“Marné is ongelooflik spesiaal en ons sal altyd, met die Here aan ons kant, vir haar baklei.”
Alles vir Woensdag 8 Maart 2023
Haval se dryfstelsel van die toekoms
Die algehele pakket van mooi stilering, ʼn luukse binneruim, slim tegnologie én ʼn moderne, hibriede dryfstelsel dra alles by tot ʼn indrukwekkende produk. Teen die prys wonder mens hoekom jy enigiets anders sou koop.
Legendes gegroet, Naomi wys wie’s loopplankbaas by Parys-modeweek
Die Parys-modeweek word dikwels beskou as die stylvolle noot waarop dié vier internasionale skouspelagtige modegeleenthede afgesluit word.
Kommer oor betogings by universiteite
Die Menseregtekommissie is veral bekommerd dat geweld toenemend beskou word as die voorkeurmetode om boodskappe tydens betogings oor te dra.
Red Bull het vlerke, maar 23 wedrenne is ʼn marathon
“Ons aanvaar niks as vanselfsprekend op die renbaan nie,” het Christian Horner gesê nadat George Russell aangevoer het dat Red Bull vanjaar elke wedren behoort te wen.
Vryheid vereis ysere vasberadenheid
Die geskiedenis het ons geleer dat die prys van ʼn suksesvolle vryheidstryd altyd die volgende drie noodsaaklike bestanddele insluit: vasberadenheid, geduld en weldeurdagte planne.
Kyk: Dié huis is te koop vir ‘net’ R230 miljoen
ʼn Seweslaapkamerhuis in Clifton, Kaapstad, is waarskynlik tans die duurste eiendom beskikbaar op die Suid-Afrikaanse eiendomsmark.
Oudkaptein dink Skotte kan Iere verras
“Glo ek dat Skotland goed genoeg is om vir Ierland in die Sesnasies te klop? Natuurlik.”
Wiele2Wiele gesels oor nuwe BMW X1 en ikoniese 3-reeks
Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor BMW se splinternuwe X1 en sy opgeknapte ikoniese 3-reeks. Hulle stel ook Suzuki se S-Presso, Suid-Afrika se goedkoopste motor, op die proef.
Israel se ambassade in SA afgradeer
Die doel is glo om Israel eindelik heeltemal te isoleer.
Discovery Bank wen toekenning vir Beste Digitale Bank van die Jaar
Discovery Bank het die gesogte MyBroadband-toekenning ontvang as Beste Digitale Bank vir 2023.
Ekonomie Minuut: Dit is amptelik, beurtkrag moor ekonomiese groei
Die Bloomberg-konsensus was vir ʼn 0,4%-inkrimping, maar gister het Statistieke Suid-Afrika bekend gemaak dat dit ʼn 1,3% inkrimping was, en dit is ʼn probleem.
Paartjie op ‘teregstellingswyse’ doodgeskiet
Robert Graham Celliers en Ansie van Aardt is op ʼn kleinhoewe aangeval en het onderskeidelik ses en vier skietwonde opgedoen.
Ramaphosa is nie ʼn leier
Ramaphosa is nie ʼn leier nie. Daarom laat hy ʼn hele land ly, eerder as om te lei.
Carlos sal moet sweet om Novak te onttroon
Met Novak Djokovic se inentingstatus wat weer eens ʼn stokkie voor sy deelname aan ʼn tennistoernooi in die VSA gesteek het, sal Carlos Alcaraz sy bes doen om weer die voorste speler ter wêreld te word.
Resep: Weelderige aartappelhappies
Bederf jou kuiergaste met hierdie heerlike aartappelhappies.
Seuntjie sterf ná rak glo op hom val by kleuterskool
ʼn Driejarige seuntjie is dood nadat ʼn boekrak glo op hom geval het by ʼn kleuterskool in Bedfordview, Johannesburg. Die voorval het Dinsdag by die…
Tannie Emsie se goeie maniere bly byderwets
Ek het met die “boekie” grootgeword en al was dit voor slimfone en sosiale media, staan tannie Emsie se “Goeie maniere en etiket” steeds immer-fiks-en-ferm in my boekrak.
Mkhwebane móét dan getuig
Die komitee het intussen ‘n brief van die kantoor van die openbare beskermer (OB) ontvang oor Mkhwebane se regskoste.
OB genader met nuwe inligting oor Phala Phala
“Dit is van kardinale belang dat ons uitpluis wat werklik op 9 Februarie 2020 by Phala Phala gebeur het, en dit alles saamvoeg om te verseker dat president Ramaphosa, soos enige ander Suid-Afrikaner, nie bo die reg verhewe is nie en volle aanspreeklikheid aanvaar.”