Kleuterskool tydelik gesluit ná tragedie

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die Johannesburgse kleuterskool waar ’n boekrak vandeesweek op die driejarige Kganya Mokhele geval het, sal vir die res van die week gesluit wees terwyl die polisie die omstandighede rakende sy dood ondersoek.

Die kleuter het Dinsdag aan sy beserings beswyk nadat ’n boekrak met speelgoed op hom by die Little Ashford-kleuterskool in Senderwood naby Bedfordview beland het.

Kganya is die kleinseun van prof. Maurice Radebe, direkteur en hoof van die Wits-sakeskool.

“Ons kan nie eens begin om die omvang van die familie se pyn te verstaan nie, en sal elke stap van die pad daar wees om hulle deur hierdie aaklige tyd te ondersteun,” het Cedric Ntumba, uitvoerende hoof van Little Ashford, Woensdag op ’n navraag van Maroela Media reageer.

We are deeply saddened by the tragic passing of one of our children. Our deepest condolences to the family who is in our thoughts and prayers during this difficult time.

Posted by Little Ashford Senderwood on Wednesday, March 8, 2023

 

Ntumba het ook sy versekering gegee dat die skool sy volle samewerking aan die owerhede sal gee en sal verseker dat ’n volledige ondersoek na Kganya se dood gedoen word.

“Ons is almal getraumatiseerd en verpletter ná gister se voorval.”

Volgens Ntumba sal daar berading aan die skool se leerders, onderwysers en ondersteuningspersoneel verskaf word.

Matome Chiloane, LUR vir onderwys in Gauteng, het die kleuterskool Woensdag besoek om meer uit te vind oor die omstandighede rakende die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Christo ·

Maak nie saak van watter hoek mens hierna kyk nie, dit bly tragies, vir beide die ouers/familie asook die kleuterskool. Dis nou 1 oproep van geen ouer wil ontvang nie. Rus in vrede kleuter….sterkte aan jou naasbestaandes.

Anna84 ·

Dit is so waar, op die ou einde van die dag kan jy elke moontlik maatreël in plek hê, dan kan daar steeds ‘n ongeluk gebeur. Ek het al gehoor van kinders wat verdrink terwyl daar ‘n swembadseil of net oor die swembad is. Hierdie tipe gevalle word nie gekoppel aan ouderdom, ras of gewildheid nie. Dit kan met enigiemand gebeur en tragedie is die enigste pyn wat hieruit kom. Rus in vrede kleintjie, en sterkte aan die familie.

Eugene ·

Dit is tragies, solank daar deeglik ondersoek gaan word. Hoop daar is kameras in die klas kamers sodat daar nie bewyse vernietig word nie.

Eugene ·

Kleuters klim en klouter op enige iets. Ek het ook kleinkinners. Veiligheid moet te alle tye eerste gestel word, by die huis of skole.

Eugene ·

Alles wat omgetrek kan word, moet teen die muur vas wees.

Anna84 ·

Ek stem nie met jou saam nie. ‘n Ongeluk kan op enige denkbare moontlike plek gebeur. Ek het al gehoor van swembaddens wat ‘n net of seil oor het, dan verdrink daar steeds ‘n kind wat op ‘n onmoontlike manier daar beland het. Onthou ook van klein Marno wat aan sy eie trui se toutjie verwurg het op die glyplank, dit is net onmoontlik om te weet watter gevare enigiets inhou.

Catherina ·

Mens kan nie aan absoluut alles in klaskamer, skool of speelgrond dink nie. Onmoontlik. So jammer vir die ouers. Ex onderwyseres

Nico ·

Sou daardie rak behoorlik vas gemaak is met skroewe teen die muur sou dit nie gebeur het nie, swart en wit kinders is geneig om ondersoek in te stel, dit was die verantwoordelikheid van die kleuterskool die personeel moes gekyk het dat die rak behoorlik vas was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.