Gedagte vir die dag: Die krag van God

 see-sand-strand-stiltetyd-brendon-s.jpg

Foto: Brendon Staniforth

Hulle het nie die land met hulle swaarde verower, of die oorwinning deur eie krag behaal nie. Dit was deur u krag, deur u teenwoordigheid en u goedheid, omdat U hulle liefhet. (Psalm 44:4)

Kyk altyd verby die grootte van jou probleem en sien die grootheid van jou almagtige God. Wanneer daar groot dinge is wat gedoen moet word, is daar ’n groot God wat hulle deur jou wil doen. Vra vir Hom wat Hy deur jou wil bereik met sy groot krag wat in jou lewe aan die werk is. Vertrou Hom met jou hele hart.

Hoe kan jy vandag op God se krag staatmaak, en nie op jou eie krag nie?

Bron: Op vaste rots
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.