Gedagte vir die dag: Die moed om aan te hou

hand_stiltetyd_jackson-david_pixabay.jpg

Foto: Jackson David, pixabay.com

Ek gryp jou regterhand vas. Ek is die HERE jou God. En Ek sê vir jou: “Moenie bang wees nie. Ek is daar om jou te help!” (Jesaja 41:13)

Dit is menslik om bang te wees wanneer jy heeltemal alleen is in ’n moeilike situasie of ’n plek wat jou bang maak. Maar dit is nie so vreesaanjaend wanneer jy saam met ’n vriend is nie. Om saam met God, wat die heelal in sy hand hou, te loop, behoort vir jou baie moed te gee.

Wanneer jy moeilike tye in die gesig staar, moenie vergeet dat God by jou bly nie. Hy gee vir jou sy liefde, troos en moed om te kan volhard.

Hoe kan jy op God vertrou om jou moed te gee om moeilike situasies te kan hanteer?

Bron: Op vaste rots
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.