Discovery Bank wen toekenning vir Beste Digitale Bank van die Jaar

Discovery Bank-app

Discovery Bank het die gesogte MyBroadband-toekenning ontvang as Beste Digitale Bank vir 2023.

Discovery Bank is as die wenner aangewys danksy die uitstekende eienskappe en dienste wat sy bank-app bied, tesame met die gebruikersvriendelikheid daarvan en integrasie met ʼn rits interne en eksterne platforms.

Kandidate vir die MyBroadband-toekenning vir Beste Digitale Bank is gekies gebaseer op die produkte en dienste wat hulle binne die digitale bankruimte bied, en die vlak waarop hierdie produkte en dienste presteer.

Discovery Bank het kop bo skouers uitgesteek bo ander banke in dié verband, danksy sy bedryfsleidende bank-app en topvlakdiens wat hy aan sy kliënte bied.

Deurlopende innovering

ʼn Sentrale tema in Discovery Bank se pad na sukses is deurlopende innovering, tesame met die volledige aanlyn aansoek- en goedkeuringsproses om ʼn bankrekening oop te maak.

Discovery Bank maak seker dat sy kliënte die jongste bankdienstegnologie gebied word.

Merkwaardige eienskappe in die verband sluit in Apple Pay-ondersteuning nog voor enige van die land se ander banke; die vermoë om vinnig en maklik virtuele kaarte op ʼn rekening by te voeg; en die opsie om bankrekeninge vir buitelandse valuta in Amerikaanse dollar, Britse ponde of euro’s oop te maak – alles deur die bank-app.

Dit word kundig gekomplementeer deur die integrasie van Discovery Rewards-programme en -dienste in die bank-ekostelsel.

Discovery Bank se kliënte kan dus hul bank-app gebruik om na hul mediesefondsrekening se eise en spaargeld te kyk; om vlugte te bespreek deur Vitality Travel; hul uitgawes te monitor in samewerking met ʼn finansiële analiseerder; en Discovery Miles te verdien gebaseer op uitgawes en positiewe finansiële gedrag – dit val alles onder Vitality Money.

Discovery Miles kan by ʼn rits aanlyn winkels en platforms spandeer word; aan ʼn Discovery Pay-kontak gestuur word; of in kontant omgeskakel word.

Discovery Bank het ook ʼn geïntegreerde eksterne stelsel in sy bank-app, waaronder aandeleverhandeling deur die app in vennootskap met EasyEquities.

Kliënte kan maklik ʼn nuwe EasyEquities-rekening oopmaak, of ʼn bestaande een aan jou profiel verbind en dan verhandel deur die Discovery Bank-app.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.