Ghordan soveel aanhang geniet onder blankes.

Polaris ·

Die kuikens sien die slang aankom en dink dis seker mammie wat vir ons kos bring. Oe nou gaan ons lekker eet! Maar oom het dan die slang so opgehemel?

Hannetjie ·

Die Chinese nie dom nie.hul kry hul getalle reg…dan vat hulle oor.Hul teenwoordigheid niks goed vir RSA.En lyk die meeste landsburgers blind daarvoor

Cherokee ·

Jy’s reg Hannetjie. Miskien gaan ons in Sjina woon sonder om te emigreer.

RG ·

CR se gesonde verstand is onder huisarres van die ANC NUK wat 100% in beheer is en hul verstand is verslaaf en onder die invloed van mag en mammom.
Van die os op die jas, waarom is ons Afrikaners so traag om ons eie te ondersteun. Backabuddy vir Herman Toerien staan op R4 000.00 met ‘n doelwit van R150 000.00, na maande. Ek daag elkeen hier om eerder ‘n gedeelte van dit wat aan kersgeskenke spandeer sou word vir hierdie goeie doel te gee. Ek sal begin met ‘n bydrae van R500,00. Kom aan mense, jy het nie nog ‘n das of ‘n bottel parfuum nodig nie.

Hans ·

Herman ek geniet u artikels baie, maar vandag moet ek verskil van meeste van die punte wat u noem tgv die president. Vertrou ons gaan nog baie artikels van u op MM.

Paul ·

Terloops, CR (Onse President) stel nie in versoening belang nie, het nog nooit, sy oë is op die 2019 verkiesing en daarna gerig en hy voel ‘n veer vir die padda wat soos ‘n lastige vlieg is.

Hanna Hoekom ·

Hoe sal die ANC ooit in beheer bly as hulle versoening, in die ware sin van die woord, bevorder? ANC stel heel duidelik meer in vergelding belang. Deur rasse teen mekaar op te steek, soos bv. witmense as die sondebok uit te maak, sal hulle altyd virseker van n ondersteuningsbasis wees. Fyn lyn tussen versoening en vergelding! ANC en sy narre weet dit!

Deon ·

Geen respek vir Ramamparra nie,net nog n onosel president…

jj ·

ek staan verbaas………….. wat wil ramaphosa nou he………. n oorlog……… wat dink hy waarmee is hy besig en wat dink hulle…. gaan net sekere mense die prys betaal ………. nee almal gaan
die grens oorlog het en was sleg vir almal ……… lewens en geld verhoudings maar dit wil voorkom die wat geweld praat en stig dink hy gaan niks oorkom nie…… wel ek kan jou verseker jy is die eerste wat n prys gaan betaal …….. hoe gouer ons mense ons stem laat hoor en se ………. stop……. die sort van goed want dit gaan niks beteken nie hoe beter…. maar n stout kind hoor net as hy voel

Johan H. ·

Temin telaat, ek beveg julle om elke hoek,defnitief nie my pres nie. En net n klip in die bos, hierdie kankernavorsing begin ek nou al met n sak sout bekyk. Hoe vinnig was daar nie vir vigs n medikasie gemaak. Ek sal nie verbaas wees dat net 2c uit elkeR1 uitkom waar dit moet. Al so gatvol vir skenkings ek kan n aar bars!!!!

Koos de Meyer. ·

Versoenings dag my voet. Hulle kan maar die 15 Desember hulle versoenings dag hou. Vandag is gelofte dag. Ons voorouers het daardie belofte op die 16 Desember voor ons Hemelse vader gemaak, nie voor ‘n mens nie. Ek is trots Afrikaans en sal ook die belofte hou. Ons moet terug keer en op ons Hemelse vader vertrou. Dis nog dies elfde God wat ons voorouers se gebede verhoor het en sal ons ook beskerm.

PieterJohannes ·

Ek is meer bekommerd oor my eie mense as ooit tevore. CR het die beste geleentheid om almal se vrese te besweer, laat verby gaan. Daarmee saam het hy hom ook gevoeg by sy voorganger en by die haters van al wat wit is. Tydens sy 702 onderhoud het hy ook verduidelik dat die anc hulle ge-“mold” het en in dieselfde sin homself, JZ en Mbeki genoem. Die gevolge van sy uitsprake kan katastrofies vir SA wees. In die eerste plek vervreem hy baie lands burgers en hy gee eintlik die groen lig aan die haat sprekers. Ons moet egter baie mooi besin. Kan haat met haat beantwoord word? Sekerlik, maar sal dit die regte ding wees om te doen? Baie van ons mense begin al meer na oorlog verwys. Weet ons regtig wat dit behels? Vra maar vir ons wat reeds daaraan deelgeneem het. Daar is geen wenner nie. Ons kan nie eers gewone misdaad en plaas aanvalle suksesvol afweer nie. Hoe sal ons nog teen ‘n Polisie mag kan staan? Dit is gevaarlik om mense, en veral jong mense, op te sweep. Dit geld vir beide kante. Dan sien ek ook al meer emosionele opsweping. Ek is jammer maar ek weier om aandadig te wees dat nog onskuldige bloed vergiet word. Kom ons soek na rasionele oplossings in plaas van emosionele oplossings. Natuurlik is emosies belangrik. Solank dit net nie oorheers nie.

Anton X ·

Mooi woorde Pieter, maar jou president verwys gereeld na “our people”. So dit is hulle en ons. Ons is nie die mense wat rasse haat bevorder nie, nog minder openlik dreig om hulle en hul vroue, kinders, koei en hoender dood te maak.
So wat jy se is ons moet die konflik situasie tegemoet gaan met die Bybel onder die arm, terwyl hul met assegaai reg staan om ons van kant te maak.
Nee, my vriend. Soos by Bloedrivier. Ons het gebid, nou moet ons die kettie olie.

PieterJohannes ·

Anton X, die hele lewe bestaan uit saai en oes. Nie alles wat ons in die verlede gesaai het was reg en goed nie. Ons het ook vasgevang geraak in die kloue van Mammon. Kyk maar net na ons verval. Noudat ons aan die ontvang kant staan, wil ons huil en skielik moet die Gelofte nou alles regmaak terwyl ons onsself nie wil verneder en erken dat ons in die moeilikheid is nie. Nee ons eie planne is baie. Wat is ek en jy bereid om op te offer vir mekaar en vir dit waarin ons glo?

Anton X ·

Die fout vriend Pieter, is ons is gebreinspoel om te dink die verlede was verkeerd. Dit was ‘n konsep wat op daardie stadium in werking getree het. Baie dieselfde soos vandag se SEB en onteiening sonder vergoeding.
Die geskiedenis rondom die verlede, is heeltemal uit verband geruk. Soos ek dit nou verstaan was die fout al Jan van Riebeeck. Verder hoor ek daar het algehele vrede geheers oor Afrika voordat die witman voet aan wat gesit het.
Die punt wat ek wil maak is, die feite is verdraai. Soos geskrywe staan is die leuen nou ‘n waarheid. Of so gesien. Dit gaan jou nie help om in so ‘n klimaat van veroordeling te probeer om oor vrede te handel nie. Jy sal dit nooit kry nie.

jaco ·

Die Afrikanerbond is LAASTE om te kla. toe hulle nog die Afrikaner-Broederbond was, was hulle die geheime “think tank” agter die regerende Nasionale Party en het hulle voorstelle vir onderhandeling en hervorming gelei tot waar ons wit mense vandag sit. vreemd dat hulle nou kla. ons is dan nou in die nuwe SA wat hulle so graag wou hê.

Paul ·

Mag ek my storie so begin … My naam is sanna … dan wonder ek, as daar nie meer plek vir my is nie, erkenning vir my bydrae tot die land, waar gaan dit eindig, “antwoord my sanna”.

Paul ·

dis nou nie ‘n meisie se naam nie, sekeres sal weet en dan streel hulle so met die voorvinger oor die sneller.

Cherokee ·

Dìt Paul, bring ons nou by die oorlog praters terwyl ons, soos Pieter Johannes sê, nie eens plaasaanvalle suksesvol kan afweer nie. Die oorlog praters sluit waarskynlik ook in vele van diegene wat hul vuurwapens oor ‘n polisie toonbank ingehandig het. Die oorlog praters besef nie dat die Zulus nou die sannas het en die Boere het die assegaaie.

Paul ·

Cherokee, dis als in jou kop, dis vir jou om daarmee te handel, hoe jy dit aanwend.

Gemaskerde Sopbeen ·

Hierdie landjie se blankes het te min aandag aan die gelofte gegee, en teveel aandag aan de Klerk en sy “versoenings-pantomieme….” Daar is geen “versoening” nie en daar sal ook nooit wees nie….

Realis ·

@ Gemaskerde Sopbeen – Stem! de Klerk se wigte en teenwigte teorie het hulle mind in totaliteit gevat!

Johan H. ·

Gemaskerde Sopbeen,,,,,nie van my kant af nie!!!Lankal gatvol verby vir die se wil he sonder om te werk mentaliteit<

John ·

Die probleem is wydlopend regoor die planeet. Hierdie is nie die eerste plek op aarde dat een groep beheer oor alles in ‘n gebied begeer nie. Interessant dat daar soveel oorloe in Afrika voortwoed en nie een verkiesing sonder misdrywe en wroegings geskied nie… en daar is nie een Afrikaner by betrokke nie. Die Zim-boere wil nou eise teen ons regering instel omdat daardie regering niks het wat aan hulle terugbetaal kan word nie… en geen geen Afrikaners was ook betrokke nie. Daar sit Mogabe nou en vliee vang in sy paleis en hy droom oor sy lekkerlewe oor 3 dekades… sonder dat enigiets opgebou is. En hier back at the ranch: Alles sal voorspoedig verloop as die Afrikaners net waai… So eintlik is ‘Afrikaner’ net ‘n sondebok-verskoning vir die gewete… Africa here we come!

Pieter ·

Wie wil versoen met n klomp wat moord skree en haat aanhits??

Paul ·

Jip, hy het beduie dat hy nooit besef het om president te wees sal so moeilik wees nie, maar baie duidelik het hy nog nooit geboorte geskenk nie! (Om president te wees, is maar ‘n vulletjie.)

Nanna ·

Selfs ons kerke laat ons in die steek.
NG Kerk Goudini se predikant het nie vanoggend ‘n enkele woord oor ‘n Gelofte of versoening gerep nie.

Johan Genis ·

Dit sal so gaan as die blanke toegee dat sy erfenis vir die spreekwoordelike pot lensiesop te verruil. Een van die bestuurslede van die Voortrekkermonument het oor RSG nuus gese dat die monument en die feesvieringe meer inklusief moet wees. SNERT, MAN, SNERT!! Geloftedag is ‘n suiwer blanke Afrikaner tradisie. Ek en duisend ander blanke Afrikaners was daar om die gelofte te herdenk. Sounhule dit meer inklusief maak, sal hulle dan seker Ramaphosa of Malema uitnooi om as spreker op te tree.

B ·

Die ANC en trawante wil juis nie versoen, te veel redes om vandag se gewydheid te bederf met ‘n bespreking.

Na CR se opms die week het ek vandag ‘Heldedag’ gevier, nie versoeningsdag, terwyl ek die klomp grafte aanskou het by Vredefortweg /Greenlands Feesterrein, waarop daar staan ‘Vir Vryheid’

Anton X ·

My pa het altyd gese die Afrikaner sal weer homself regeer, maar nie totdat hy als verloor het nie.
Mense, ons moet terug na ons wortels. Ons kort ‘n Protestantse Reformasie soos laas in die vroee 1500’s gesien.
Sabbat is vanaf Vrydag met sonsondergang tot Saterdag sonsondergang. Dis die begin. Daarna kan ons vergifnis vra oor als wat verkeerd was van die verlede en hede. Ons moet uitstaan. Nie onsself sien as beter nie, maar as IN die wereld en nie deel daarvan nie.
Vergeet van Saterdag sport. Doen wat dit se in die Woord. Nie wat ons uit gewoonte doen nie. Ons probleem is ons volg so baie heidense tradisies, dat ons self nie meer weet wat eintlik reg en verkeerd is nie.
Lees jou Bybel. Doen wat dit se. Nie wat die pastoor, dominee of pous se nie. Wees stroom op.
Moet ons nou regtig op straat eindig, of het ons nog geloof om weer voor te begin? Dis my vraag, en saadjie wat ek vandag wil plant.

Paul ·

Mens kan op hierdie forum uitlaatklep soek, so veel as jy wil, maar dit is ‘n gegewe dat die ANC en Cyril sal die skroewe al stywer om die wit mense aandraai in uitvoering van die onderneming aan hul volgelinge om “geregtigheid” te laat geskied. Die wit mense en spesifiek die Afrikaner sal toenemend aangewys wees om binne die raamwerk van dit wat toegelaat word ons vindingrykheid gebruik om te oorleef.

HPV ·

Sou alle wit mense verdwyn sal hulle weer iemand vind wie die skuld vir hul lyding en armoede moet dra. Hier kom ‘n Rwanda of Burundi wat met dieselfde haatspraak begin en gebeur het. Dit het gebeur en die wêreld het ‘n blinde oog gekeer.

Cornelia ·

On – Bybelse terme: nog nooit in die Bybel die term “Versoening” tussen verskillende volke op horisontale vlak as ‘n ópdrag gelees nie. “LEEF sover móóntlik in vrede met alle mense.” (ja) Wat impliseer die term “versoening” polities? Het nog nooit gelees dat verskillende groepe, stamme of volke mekaar “omhels” het nie. Vind ook nie die term “rassisme” in die Bybel nie. Daarom distansieer ek myself daarvan. Die Wóórde van die Wóórd het egter Helende Krag, Wysheid, Kennis en Kompas. As die “omhelsing” simbolies bedoel word, is dit vaag en ‘n vakuum wat elkeen kan interpreteer en implementeer soos hy goeddink. As daar ‘n volkere “versoenings” sukses verhaal bestaan verkeer ek in onkunde. Dit kan baie help as die terme breedvoerig uiteengesit word binne die politieke arena. Wat beteken dit vir die politici en waarby word mens betrek in die skema? Intussen is dit ‘n voorreg om goed te doen aan almal, ‘n glimlag te deel, opreg te saai uit die Koning se skuur, mense net met God se goedheid te wil aanraak, trane te wil verhinder, gebroke harte en gees te wil onderskep met gebede van medelye en helpende hande, te beveg wat goddeloos en wreed afpyl op elke brose en kosbare mens se lewe. Wat is groter vreugde as om vreugde te aanskou en te deel?

humor ·

Gemaskerde sopbeen jy se hom reg. Die viering van Geloftedag tydens die deKlerk oorgawe was sekerlik op sy laagste punt. Leuens tydens die tydperk was skaamteloos en blatant van verhoog tot verhoog gesaai. En duisende van die verkiesingskorps wat nie eens geweet het waar die bel van die klok hang nie het met onvoowaarbelike vertrou op hierdie volksgod NP gestem. Dit wil tog blyk dat daar n stadige ontwaking aan die opwel is en dat daar meer aandag aan die boodskap van die Gelofte gegee word. Ons moet maar sien wat hou die toekoms in. Vir seker die finale le in die hand van ons VADER.

Waarheid ·

Die 16de Desember sal altyd vir my Geloftedag bly
Daar bestaan nie iets soos versoeningsdag nie want jy kan nie met die hordes en kaders en hulle leiers versoen nie.

Adam ·

Interessante artikel. Daar is ongelukkig geen kans op effektiewe nasiebou in SA nie. Indien ons kyk na die grootste politieke partye en dit waarvoor hulle staan en wie hulle aanhangers is, het osn die antwoord. Daar is tog niemand wat dink dat in die ou SA, jy Helen Suzman, PW Bptha en Jaap Marais in dieselfde party kon akkomodeer nie. Vandag sien ons ons hoe al 3 se destydse ondersteuners onder die DA vlerk ingekruip het, met so ‘n spatseltjie in Cope, die IVP en natuurlik ‘n paar bittereinders wat die VF+ verteenwoordig. Ek kan nie glo dat kiesers nie kan verstaan dat die DA “hellbent” is om hulself in ‘n “swart” party te omvorm nie. Cherokee noem hierbo dat die Zulu’s nou die gewere dra en die boere die “assegaaie” en dit is ‘n akkurate berskrywing van hoe die politieke landskap verander het. Cyril, Pravin en hul makkers is onbetroubaar in die hoogste graad. Hulle is niks anders as ‘n klomp sosialiste wat in pragmatiste verander het om hul liefde vir die voordele van kapitalisme te verbloem nie. Dit is hoog tyd dat die DA plek maak vir ‘n party waarin “like minded” kiesers ‘n tuiste kan vind nie. Met die huidige opsies tot ons beskikking is ons gedoem. Gelukkig is die welwillendheid wat ons meestal tussen vesrskillende mense op grondvlak ervaar iets wat ons hoop bied. Die Cyril en Julius manne beweeg van waghond tot muishond in 10 sekondes en hul nasiebou stories is ignoreerbaar.

Stripes ·

16 Desember is geloftedag, ongeag op watter dag van die week dit val en so sal dit bly, al wil jy die dag ook wat wil noem. Jy maak nie ‘n gelofte aan God en kom dit nie na nie, jy sal gestraf word en dit is wat ons nou besig is om te ervaar, en dit sal erger word. Ons word terug op ons knieë gedwing voor God waar ons hulp vandaan kom.

Sarel ·

Geloftedag het nie by 16 Desember 1838 vasgesteek nie , die kinders en komende geslagte moet daarin deel. Dit is juis om ook hierdie geslagte altyd te herhinder waar ons voort bestaan le. Beslis nie by die wil van CR en sy kommunistiese vriende nie.

Johan Genis ·

Ek gee nie om vir versoening nie. Die liberales kan op enige ander dag handjies vashou en voete was. Die 16e Desmber is vir die Afrkaner heilige erfenis. Los dit uit!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.