Die gebed van ‘God se smokkelaar’ …

Foto: © Geopende Deure Internasionaal 2019

Wanneer is die laaste keer wat jy gebid het vir die onmoontlike? En was jou hart in lyn met God se wil of jou eie wil en begeertes? Soveel keer wil ons hê dat dinge in ons lewens, in ons land of in die lewens van ons geliefdes moet gebeur, sonder om te dink of dit deel van God se wil is of nie.

Geopende Deure werk reg oor die wêreld, en is daagliks getuies van die ontelbare gebede wat verhoor word, van gevaarlike sendings wat net deur God moontlik gemaak word, en van hoe die Here voortgaan om deure oop te breek volgens Sy wil, vir vervolgde Christene oor die wêreld heen.

Dis ongelooflik om te dink dat hierdie bediening begin het met een man wat gehoorsaam was en wat bereid was om die onmoontlike te doen. Broer Andrew (die stigter van Geopende Deure) vertel in sy boek, God se Smokkelaar, hoe gebede verhoor is om ‘n onmoontlike weg na lande agter die Ystergordyn oop te maak. In daardie stadium (1950’s) het Christene in Kommunistiese lande min tot geen geloofsvryheid gehad nie en dit was byna onmoontlik om Bybels of Christelike literatuur te bekom. Maar Broer Andrew, of te wel, God se Smokkelaar, het geweet: met die Here is daar altyd ʼn weg.

“Hier het ek gesit met ʼn motor en bagasie wat letterlik gebult het van traktaatjies, Bybels en gedeeltes van Bybels. Hoe moes ek hulle by die grenswag verby kry? En daar het ek die eerste van vele kere die ‘Gebed van God se smokkelaar’ gebid:

“Here, in my bagasie het ek Skrifte wat ek na U kinders anderkant hierdie grens wil neem. Toe U op aarde was, het U blinde oë siende gemaak. Ek bid U, maak nou siende oë blind. Moenie dat die wagte daardie dinge sien wat U nie wil hê hulle moet sien nie.'”

En deur hierdie gebed kon Broer Andrew duisende Bybels oor gevaarlike grense smokkel en so derduisende Christene met die Woord bereik.

Hierdie herinner ons net weer dat ons moet begin om God se wil tot stand te bring sodat Hy die onmoontlike moontlik kan maak! Broer Andrew het gebid om die wagte blind te maak vir die Bybels en die Christelike materiaal wat hy vir die Christene in smokkel en die Here het sy gebed verhoor.

Vra jouself vandag, daag jou gebede die onmoontlike uit? Maak jou gebede blinde oë sien en siende oë, blind? Jy kan vandag die Here vra om jou gebede meer in lyn met Sy wil te bring, om dit meer radikaal te maak en die onmoontlike te vra van ʼn God vir wat niks onmoontliks is nie!

Geopende Deure poog altyd om gebed die begin, middel en einde van hul werk te maak, wat daardeur die onmoontlike van God vra vir ons vervolgde familie. Miljoene Christenbroers en -susters ly daagliks vir hul geloof in Jesus, maar steeds kies hulle Hom, ten spyte van al die tragedies wat hulle verduur. Daar is vandag steeds duisende Bybel-smokkelaars en dissipels van Geopende Deure, net soos Broer Andrew, wat hul lewens waag om vervolgde Christene te help en te versterk, vir God se wil en doel. Hulle het ons gebede en ondersteuning nodig!

Staan vandag saam met vervolgde gelowiges reg oor die wêreld. Besoek www.neveralone.co.za en word vandag ʼn vennoot van die vervolgde Kerk, om te verseker dat alhoewel ons broers en susters vervolg word, hulle nooit alleen is nie…

Facebook            https://web.facebook.com/OpendoorsSA/  
Twitter                 https://twitter.com/opendoorssa?lang=en  
YouTube              https://www.youtube.com/channel/UCj3GnNjITGiY29uZ7Pc4H7g  
Instagram          https://www.instagram.com/open_doors_sa/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.