Kommer oor betogings by universiteite

Studente betoog by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits). (Foto: Bhekikhaya Mabaso/ANA)

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) en die parlementêre portefeuljekomitee vir hoër onderrig, wetenskap en innovasie het hul kommer uitgespreek oor die toenemende geweld wat met betogings by veral universiteite, maar ook ander sektore gepaardgaan.

Studentebetogings by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) is van die onlangse aktiwiteite waar geweld tydens protesaksies uitgebreek het. Die betogings by Wits het ook tot die skorsing van die studenteraadsvoorsitter, Aphiwe Mnyamana, gelei.

Die universiteit het Dinsdag in ʼn verklaring gesê hy sal Woensdag voortgaan met ʼn model van vervlegde leer, waartydens ʼn kombinasie van aanlyn en kontakonderrig by die universiteit sal plaasvind.

“Die situasie was Dinsdag oorwegend kalm op die kampus behalwe vir ʼn groep studente wat deur die deure van die Groot Saal probeer breek het. Hulle is egter deur die kampusbeskermingsdienste gekeer.”

Die universiteit is tans besig om dissiplinêre stappe te doen teen studente wat hulle aan kriminele gedrag skuldig maak. Van dié stappe sluit in dat nog studente geskors kan word.

Wits-studente betoog onder meer teen agterstallige skuld wat sommige studente verhoed om te registreer en die perk van R45 000 wat die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) op studenteverblyf geplaas het.

Die MRK sê hy ondersteun vreedsame betogings waartydens studente en werkers hul griewe uitdruk, maar veroordeel voorvalle van geweld wat gebruik word om boodskappe mee oor te dra.

“Die belangrikheid van toegang tot hoër onderrig kan nie oorskat word nie.

“Die kommissie is egter teleurgesteld en bekommerd dat geweld toenemend beskou word as die voorkeurmetode om die boodskap tydens betogings oor te dra, in plaas daarvan dat partye hul ontevredenheid en verskille op ’n vreedsame wyse uitspreek.”

Die parlementêre portefeuljekomitee het Dinsdag ʼn dringende vergadering met die studente-vakbond Saus en die studentevereniging Satvetsa gehad, waartydens die betogings by universiteite en kolleges bespreek is, asook instellings se reaksie wat volgens die komitee dikwels olie op die vuur gooi. Benewens die betogings by Wits was daar sedert die begin van die jaar ook voorvalle by Capricorn TVET College en die Universiteit van KwaZulu-Natal, waar studente in hegtenis geneem is. Die komitee het sy kommer hieroor uitgespreek, asook die skorsing van die SR-voorsitter by Wits.

Volgens Wits het Mnyamana versuim om by ʼn skorsingsverhoor op te daag en is die bewerings van saakbeskadiging, die skending van ander se regte en intimidering baie ernstig.

CONFIRMATION THAT MR APHIWE MNYAMANA HAS BEEN SUSPENDEDMESSAGE FROM THE SENIOR EXECUTIVE TEAM 6 MARCH 2023Dear…

Posted by Wits – University of the Witwatersrand on Monday, March 6, 2023

Die portefeuljekomitee sê hy vermoed dat nog meer studente, nie net by Wits nie, dalk weens betogings geskors is en het ʼn versoek aan die departement van hoër onderrig gerig om hierdie inligting te bekom.

Die komitee benadruk dat hy studente se reg om te betoog ten volle ondersteun, maar het ʼn beroep op hierdie studente gedoen om nie ander se regte te skend of eiendom te beskadig nie.

Verder is die komitee bekommerd oor instellings se “oormatige gebruik en afhanklikheid van private sekerheidsmaatsbeamptes op die kampus” en sê dat gewapende bystand veels te vinning ingeroep word, en dat betogings as gevolg daarvan in geweld ontaard.  “Die komitee ondersteun Saus en Satvetsa se standpunt met betrekking tot die R45 000-perk op studenteverblyftoelae vir NSFAS-studente. Die buitensporige pryse van studenteverblyf kan nie genormaliseer word nie.

“Die komitee beveel verder aan dat die departement en NSFAS vinnig na die Mededingingskommissie uitreik om aandag te gee aan kwessies van beweerde samespanning tussen private akkommodasieverskaffers en amptenare van die instellings.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Johanna ·

Ek Moes maar Gaan werk het Om vir my 3 kinders alles te betaal het. Die studente het geen benul van geld nie HUL demand net. En Dan sit hul jare op universiteit en slaag nooit nié. Skande.

Elma ·

Waarom”bekommerd” wees? Hulle LEEF wat hulle LEER. Toegang to hoër onderwys?? Al die mense wat EK ken, het toegang omdat hulle BETAAL!

Di ·

SLUIT alle universiteite! Die spul is nie daar om te leer nie, een optog na die ander. Wil alles VERNIET he en beskadig universiteite waarna hulle weer betoog

Wolkie ·

wil die kinders leer of dans?
hoekom gaan jy universiteit toe om chaos te veroorsaak…jys daar om te leer!!!!

JohanR ·

Gaan jy in die wonderlike ANC Suid Afrika, universiteit toe om te leer, of om te sing en dans? En as die sing en dans geen resulstate oplewer nie, dan brand en breek jy af. Na dit verwag jy nog om wat af ge breek en gebrand is klas te hou. Ja nee die brain power van universiteit het ook maar laag gedaal,

Heinrich ·

En dit pla hulle nou eers? Hierdie kriminele is al jare lank aan die gang met miljarde rande se skade reeds aangerig en hoeveel ander studente en lede van die publiek getraumatiseer en wie se eiendom beskadig is. Hierdie was deel van die ANHC se plan om die land onregeerbaar te maak, en nou sit hulle met die gebakte pere.

MJLS ·

Hulle sit met die gebakte pere, maar wend nie ‘n poging aan om hulp te verleen nie.

Hennie Biebouw ·

Dis maar die manifestering van Rudi Dutschke se “Long march through the institutions”. Die Weste het sag geraak, en die vyande van die Weste buit dit uit. Die goed gebeur net in die Weste, kyk na die VSA, Kanada, VK, Europa, Australië en Nieu-Seeland. Nêrens anders op die aarde word die tipe rampokkery geduld nie.
Suid-Afrika het nog hier en daar ‘n krummel van Westerse waardes en standaarde oor, dit moet ten alle koste uitgewis word.

Bulkalf ·

Wel ek sien niemand sokkie nie. Ek neem aan daar was nie wit studente nie, maar wel die wat die vakbond vastrap goed onder die knieg het.

Snowball ·

Waarom redeneer hulle, hulle is geregtig op hoër onderwys, op verniet verblyf en op geen finansiële verpligtinge om te kan studeer nie – jy kwalifiseer vir beurse en kursusse ogv uitnemendheid. Maar as die beurs dit nie dek nie, betaal jy of jou ouers en as jy dit nie kan bybring nie, studeer jy nie.

Johanncb ·

In my tyd as student was ‘n Universiteit ‘n pkek om te studeer, nie ‘n betaalde Losieshuis nie!

skurweberg ·

Maak groter Ernst met die toelating van studente by kampusse. Hulle is besig om studente wat weet wat beskaafde norme en standaarde is se regte te ondermyn.

Suid Afrika het nou die “SAAILAND-METAFOOR “van Afrika geword.

Die geveg kom ons nie toe nie.
Belastingbetaler

Kokerboom ·

Afstand onderrig oplossing. Met ‘n “demand” kultuur, minimum prestasie en geen waardestelsel is alle opvoedkundige instellings in gevaar

Hendrik ·

Hennie Biedouw stem volmondig saam. Gesag en dissiplineloosheid is kenmerkend in bepaalde kulture. Die ANC en regstelsel speel veral in diens van hd optrede. Maar maak nie n fout nie gesag en dissipline het al vir dekades in die verlede in huishoudings en onderwys begin kwyn. Libelralekultuur difissie oor die weste heen. Ook in die parlement word afwykende benaderings en gedrag deur die opesisiepartye met te sagte handskoetjies hanteer. Die toestand waarin die land die volk en selfs die kerk al verval het vra dringend dat die passiewe meerderheid met agressiewetet na vore moet tree!

Hendrik ·

Dit is waar, maar in Suid- Afrika is alles altyd in oortreffende trap. Daar is net een oplossing: reik net eenvoudig grade sonder enige studie of moeite uit! Dan sal die regte studente (en nie die betogende massas wat waarskynlik nie eers almal studente is nie) die situasie self uitsorteer en teen hierdie ongelukkige, onopgevoede vernielsigtige mense opstaan.

Elizabeth ·

Dit is darem so snaaks dat hulle alles deur protes wil hê. As ek ‘n instansie geld skuld kan ek nie verwag dat hulle ‘n diens moet lewer alvorens ek hulle nie betaal het nie. Dieselfde moet vir hulle geld. Daardie professore en dosente wat klas vir hulle gee moet tog ‘n salaris verdien. Hoe het hulle gedink gaan universiteite en kolleges aan die gang bly sonder hulle studie betalings. Nee regtig al hierdie betoginga en goed is net te erg

Marianna ·

Aanlyn universiteite die oplossing. Hulle moet dan soos enige iemand anders betaal om toegang te kry. Hulle is besig om alles op te mors en tot stilstand te ruk. Oor 5 jaar gaan daar nie meer universiteite wees soos ons dit geken het nie.

Casper ·

Nou wonder ek wat dink hulle wie gaan daai agterstallige skuld betaal.

Plaaskind ·

Waar is ons sogenaamde polisie, waterkanonne, traangas ens om skares onder beheer te bring. maar dis mos net te lekker, sommiges mag mos maak nes soos hulle wil. laat ek nou voor ‘n gebou rondspring en geraas maak, en afbreek, dan is dit heel ander storie.

Vexed ·

Hulle het blykbaar ‘n waarskuwing van die polisie gekry. LOL. Te kostelik!

Daisy ·

EN die einde van die jaar betoog hulle omdat hulle nie geslaag het nie

Ina ·

Daar is mense wat nie meer die verskil tussen ‘n reg of ‘n voorreg kan onderskei nie.

Anel ·

Aangesien hulle alles verniet wil hê, vat hulle na ‘n stuk grond en sê hulle kan daar bly. Laat hulle die lesinglokaal binnegaan en sit. As hulle vra waar die dosent is, vra wie moet hom/haar betaal. Kyk wat maak hulle dan!!!

Kompas ·

Skors almal. Kry al klaar R45000 vir koshuis en hul betoog vir R65000??

André ·

Die ANC se “liberation before education” beleid byt nou hulle!

annie ·

Die MRK het ‘n eensydige siening wat verreikende gevolge inhou want die studente word feitlik in alle opsigte ondersteun terwyl hul die gesag ondermyn. Dit word krities van belang dat besef word dat die land ‘n beperkte geldvoorraad het en sekere groepe nie alleen druk kan uitoefen terwyl baie ander erg ingeperk word agv ekonomiese probleme nie. Die ANC wil nie dissipline onderskryf nie. Wanorde en chaos dreig.

Alex ·

Ons nuwe werkers klas met kwalifikasies. As hulle so begin, voel ek jammer vir enige werkgewer. Hulle sal tot daat betoog oor ongelukkigheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.