Volgens amptelike syfers het sowat 1,28 miljoen mense die strate ingevaar.
Lees meerAlles vir Woensdag 8 Maart 2023
Deurbraak in transitorooftog van R40 miljoen
Agtien mense is reeds vir hul aandeel in die rooftog in hegtenis geneem.
Pretoria-boekhouer gaan sit oor miljoene se bedrog
Met die opbrengs uit die misdaad het sy twee motors gekoop – ʼn BMW vir haarself en ʼn Mini Cooper vir haar dogter. Die res van die geld is spandeer aan haar dogter se vakansie in Bali, vermaak en klere en kruideniersware.
SAPD versuim om enige rekrute vir 2020, 2021 te werf
Geen nuwe polisiekwekelinge is tussen 2020 en 2021 gewerf nie en die SAPD het tussen 2020 en 2022 altesaam 11 178 lede verloor.
Polisie ontbied oor betogings by Ikeys
UK sê hy benadruk sy standpunt oor die reg tot wettige betoging, maar sal teen enige onwettige aksies optree.
‘Verdoemende bewyse’ teen Sasolburg-moordverdagte
Die staat voer aan Stanley Lingena het probeer om van die oorledenes se persoonlike items in ʼn puttoilet te versteek om sy betrokkenheid te verbloem.
Tuisgeboorte vir Chris Chameleon se 2de pienkvoet
Dié egpaar het ’n rustige tuisgeboorte gekies, en het selfs deur die dag gaan stap, met hul normale roetine aangegaan en familietyd saam deurgebring.
Kleuterskool tydelik gesluit ná tragedie
Die slagoffer is die kleinseun van prof. Maurice Radebe, direkteur en hoof van die Wits-sakeskool.
Rondloperleeu in Centurion gewaar
ʼn Sekerheidsbeampte het die leeu Woensdagoggend vir die eerste keer op die R511 opgemerk.
ToekomsVenster: Om ’n vader se rol te vul
Ken ons die Vader se liefde?
Sputla ‘gereed vir die stryd’
Die nuutaangestelde minister van elektrisiteit beplan onder meer om elkeen van Eskom se kragstasies te besoek om hul prestasie na te gaan.
Universiteite moet sê oor ras
AfriForum Jeug meen die klassifikasie van studente volgens ras gee aanleiding tot onregverdige diskriminasie.
Vrees vir pasiënte se lewe midde staking
By ’n Bloemfonteinse hospitaal spook ’n handjievol verpleegsters om kritieke pasiënte aan die lewe te hou terwyl stakers voortgaan om te intimideer.
Dokter deurkruis SA ʼn vierde keer vir liefdadigheid
Pediatric Care Africa wil vanjaar poog om vir 45 kinders se operasies te betaal, 400 kinders by spesialiste te kry en ’n 1 000 kinders na hul plaaslike dokter toe te neem.
Roelof gee Nederlanders byt
Roelof van der Merwe gaan teen sy geboorteland speel wanneer die Nederlandse krieketspan later dié maand na Suid-Afrika toer.
Video: Die ‘hoop dit help’-ou
As jy al ooit video’s op sosiale media gesien het en gewonder het of dit hoegenaamd waar is, is Mitchck se profiel op Instagram dalk net vir jou bedoel.
Ingekrimpde BBP ‘nie einde van die wêreld’
Die ekonomie het in die vierde kwartaal van 2022 tot laer as voorpandemievlakke getuimel. Minstens een ekonomoom sien egter lig in die tonnel.
Gedig: Nuweling
Hannes Visser skryf in die gedig, “Nuweling”: “Dit het soos ure gevoel maar toe jy net na vyf jou eerste skree gee het die wind gedweë oor die Namib gaan lê.”
Cope ‘weet nie’ Makwarela is onbevoeg
Toe Makwarela hom destyds as raadslid verkiesbaar gestel het, het hy wel aangedui dat hy gesekwestreer is. Hy is nietemin deur die provinsiale raad goedgekeur.
Markram op die voorvoet in Johannesburg
Die Proteas het teen middagete 133/1 op die telbord gehad met Aiden Markram wat ʼn onoorwonne vyftigtal agter sy naam het.