Video: Die ‘hoop dit help’-ou

Mitch (Foto: Mitchck/Instagram)

As jy al ooit video’s op sosiale media gesien het en gewonder het of dit hoegenaamd waar is, is Mitchck se profiel op Instagram dalk net vir jou bedoel.

Mitch, ook bekend as Mitchck, is ʼn bekende TikTok-ster en sosialemedia-beïnvloeder van Amerika. Hy deel gereeld video’s waar hy verduidelikings gee van beeldmateriaal wat wyd op sosiale media versprei en help mense reg met waardevolle inligting.

Hy sien dadelik wanneer ʼn video met sagteware gemanipuleer is, wanneer visuele effekte ingespan is, of selfs wanneer beeldmateriaal eintlik net agteruit gespeel word. Hy doen ook navorsing om te bevestig wanneer dit egte beeldmateriaal van ʼn spesifieke voorval is.

Hy eindig gewoonlik sy video’s met die frase “hoop dit help”.

Jy kan hom ook op TikTok of Facebook volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.