Universiteite moet sê oor ras

AfriForum jeug by die Universiteit van Pretoria. (Foto: Verskaf)

AfriForum Jeug het Woensdag ’n formele aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) aan al 26 openbare universiteite in Suid-Afrika gestuur. Hierdie aansoek verplig universiteite om inligting oor rasseklassifikasie aan die jeugorganisasie bekend te maak.

“AfriForum Jeug wil deur die Paia-aansoeke vasstel wat universiteite se beleid oor rasseklassifikasie is. Die vrae verplig die universiteite om bekend te maak hoe hulle die klassifikasie van voornemende en huidige studente, op grond van ras, regverdig. Die prosedure wat die universiteit volg om ’n individu se ras te bepaal moet gekommunikeer word, so ook of die universiteite vir studente die opsie gee om nie hul ras self te klassifiseer en te openbaar nie,” sê René van der Vyver, woordvoerder van AfriForum Jeug.

Sy sê die organisasie is al geruime tyd bewus van universiteite wat vereis dat studente hulle self volgens ras moet klassifiseer, byvoorbeeld wanneer hulle aansoek doen vir ’n spesifieke studierigting. Die organisasie meen dié klassifikasie lei tot onregverdige diskriminasie op grond van ’n student se ras.

“Dit is dus ’n veldtog wat al ’n ruk lank in beplanning was, maar nou afgeskop is om sterk standpunt teen rasseklassifikasie in te neem en ’n stokkie daarvoor te steek.”

Lede van die jeugorganisasie het Woensdagoggend by die Universiteit van Pretoria (UP) bymekaargekom en saam na die administrasiegebou gestap om die Paia-aansoek te oorhandig. Die studente was in hemde geklee met die eenvoudige stelling “African” daarop gedruk.

“Die regering voer aan dat Afrikaners nie in Suid-Afrika hoort nie en daarom nie na hulself as ‘Afrikane’ mag verwys nie. Hierdie benaming word egter gebruik om ons geboorteland aan te dui en in dié sin is Afrikaners ten volle ook Afrikane,” sê Van der Vyver.

Die jeugorganisasie wag vir die inligting van die onderskeie universiteite om te bepaal watter verdere stappe gedoen moet word om te verseker dat studente van die Suid-Afrikaanse openbare universiteite nie weens rassebeleidstellings benadeel word nie.

“AfriForum Jeug neem sterk standpunt in teen rasseklassifikasie wat onomwonde tot rassediskriminasie lei. Studente moet slegs volgens meriete gekeur en behandel word en nie volgens ras nie. Ons sal die druk volhou om rasbehepte beleidstellings, regulasies en wette stop te sit waaraan die  sogenaamde ‘nierassige’ ANC vasklou,” sluit Van der Vyver af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

skurweberg ·

My opinie. Om die beginsel wat deur die wet vereis word te beskerm, is die woord “African” op die hemde reg gekies. Dit gaan oor rasseklassifikasie en diskriminasie wat ervaar word.

Alex ·

In n land wat dit promofeer om gelyk te wil wees, gebruik ons nog die rasse kaart orals. Kinders is kinders nie swart kindrr of wit kinders nie. Waneer gaan hierdie twak nou stop! Dit moet begin by die hoë koppe. Hulle laat dit toe om dit te klassifiseer. Stop dit. Dit raak nou regtig irriteerend

Papsak ·

Ag kom tog oor julle rassisme kleur is kleur taal is taal wat is hulle probleem

Hendrik ·

Ek is ‘n Afrikaan … en ‘n Suid-Afrikaner … en ‘n Afrikaner … en ‘n Boer, maar nie ‘n African nie.

Althes ·

African is dieselfde as Afrikaan – ons regering haat om Afrikaans te praat of te skryf.

Chillipit ·

Toe ek laas gekyk het was Suid-Afrika deel van Afrika… of jy daarvan hou of nie, jy is African LOL… n Afrikaanse African

Dup ·

Die nasionale beleid is duidelik: Geen blankes is welkom nie.

Althes ·

Ek is baie trots op jul Afriforum Jeug. Hierdie inisiatief is ñ sterk standpunt om raspolitieke eensydigheid die stryd aan te sê. Elke mens in Suid-Afrika het ñ reg tot billike behandeling en toegang tot opvoeding.

Frikkels ·

Ek wil nie ñ afrikaan wees nie. My velkleur is nie reg daarvoor nie. Ek is wel ñ volbloed Suid Afrikaner.

Delia ·

Ek is ook n African. Noem my dan maar n wit African as jy wil. Ek is hier gebore.

Amelia ·

Ek is n Afrikaans sprekende wit Suid afrikaner en trots daarop

Nico ·

Ek is van Hollandse afkoms daarom ‘n ras egte Suid Afrikaner, solank as wat die swartes my, my gang laat gaan is ek tevrede. As kind het ons op die plaas saam met swart seuns in ons adams gewaad in die swem gat geswem, geen probleme nie, het saam met hulle putupap somerso uit die pappot geëet, daar was dae gewees waar die hare gewaai het, môre speel ons ‘n hond uit die bos. Vandat die cANCer oorgeneem het, het alles verander.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.